Monday, January 22, 2007

Vats Life!

Jammer ek weet ek het baie lanklaas geblog maar die past week was een van baie tragic en unfortunate events. Vrydag oggend 2:15am kry ek 'n yskoue oproep van 'n baie goeie vriendin van my wat in my woonstel blok bly...haar sussie is oorlede in 'n kar ongeluk en sy wil asb hê en moet haar kom help (haar ouers en sussie bly in kanada alhoewel hulle Afrikaans sprekende Suid Afrikaners is)...so spring ek sweetpak broekie en al uit die bed, trek 'n paar tekkies aan, versuim om die rieme vas te bind en hardloop vir die wind na woonstel 136 toe...ek gaan nie in detail ingaan nie, maar kom ons sê maar net dit was een van die rofste aande van my lewe...mainly omdat ek nie die situasie kon verander nie.

Ek het ook versuim om te slaap daardie nag, konnie my maaitjie alleen los nie...het gaan werk, toe te moeg om te blog. Gaan huis toe om uit te vind een of ander ongeletterde persoon wat duidelik nie kan lees nie het ons kar geclamp! (Ons het 'n valid permit in die venster) Die totale fine sover is £215, ons weier om te betaal hulle weier om die clamp af te haal. Is toe Saterdag oggend 6:00uur weer oppad om Dries se sussie te gaan haal. Sy het bietjie kom kuier. Die hele Saterdag en Sondag 'n gemiddelde 7ure per dag rond geloop...voetjies baie eina,ogies bietjie moeg.

So die nuwe jaar het biejtie skeef afgekick vir ons, maar darem haal ons nog asem, het kossies om te munch, is redelik gesond...(behalwe daai funny hoesie so nou en dan, seker van al die rook op skool!) en slapies elke aand lekker warm.

Op die ou end as die kak jou van alle kante af tref moet jy terugstaan, diep asem haal en met 'n common Ventersdorp aksent sê: 'Vats Life!"

No comments: