Wednesday, January 31, 2007

Comment oor misdaad artikel

Nico Botha, Suid Afrika

Jy hoef nie hierdie een te plaas nie.

Ek moet bieg dat ek nie gehou het van jou houding in die artikel hier ter sprake nie. Jy sit daar ver, weg van alles af. Ons sit hier en moet oor ons skouers kyk. Ek weet dis 'n faktap situasie en als, maar dit gaan net mooi niks help om só daaroor aan te gaan nie. Ek is juis besig om een van die columnists op News24 aan te vat oor sy kak houding teenoor witmense en sy negatiewe kolom op die website. Moenie dat ek vir jou ook oor my skoot trek nie.

En Zola Budd was 'n loser! Wen alles, maar toe dit saak maak, toe bliksem sy en 'n ander chick oor mekaar in die Olympics.

No comments: