Wednesday, March 28, 2007

Ken jou Kontinent


Die kontinent van Afrika is 'n geurige kleurige plek en ek is baie patrioties as dit nou by die talk van Afrika en Suid Afrika kom. Ek weet dat paar mense dalk vir my sal uitwys dat die "wit" mense nie in Afrika hoort nie en blah blah jackedy schmackedy maar was daar dan nie net een ras van Adam en Eve nie?

Dis baie interesant om te sien dat ons in so moerse diverse kontinent bly met moerse baie religions, cultures, tale en mense en ons fight nie met mekaar nie. Sien die lande in Afrika laaik dit liewers om die mense in hulle eie land pap te skiet - ons is nogals goed met civil tipe wars.

Die hele Afrika het gesuffer onder Europese colonialism behalwe 3 gelukkige lande...die Euros het seker geweet daar gannie baie aan nie en die freaks is mos lekker fokken lui...willie werkie. En as ek ook nou my feite agter mekaar het, dink ek die Pommies het lekker na die tyd eers gekom en lekker baie lande gevat wat klaar ontwikkel was deur ander Euros. Anyway dit was maar 'n kakkerige tyd - don't even get me started op Pommie konsentrasie kampe nie!

Ok terug by die facts. Hier is so paar interesanthede wat my ook maak gaan het - ag dis nice:

- Afrika het 53 lande.
- Afrika het 'n AU, dis nou die Arican Union Federation en almal in die hele Afrika is deel van die federation behalwe Morrocco. Julle sal ook die African Union in Midrand vind.
- President Gertrude Ibengwe Mongella is die Head of State en Chief of Government van die African Union, sy is ook 'n vrou! En is in Tanzanië gebore en nogals vet, lekker pap boude.
- Afrika is die wêreld se armste kontinent, meestal omdat 99% van alle goewermente korrup is
- Nigerië sit op die wêreld se grootste olie reserve en het ook die meest mense van al die lande in Afrika - lucky bastards.
- Zimbabwe is die enigste land in Afrika wat 'n negatiewe ekonomie groei het. Wonder wie se fokken skuld dit is?
- Afrika is die mees POLYGLOT kontinent in die wêreld. Die kontinent waar die meeste verskillende tale gepraat word.
- In Arika is daar 150 miljoen Muslims en 130 Miljoen Christene.

Ok oor en uit tot volgende keer.
Tsamaya Sentle

Meet 'n Maaiki

Die week se maaiki het toe nou uit die tronk uit gekom net betyds voor ek op vakansie gaan en het toe ingestem om deel te wees van my 'Meet 'n Maaiki' interview. Die wolhaar gedrog ken ek nou al so rukkie - ek het haar eintlik in die tronk ontmoet op 'n koue winters Londen aand. Toe ek weer sien is ek en sussa saam in 'n sel ingedruk daar in Holloway se selle in. Ek dog eers vanaand word ek gepoedel-rape...maar toe is sy so gaaf en leen vir my haar magie want ek het nie 'n kussing gehad nie.

Anyway lang storie kort, na die magie-deeling het ons toe mafia buddies geraak en ons kuier graag saam. Sy is gaande oor Suid Afrikaanse braaivleis en beplan om saam my Oktober op Clifton se strande te gaan rondhardloop en fetch speel. Ek kannie wag nie!

Ek stel aan julle voor:

Volle naam: Moemfie Sherry Zaza Brak

Noemnaampies: Komhierso, Sit, Lê en Nee.

Lokasie: SPCA's wêreldwyd, Holloway se selle of op Jenni se stoep.


Stickhorsies: Draf, Fetch, Walkies, Rol, Blaf, Eet en Slaap.


Gunsteling politikus en hoekom: Ek blove Winston Churchill...Sy looks remind my aan my X-man, Bonzo die Bulldog.

Sal jy 'n chillie in jou hol indruk as dit jou verhoed om wurms te kry: Is jy fokken mal? Ek het al alles probeer vir die wurms van my en dit gaan nooit weg nie! Ek dink die enigste remedy is as Robert Mugabe in my mond gaan pis - en daai satans acid laat ek nie naby my lippe toe nie.

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Behalwe Pedigree se kak doggie munchies sou ek sê mense wat dink honde laaik dit as jy met hulle fokken speel...Ons laaik dit FOKKOL, OK! Gee ons net 'n lekker bord steak en kidney en ons is happy. Daai sqeeky bal kak wat julle altyd koop werk nie lekker saam ons uitstekende sensitiewe gehoor nie - dit erger as Guy Fawks.

Maak 'n statement wat mense sal laat dink: Net lelike honde poep skelm.

Wat is die malste ding wat jy al ooit gedoen het: Ek het eenkeer 'n kat geterg wat baie groter as ek was...Ek dink sy naam was Mufasa...hence die limp.

As jy 1 ding in die wêreld kon verander wat sou dit wees en hoekom: Ek sou seker maak daai kak email wat heeltyd rondgestuur word van die SPCA in Suid Afrika gaan toemaak, stop om te sirkuleer.


Wie dink jy maak of hy 'n groot tottie het maar actually is als net 'n cover-up:
Snoopy, die doos

Wat wil jy wees as jy eendag groot is:
'n Rottweiler

Wie in jou opinie is die domste drol: Shoe daar is so baie drolle in die drink water maar ek sou sê die drol wat Lady en the Tramp geskryf het. Nou dink mense ook spaghetti maak ons jags!

As jy 'n gun en 1 koeël gehad het, wie sou dit wees: Aangesien Jock nou klaar 'n koël kwyt is seker maar Lassie, want hy kry altyd al die aandag!

Wat is jou grootste vrees: Om te meeeeeaaaoooooouuuuuuwwwwww.


Want dink jy van die dolfyn slagting in Japan en eintlik meer belangriker wat dink jy van die slagters self:
Enige mens wat 'n dier so mishandel se tollie moet afgesny word en oor sy cornflakes geprinkel word. Dan moet hy dit eet...maggie opstaan voor die kossies nie klaar is nie.

Beskryf Jenni in 1 woord: NieLekkeNie

Merke, gereed, steek...

Ek het so rukkie terug op 'n baie oulike plekkie afgekom daar aan die anderkant van die oseane. Korea om presies te wees. Die pragmense van Korea het so belsuit om 'n lekker LoveLand te bou - met beelde en strukture wat vir 'n nimpho sal wees wat MacDonald se jungle-gym vir kinders is, en net baie funny en interesting vir ons normale mense. Kyk die kunstenaars en argitekte wat deel was van die projek kan weet dat hulle werke heeltemal GEFOK is. Maar dit maak nie regtig saak nie want dis lekker om terug te staan diep asem te haal en die befokkingswerke te aanskou.

Ek moet sê die groen hand is bietjie fokken freaky - al wat ek dink is The Incredible Hulk...en die ding is nou nie te waffers nie. Maar ek dink die res is 'n goeie weerspieëling van hoe erotika werke selfs geniet kan word op 'n stil Sondag middag van 'n picnic-spot af. So kry asb jou kaas, wyn en kombersie reg en geniet die picnic...

(kliek op die prentjie om die grote te gewaar)

Thursday, March 22, 2007

Stilte in the HOFF

Noem hom maar NightRider of Mr. Baywatch...watookal jou fancy tickle maar glo my die oom tickle ook seker nogsteeds 'n paar "fancys".

Hy is nou al jarre in die rondtomtalie, hy het begin as Nagrudder toe slaap hy saam Patricia Lewis...ja dis die waarheid en toe Baywatch en nou sing hy 'n hond uit 'n bos uit...wel seker 'n fokken dowe hond want ek weet nie wie gaan anders na sy kak luister nie!

Anyway maakiesaakie want ek glo ieder en elk van julle gaan na die link toe gaan wat ek verskaf het en een van sy hotste musiek video's gaan gewaar...die girls in die video is jonger en mooier as ek en hulle het seker sy "spiere" met olie ook gesmeer voor die regiseur kon sê ACTION.

Ek hou biesonders van sy oorgedramatiseerde dans roetiene, die 'honey ek het 'n mol in my hol' look en die vleiende lyftaal wat van begin tot einde gebruik word. O ja en offcourse die goue kettingkie en die leawer jakket...en ek is amper ook oortuig daarvan onder die leawer jakket kruip daar dalk 'n help-my-fris-lyk ou hempiekie ook weg.

Al het die man geen ritme, song-sense of reguit hare nie, dink ek wel hy maak nog paar tannies se bene lam, veral doof-blind tannies en tenminste skep hy vir my entertainment as ek verveeld by die werk sit en na my eie weerkaatsing in my rekenaar skerm staar.

I hoff to fank u.

Gaan hier vir Hoff kakkerige plesier.

Tuesday, March 20, 2007

Klimaat Vraat




Carbon Footprints, CO2 emissions, pollution...al die dinge wat mens elke dag oor en oor en oor hoor. En nou gaan ek ook hammer...sorry vir die skewe spykers. Ok ek admit ek is een van daai mense wat als probeer recycle, altyd die ligte afsit, die gordyne toe hou in die winter, die glas en papier skei en blah blah blah. Maar moet ons regtig?

Kyk wetenskaplikes is nou nie juis mense wat saamstem oor klomp kak nie, maar ek dink omtrent 99.99999999999999999% van alle wetenskaplikes sal saamstem dat ons as mensdom die aarde geheel en al opfok op die oomblik! Ja dis bietjie rof. Maar dit help veel ons sit en wys vingerkie die heeldag nie...doen iets daaromtrent! So ek het so lysie van flikse wenke opgestel wat net almal van ons kan probeer doen op 'n daaglikse basis. Noem dit maar tips...ek hou nie juis van die woord tips nie want dit laat my dink aan Patricia Lewis se plastiek naels en fok alleen weet hoeveel pollution sy alleen maak met daai plastieks nie! Maar kom ons noem dit maar Klimaat Vraat Raad...want sover ek weet is meeste van ons klimaat vrate...

Kimaat Vraat Raad:
- Ruil klere met vriende of gee jou ou klere vir charity. Hoe minder klere ons weggooi hoe beter. Recycle jou klere.
- Support klimaat-vriendelike huise. Solar panels, mini-wind turbines, al die goeterkies help.
- Plant elke seisoen 'n nuwe blommekie of boompie en gee hom/haar 'n naampie. Jenni kan jou eerste een se naam wees!
- Stuur liewers 'n E-Card as 'n papier een.
- Sit elke dag jou rekenaar af voor jy by die werk loop.
- Plug jou selfoon charger uit as jy hom klaar gebruik het. Meeste van julle weet seker nie dat jou selfoon twee-derdes van die krag gebruik as hy nie af is nie.
- Maak seker nou kar wiele is altyd gepomp. Jy kan ander goed ook pomp maar as jou kar wiele styf genoeg is spaar dit jou geld op brandstof en die aarde so bietjie suurstof.
- Begin 'n car pool. Dis nogal lekker as daar 2 is in die kar wat saamsing, of jy het nog 'n paar oë om uit te kyk vir die fokken rowwe taxi's of die voëltjie in die pad, of jy spaar petrol geld...o ja en CO2 emissions.
- Moenie staples mors nie. Daai staple my in die hol drol game is nie meer cool nie - meeste van ons is werkende mense. As elke persoon in die UK net 1 staple minder 'n jaar mors save ons 120 miljoen ton staal!!! Ek wil nie eers weet hoe baie dit in SA gaan wees nie...want daar dink ons mos dit fokken StarWars!

Onthou Liewe Jesus het net vir ons 1 blyplek gegee vir nou. As ons hom opfok is ons innie kak!

Tuesday, March 13, 2007

'n Bok vir sports



En toe voor ek myself kon kry toe raak ek ook 'n groupie...nee ek praat nou jarre se kak. Ok dis hoe dit eintlik gebeur het. My tjomma Adel het my toe so vlugtig gebel toe sy gewaar dat Bok 'n draai sou kom maak by die EarthPig hier in Londen. Sy is BOKBEFOK - sommer heeltemal verlief op hom! Sy is die boeremeisie wat feature hierbo saam die ou van Eden, sy het hom die hele aand Shane genoem...hy het haar nommer gevra en toe vra sy vir hom wie de fok is hy? "Speel jy in Egoli?" vra sy toe...obviously het dit hom nie afgesit nie want die knaap vra toe heeltyd vir my om donnerse fotos van hulle met sy video kamera te neem...(ek was baie dronk en ek dink ek het videos geneem). So ek dink die seun gaan lang pouses van poses op sy cam hê...

Anyway fok vir Shane of watookal sy naam is, terug by Bok. Kyk ek was nog nooit 'n moerse fan nie en is nogsteeds nie, maar ek moet admit... Hy is 'n vriendelike knaap, ek laaik nogals sy bangles om sy linkerarm. Die liedjies is nou nie highly intelligent met underlying meanings nie, eintlik is dit glad nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar mens kan na so paar Hunters Dry (en glo my ek het omtrent die Aardvark se yskaste leeg gemaak) lekker gatswaai. Amper soos wat mens doen as jy heeltemal te veel rooiwyn gedrink het en jou Skouspel DVD inpop...en terselfde tyd nie die Kurt Darren deel skip nie.

Toe staan almal nog so, en hier begin Bok en sy band toe De Larey tokkel...Ewe skielik hou al wat 'n mens is aanmekaar vas, lighters gaan die lig in, so traan of twee begin rol (paint ek 'n mooi picture?) en eintlik begin die party-goers maar net besef hoe baie hulle die huis eintlik mis...

Daai sonskyn oggende met 'n ou voëltjie wat jou wakker tjirp, die reuk van gerookte mielies op Jozi se strate, die gejuig van die skare as jy nou net Inkosi klaar gesing het op die rugby stadion, die liters Oros wat jy kan drink na 'n groot aand, die stilte om die bosveld vuur, die morning after se aartappel slaai, die vriendelike gesig van jou bediende as jy haar kersgeskenk aan haar oorhandig, die honde se geblaf, die eerste kosmos langs die pad oppad plaas toe, die wind deur jou hare as jy agter op die bakkie staan terwyl jou pa hom teen 'n spoed van 188km/h ry, die donkiekar op die lang stowwerige grondpad, die wens wat jy kan maak as jy eerste die see raak gesien het, Derek en Ruda wat al vir 22jaar presies dieselfde lyk, die 110m lange boom wat daar in die Knysna woud sy wortels diep gegrond het, die Nandos wrap of die pienk sous van die Spur, Cream Soda, Fanta Grape en Rooi Sparletta, die honderde glimlaggende kinderkies by die kinderhuis, Highveld Stereo se Christmas Wish List, Biltong, Droëwors en lekker paptert, die 3am hartstogtelike gesingery van Kaapse Draai, Ouma se beskuit, nuwe jaar op die strand en net die lekker tye saam met familie en vriende.

En dis presies hoekom musikante bestaan.

O en toe voor Adel haar kon vind toe soen Bok haar bo van haar tone af...met tong en als. So ek dink sy is officially die groupie! Nie ek nie. Ek sal 'n baie beter en groter en sexier band moet kies om 'n groupie te wees. (Sy het ook toe vir Shane gedis want van wat ek hoor sing hy nie so goed of so diep soos Bok nie.)

Friday, March 09, 2007

Cock jou Doodle

Ag ek like dit as mense sulke creative interactive websites skep! Dit maak die spier in my hartjie al hoe vinniger laat pomp en die rooi goed in my are, nie altyd seker of die elkehol of bloed is nie, vinniger laat in die rondte gaan.

Ons almal weet Vrydae middae is kak boring! Jy sit by die donnerse werk en trek jou nekhare 1 vir 1 uit, droom oor die befokte naweek wat jy gaan hê en wens jy was liewers in die swembad met 'n COCKtail...nou ek kan nou nie vir julle almal 'n lekker COCKtail bring nie, so ek gaan nou maar my beste doen om tenminste vir julle 'n COCK te bring.

Ek weet nie of die seunkies dit so baie gaan smaak nie, ag maar fokkit man, wees bietjie open-minded, miskien kan jy nog 'n Pielcasso wees sonder dat jy dit agterkom.

Create asb julle kunswerke en email dit vir my! Ek wil elke een op die blog sit! Die mees kreatiefste een gaan 'n prys wen!!! Bo in die hoekie is myne...getitel: Bright-Brains...want dis mos wat dit eintlik is...'n brein vir 'n sekere spesie op aarde. (Grappie net!)

Gaan hier vir CockJouDoodleEnStuurDitIn plesier.

Thursday, March 08, 2007

Korporaal Kondoom

In alle fasette van die lewe kry mens pleps ('n ander woord vir mense wat nie Franse sjampanje saam hul ontbyt drink nie), en dan natuurlik die cream of the crop...wat presies die teenoorgestelde doen van pleps.

Bv. as ek enigsins iewers in die wêreld vlieg, vlieg ek cattle class...my vriend Abraham vlieg bietjie vorentoe in die vliegtuig - dus is ek 'n plep en hy die cream of the crop. In kondoom wêreld werk dit ook so.

Jy kry goewerment kondome wat fokken vasgestaple is aan 'n anti-AIDS stukkie papier, hou ook asb in gedagte dat dit van dieselfde mense afkom wat beweer 'n stort na seks jou teen HIV/VIGS kan beskerm...o en net incase jy nie 'n donnerse stort het nie, moet jy maar vinnig begin knoffel en beet eet want die vat glo die VIGS virus weg. Dan kry jou nou wêreld klas, top-designed kondome wat sommer awards en als wen. Get outa my way DUREX, I have invented a better way to have sex!

Sulke twee Afrikaanse laaities, Willem van Rensburg en Roelf Mulder het so 'n aparaatjie design wat sommer top ontwerpers oor die hele wêreld impress het. Die van julle wat by Design Indaba was sal weet waarvan ek praat, die res van julle pleps hou vas ek verduidelik.

Die aparaatjie werk so: Take, click, put on your dick...en alles vat slegs 2,4sekondes. Dis 2 en 'n halwe krokkedille! Nederlandse ontwerper Jurgen Bey het hierdie produk bekroon as "Most Beautiful Object in South Africa" - en ek stem saam, dis glad nie te kak nie.

Die punt van die storie is nou kan jy jouself beskerm teen AIDS en gillende babakies in STYL! Dankie Willem, Dankie Roelf, julle manne weet obviously hoe belangrik tyd in intieme oomblike is...o ja en hoe om iets wat actually bietjie eerie is in iets prags te verander. Wat sou ons doen sonder ons ontwerpers?

Gaan hier vir video, cream of the crop, kondoom plesier of hier vir bietjie meer oor die kondoom self info plesier.

Wednesday, March 07, 2007

Crack boar...

Crackling is nie een of ander Shinese prostituut wat verslaaf is aan dwelms nie!
Nee dommies dis daai lekker uitgebraaide stukkies vet wat ons so lekker aan smul in 'n warm berookte kroeg of soms voor die tv met 'n rugby wedstryd.

'n Abnormale maaiki hier by my werk het een van sy abnormale slim maaikies gevra hoeveel pakkies crackling of scratchings soos die souties hulle noem mens uit 1 varkie uit kan maak...sy maaiki is een of ander ingeneur wat nou varkie vetties verpak of iets dink ek...hier volg die details. (sorry dis in Ingils want vir die wat nog nie weet nie, ek huis in soutpielland)

Vraag:
Dear Tony
Please could you tell me, how many bags of scratchings one pig makes?

Kind regards
Mark Chamberlain
Copywriter

Antwoord:
Mark
A difficult question to answer
The rind we use comes from Denmark & is a bi-product of the bacon industry.
A typical pig is bred to the weight of 75kilo. The rind used for Scratchings comes only from the shank. At a guess this would probably be about 3 kilo max of rind per pig. During the coolinh process 3 kilo of rind nakes 1 kilo of Scratchings (We make various size bags of Scratchings ranging from 20g to 100g in weight. Taking a typical 50g bag you could make 20 bags from 1 kilo of rind. Trust that helps but I'm intrigued why you are interested in this information.

Regards
Alan

So daar het julle dit nou. 20 sakkies per 1 varkie. So volgende keer as jy by sakkie 20 kom beter jy 'n gebedjie sê!

WC Wieeeeeeeee?












Die van julle wat al ooit in Londen was of miskien nog is sal weet die plek is so skoon soos Trevor Manual se butt crack nadat hy 'n bord van Abdul Rashbanza se hotste kerrie dis in die wêreld geëet het! Not a pretty site...

Mens loop nog so rustig die beknopte straatjies van Londen met 17 0000 sakke in jou hand, besig om lekker rustig te shop en dan ewe skielik voel jy 'n hasie in jou blasie...en die hasie het nog kleintjies ook, of erger dalk 'n mol in jou hol! Nou waantoe nou? Jy is te bang om enige plek broekie af te trek want netnou tel jy een of ander badkamer bakterïe op, en dan eet hy jou fannie of tottie op en dan kan jy nie kinders kry nie en dan gaan jou ma nie baie happy wees nie want sy kannie ouma word nie...so wat doen jy? Jy probeer maar knyp sonder dat mense notice...dit beteken moenie agter 'n boom inhol en die bene kruis en op die plek op en af spring nie.

Kyk om eerlik te wees het ek al so hard geknyp dat ek Hansie Slim deur my ore kon fluit...met water. Maar ek besoek nie graag 'n publieke pisplek nie, maar as ek nou moet, dan staan ek...ja amper soos 'n seunkie net anderkant om. Seunkies julle weet nie hoe lucky julle is met julle slurpies nie! Hoekom het julle dit altyd so maklik...julle kry niks van die goeters wat vroue kry nie en dan kan julle nog staan en piepie...ek sal 'n daai vragie moet vra as ek eendag die hemel visit.

Gelukkig het die mense van WC1...(ja ek weet kak naam) tot my redding gekom. Wel dis nou as ek na werk wil gaan partytjie hou, 'n nr.1 of 2 in central London kry of plainweg net 'n ou breukie wil vat tussen al die shopping deur. Hulle noem dit 'n luxurious ladies toilet and powder room...en vir die prys fokken hoop ek dis luxurious!

Dis 'n pragwaardige gesofistikeerde nuutontwerpte lavatory oraait! Nou kan jy kak in styl! Ek is seker die toiletpapier is ook geparfumeerd so jou holle kan ook na laventel ruik...dan kry jy nog 'n mini makeover en 'n hand massage! Dis omtrent tyd dat een of ander doos aan die idee gedink het (sorry vir die pun).

Nou kan ek gerus wees om op my tyd na winkel tot winkel te wals, deur die besige strate van Londen. Want ek weet as die hasie of die mol klop en ek moet oopmaak kan ek hulle nooi in 'n pragtige leefarea van laventel, rose, glam-ontwerp en styl in. Dit alles gesê weet nogsteeds nie of ek op die troon sal gaan sit nie...

O ja nog 'n ding...mans word nie toegelaat nie. Julle wil mos staan en piepie.

Gan hier vir tonne kak plesier.

Thursday, March 01, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se karnale abnormale sonder parahare maaiki is so mal tannie wat ek hier in Londen ontmoet het. Toe ek die 9ste Mei 2004 geland het, my tassie in sy moer in van Heathrow allie pad Wimbledon Park toe gesleep het toe tree ek 'n huisie binne waar ek, Andries en dan die week se gawe maaiki ingebly het.
Ek het skaars my tas zippy oopgemaak toe het ek klaar 'n glas wyn en sommer 'n sigaret ook in die hand - want die maaiki van my is 'n regte party mannanimal! Maar dis toe dat ons vriendskappie begin het...

Soos meeste van julle weet is dinge nogal rof hier in Londen (emosioneelik) en dan word jou huismaats soos jou family...nou sussa hier is soos my family hier in Londen. Ons het al saam gelag, saam gehuil, saam gepoep, saam skeef geloop en al baie saam gechat. Ag sy is so nice mens, sal jou wragtig 3uur die oggend uit die sloot kom help - dis nou as sy nie self saam jou da binne lê nie. Sy is ook lekker eerlik soos meeste van my maaikis maar is. Sy is baie goed in haar werk! Sy hou altyd sulke moerse lekker parties by clubs...book sommer die hele club uit! Sy rook soos 'n skoorsteen en drink soos 'n vis (of het altyd) - maar 'n beter maaiki gaan jy sukkel om te kry!

p.s. Die "secret" wat sy van praat is iets wat ek ook gedoen het - maar myne is nie 'n secret nie. O en die ou in die foto is haar pimp...soos julle seker kan sien - sy identiteit is 'n geheim.

Ek stel aan julle voor my geliefkooste tjommie van soutpielieland (oorspronklik van Durbs, o gids en sussa is nog Ingils ook, so antwoorde is in soutpieltaal):

Volle naam: Alexa-Jane Dold

Noemnaampies: A-J / Lex / Cookie & Cherry (gelukkig nie cherry op die cookie nie...)

Lokasie: London

Stickhorsies: Reading Magazines, Travelling, Playing with Toby, Watching telly, shopping and arguing with John ;-)

Gunsteling Tandepasta en hoekom: Colgate (whitening), cause it's meant to whiten...

Wat irriteer die K@K uit jou uit: People taking the piss & the one 'Madam' I work with grrrr...

As jy enige dier kon wees, wat sou jy wees en hoekom: MMMMMMMM.......not to sure

Maak 'n statement wat mense sal laat dink: Tigers and Lions should not mate ;-)

Wat is die malste ding wat jy al ooit gedoen het: Ha ha ha - It's a secret!!! (You know Jen!)

Het jy al iemand gemoer...wie...hoekom: Yes, She hit me first though (I did not know that HE had a girlfriend!)

Wanneer laas het jy in jou broek gepiepie: Ha ha - Last Saturday Night, as I got told the cops were coming.

As jy 1 ding in die wêreld kon verander wat sou dit wees en hoekom: The Death penatly should be in every country.

Wie in jou opinie is die domste drol: The cherry on reception!

As jy 'n gun en 1 koeël gehad het, wie sou dit wees: NO comment

Wat is jou grootste vrees: Something tragic happening to my mum, dad or brother and I could not get to them.
Wat dink jy van die Blood Diamond saga: HUH? What's that?

Beskryf Jenni in 1 woord: One great cherry pie (4 Words!!! Oh Well)

Ken jou Kontinent

Nadat ek gister Blood Diamond saam Andries gaan kyk het - het ons altwee eintlik besef hoe min ons van ons eie kontinent weet! Ons wil altyd claim ons is van Afrika dis waar ons gebore is en Suid-Afrika is ons land, maar al wat ons donners weet is dat ons 'n kak president het, baie AIDS, lekker kos en hondkak customer service....o ja en dat Zimbabwe aan ons grens en baie illegal aliens kom van daar af. Glo is daar op die oomblik 15 miljoen illegal immigrants in SA - en om te dink ons is net 47 miljoen...so maak maar jou eie somme.

Anyway my punt is...ons as "Africans" moet ons kontinent leer ken! Ek is so clueless ek dog Sierra Leone is Ford se nuwe kar model. Van nou af gaan ek probeer om elke week so paar feite oor die Afrika kontinent te blog sodat as ons volgende keer by 'n braai sit...en dit word so stil want niemand het iets om te sê nie...jy kan bek oop maak en sê: "Afrika is die wêreld se tweede grootste en tweede most-populous kontinent in die wêreld in en Afrika is regarded die geboorteplek van die mens." (was Adam en Eva dalk bruin i.p.v wit?) - dit kan dalk coversation spark!

Hier volg nog 'n paar facts:
- Afrika se totale populasie = an esitmated 690 miljoen mense (waarvan kak baie korrup is)
- Grootste stad = Kairo, Egipte (piramid valley)
- Grootste land in Afrika = Sudan. (ook bietjie korrup)
- Langste rivier = DeNile (obviously 'n gay rivier)
- Grootste meer = Meer Victoria (ek laaik nie die royals nie!)
- Grootste berg = Kilimanjaro (Ek dink Nataniël het hom geklim, so enige iemand kan)

Dis nou net sulke Gr. 1 facts, maar voor ons by die serious shit kom moet ons eers bietjie van die first-base stuff leer. Gaan hou maar 'n quiz vanaand met shots Tequila / Sambuka...vir elke vraag wat jy reg antwoord kan jy iemand dronk maak! Dit werk nogal goed in groepies van twaalf.