Monday, August 13, 2007

Shosholoza...maak dood die Tokolosha

Dis vroeg Saterdag oggend en my hande is nogsteeds vol verf...gelukkig is die canvas boodskappe droog wat ek vinnig gister aand onder die invloed geverf het. Ons almal ontmoet by Temple. Pik swart helium balonne wag ons in...Fok hies net 25mense...o well dis beter 5.

So het die dag begin maar sommer tjoppie tjop het 25 in 500 plus in verander. Terwyl ons met ons adrenalien bepompte lywe op die gras sit en wag staar ek rond na die vele families wat ook in hierdie protes gaan deelneem...kleine kabouters wat nog in hulle broeke kak. En dis vir my hartseer...waar speel die arme tjokkertjies dan? Klim hulle nie boom en eet soete moerbeie net so uit die takke uit nie. Waar is die panne waar hulle kleilat gaan speel? Sal hulle die army army in die tuin game vir Playstation moet verruil? Ek weet dis nie hulle of hulle families se skuld omdat hulle nie 'n tuin het nie...maar hulle smag weer na die tuin daar in hul geboorteland. Die een met die yskoue swembad, prag palms en so honde drol of twee.


Voor ons met die optog begin het was ons verwelkom met 'n hartseer toespraak van 'n man wat snik oor die megafoon want sy beste vriend is van hom weggevat in Mei...ongelukkig nog 'n statistiek in die soaring "Crime Rates" van Suid Afrika. Daarna is daar aandag gerig op 'n baie famous freedom quote van Madiba en toe het ons afgeskop...Gelukkig het Dries sy Bongo drum saamgevat en het hy ons voetstappe ritmies begelei terwyl ons polisie escorts seker gemaak het die rooi busse ry ons nie fuct-up nie...want dis sou 'n kakke gewees het.


Ons stemme en handklappe het gebulder soos ons deur die ellelange geboue van Londen sentraal deurgestap het...Baie emosie het opgebou. Mede Londeners en toeriste het ons almal van die kante af aangespoor en fotos geneem...En toe kom ons tot stilstand voor die Suid Afrikaanse ambesade in Trafalgar Square - die toeriste kapitaal platform van Londen. Ons almal staan toe daar en staar die goue bokkie op die hoek van die gebou reguit in die ogies...


Ewe skielik hoor ek 'n magtige dreuning...iets wat 'n mens se hart in jou hol laat sak. Die aantreklike goedgeboude swart man skuins agter ons bulder uit die diepte van sy maag..."Shosholoza, shosholoza, Kulezontaba, Stimela Sphuma South Africa Wenu Yabaleka, Wenu Yabaleka, Kulezontaba, Stimela Sphuma South Africa..." Reg daar val 500 plus mede Suid Afrikaners by hom in en die die dreuning van Shosholoza stroom deur die toeriste kapitaal van die wereld.


Verder in die straat af na 'n minuut stilte vir almal in Suid Afrika wat al hulle lewens weens crime verloor het, het ons honderde pik swart balonne die lug in laat gaan en toe nog harder as Shosholosa, ons volkslied begin sing...so die dag het letterlik tot 'n einde gekom op 'n baie hoe noot.


Baie mense vra my...ag dink jy julle het 'n verskil gemaak? Dink jy die protes het gewerk...Wat gaan 700 mense nou doen? Mense, Rome wasn't built in a day. Hierdie fight against crime is 'n lang en harde fight. Maar daar is te min mense wat balls genoeg het om op te staan en iets te wil doen. Ek wil nie wag tot iets met iemand gebeur wie naby aan my is voor ek probeer 'n verksil maak nie - dan is dit klaar te laat. Miskien het ons nog nie daai donnerse Tokolosha gestop nie...maar mense het wel notice geneem.


Ek vra net vir jou...ja jy daar aan die anderkant van die broadband lyn, moet nie een van daai mense wees wat heeldag by die donnerse pub sit met jou drankie en jou sigaret en moan oor die crime rate en alles op die polisie of die goewerment blameer nie. Vra jouself liewers die volgende vragie af...Hoeveel van julle het dalk al perongeluk ietsie gekoop wat jy weet van 'n trok af geval het...mens weet nooit wie het doodgegaan in die proses nie.
Gaan hier vir Beeld informasie plesier