Monday, January 21, 2008

Comment Alert

Stephan Grove, JHB, Suid Afrika

Ek's maar 'n man van min woorde soos jy seker weet, maar laat ek jou net iets vertel... ek dink die "p" woord is ongelooflik fantanties, ek meen dis so beskrywend.Dis my favourite woord soos in ever! En ek het n fetish vir girls wat die "woortjie" gebruik. Weird, ek weet. So jy skuif op vanaf n dood gewone maatjie na n uiterse poes kwaai buddy toe! Wees geeerd,nie baie mense maak daai lys nie.

Friday, January 11, 2008

Gee en vir jou sal gegee word

En voor jy in 'n botteltjie kan poep is die 10,9,8,7,6,5 saga verby, jou make-up/hare opgedoner en jou kop vreeslik seer want water is van te kort in die sisteem. Ja dis 'n nuwe jaar en met die nuwe jaar kom nuwe gebeurtenisse, nuwe bloeisels en ou grappe.

Skuins voor die son sy kort kuif uitstraal oor die nuwe 2008 lê ek skelm en wonder wat de fok nou? Omdat ek nie "New Years Resolutions" maak nie is ek gewoontlik heeltemal gebaffle die volgende oggend as ek wakker word van 'n redelike rowwe party waar dit voel of ons krieket gespeel het en ek die bal was. Ek's 'n mens (een met boobs), eks oud genoeg om 'n kind te kry (apparently), ek het 'n werk, huis, kos, klere, Iemand in die wolke wat my dophou, 'n hangover en 'n man...wat meer wil ek nou uit 2008 hê? Behalwe nou Anne Summers se Rampat Rabbit collection...nee grappie net. En dis toe dat dit my soos 'n bol kak van voor tref, dis nie wat ek wil hê nie, maar wat ek kan gee.

Vandat Eva daai donnerse appel geëet het kan ons getuig dat ons as mens altyd wil hê (Ek kan aan paar mense/rasse dink wat gewoontlik bietjie meer wil hê as ander). Maar in ons selfpitty denke draai die wêreld gewoontlik "kampstig" om ons en wat ons wil hê. En dis ook nooit genoeg nie, want sodra ons gekry het want ons wil hê soek ons dan weer iets anders. Dis 'n dors wat nooit geles kan word nie, en daarom sal 99.999999% van ons altyd deur die lewe gaan en so klein bietjie ongelukkig wees want ons sit en dink aan iets anders wat ons wil hê. Daarom het ek dit goed gedink om 2008 te begin deur te gee of te dink wat kan ek gee.

Nou as ek die woorde "gee" noem dink almal seker aan daai die volgende simbool - $ - of hoe? Maar dis eintlik glad nie waaroor gee gaan nie, wel vir party vrot siele is dit maar hulle is anyway sulke sad cases wat ek redelik seker van is nooit sal gered word nie al gooi jy vir hulle die rooi en wit tjoobie.

Gee beteken vir elke individueel iets anders want ons almal ken verkillende mense/diere/barbare met verskillende needs. Daarom sal ons "gee" patrone nooit dieselfde kan wees nie. Vat byvoorbeeld die pommies in Engeland. Hulle bly in 'n 1ste wêreld land, waar mense nie doodgaan van die honger of so baie van Aids nie, hulle het 'n goeie ekonomie, baie winkels, lekker double chocolate chip cookies, almal kry 'n goeie education en tog loop hulle met sulke lang fokken gesiggies rond heeldag en aldag. Nou al wat ek vir hulle kan gee is 'n POES KLAP sodat hulle kan wakker skrik en besef hoe bevoorreg hulle eintlik is.

Nou so sien julle dat almal verskillende needs het en dit gaan van my af hang hoe ek my "gee" patroon gaan gebruik die jaar. Die vraag is nou wat gaan jy met jou patroon doen die jaar? En ek praat nie van die een wat in die geweer in gaan nie.