Monday, January 22, 2007

Koue Jagter

Kyk dit werk nou maar net so. Daar is net party mense in die wêreld wat altyd alles kan regkry. Hulle is stylish, slim, weet van law, travel na die regte plekke toe, koop die funkyste skoene, eet by die regte restaurante, geniet polities korrekte musiek en help om die wêreld groener te maak terselftetyd. Omdat ek niemand ken wat al die bogenoemde kwaliteite besit nie het ek vir ons almal so hulpmiddelkie aangeskaf...

Ek ken wel mense wat dink hulle is stylish, voken mos alles weet, die law se moer, travel is vir voëls, dra die kakste skoene en dink dis fab, eet by die commenste restaurante en dink dis stylish omdat die menu in 'n boekie vorm kom i.p.v. 'n 1 bladsy lamination, geniet musiek soos Kurt Darren en verstaan nie wat dit beteken om die wêreld 'n groener plek te maak nie...gelukkig lees die mense ook nie my blog nie!

Maar vir julle daar buite wat bietjie meer kultuur in die ruggraad het...gaan hier vir design sensasies en cool-kitch plesier.

No comments: