Thursday, January 22, 2009

Aiii dis harde werk...


As daar nou een stukkie advies is wat ek kan gee vir enige person in die nuwe jaar van 2009...is dit...DOEN NET MOEITE MET MENSE WAT MOEITE MET JOU DOEN!

Kyk niemand van ons is 100% perfek nie. Niemand van ons skuit goue stawe nie, en dankie tog vir dit want ander sou kriminele in Suid Afrika dalk jou hol high-jack! Almal van ons maak maar op ‘n gereelde basis foute of pis so nou en dan jou maaitjies af met stellings wat jy maak of snaakse dinge wat jy aanvang. Maar meeste van ons is tog ‘n goeie vriend/vriendin vir iemand op die ou einde van die dag.


Maar dan kry jy nou weer die tipe mens wat NOOIT moeite doen met ander nie want hulle is te consumed met hulle eie selfsugtige benodighede of hulle gebruik jou wanneer hulle emosionele ondersteuning het. Amper soos wat party van ons Christene net bid as dit sleg gaan. Die tipes het ook altyd een of ander langdraadige verskoning...jammer ek is baie besig by die werk, sorry my kar het gebreek toe moes ek vir 6 maande ‘n toon klap, ekskuus ek het jou nommer/email/addres/facebook profile verloor en nie een van die 85 mense wat ek ken wat jou ook ken kon my wys maak waar ek jou kan kontak nie, aiiii ek werk en studeer nou terselfdetyd en ek het skaars tyd om te poep....en en en. Die lys van verskonings is oneindig. Mense kan aan die wonderlikste verskonings dink! Party mense het al op die ouderdom van 20’s al Alzheimer’s...hulle vergeet gereeld.


Ek wil nou nie te lank spandeer en mense afkraak wat self consumed is nie. Want party van ons is maar net so. Ons almal is anders en dit maak die lewe so interresant. Maar ek los julle met een gedagte...


DOEN NET MOEITE MET MENSE WAT MOEITE MET JOU DOEN!


Die lewe is te kort om energie aan mense te spandeer wat nie jou energie deserve nie.


p.s. Vir die van julle wat dink ek weet nie waarvan ek praat nie en ek het baie tyd op my hande...ek werk 50-70ure weke, ek studeer ook, ek maak my eie huis skoon, oefen, socialise en maak tyd vir my blog.

Thursday, January 01, 2009

Dis 'n nuwe djar...

En so het die countdown begin na 'n nuwe jaar toe...10,9,8,7, en julle ken die res. Almal in die wereld is gelukkig (of dronk), spontaan en warm teenoor hulle naaste. Corny mans propose...vuurwerke word die atmosfeer ingestuur...nuwe jaars resolusies word gevorm (wat in meeste gevalle net een week duur)...soene word uitgedeel (perverts gryp ook in)...en meeste mense gryp (soos ek) die nuwe met altwee hande styf aan.

2008 was 'n redelike wiprit vir my en seker vir meeste van julle ook gewees...soveel hoogte en uiters laagte punte...baie meer soos 'n wipplankrit...en ek was baie keer onder terwyl die lewe lekker hoog oorkant my op sy donnerse pedistal gesit en lag het. Dis op sulke tye wat ons besef ons word nou groot (of oud).

Maar genoeg nou van die geskiedinis, dis nou tyd om vorentoe te kyk en die bul by die ballas te gryp! Ek het vreeslik baie nuwe jaar resolusies...een van hulle om my blog weer up en running te kry (en minder te vloek in my geskrewe woord...ek het besef ek mag dalk as bietjie 'tappet'/ skurf/kommin voorkom...en dis 'n gevaarlike area om binne te tree), want ek hou van skryf. Ek hou ook daarvan om my opinie te lewer. So 'n blog is die perfekte metode om uiting aan my geskrewe opinies te gee...en die wat wil, kan dit lees. Die wat nie wil nie - fok julle. O gids daar breek ek al klaar my tweede resolusie vir 2009...anyway.

Terug by die sekondes wat ek die nuwe jaar ingetree het. Dit was 'n koue affere in die vlees maar 'n warm affere in die siel. Ons het 'n prettige ondergroundse partytjie gehou waar vriende en kan ek noem AL my familie (behalwe my ouma) daar was. Dit was wonderlik om die vuurwerke dop te hou terwyl ek almal drukkies en soentjies gee om die nuwe jaar se aanbreek te vier. Dis asof 'n mens al jou probleme, haat, kwaad, seer, pyn, negatiwieteit en lelikgeid vir 'n paar munite heeltemal vergeet en op sy sit. Dan kom mens agter hoe lekker dit sal wees as daar elke dag 'n event soos nuwe jaars kan wees. Waar mense net kan lekker soene en drukkies gee...onpretensiese aandag. Amper asof almal op dwelms is vir 'n paar ure. Die cuddle tipe dwelms.

Wat die wereld nodig het is net 'n klein dosis E elke dag. Net genoeg om die Isrealies en Palistienaliete, die oud afrikaners en afrikane, die gays en diakens, die druggies en fitness fanatics, die katolieke en protestante, die preedse en openminded individuele, die kurt darrens en REGTE musikante, die britte en die res van die wereld almal op 'n trip te stuur waar ons boundaries kan breek en mense verhoudings kan herbou. Ek se nie ons moet almal conform nie...but lets all just CHILL THE FUCK OUT!

Ek dink dis my nuwe motto vir 2009...CHILL THE FUCK OUT! In Afrikaans sal ons moet se: VRIES DIE FOK UIT! Byvoorbeeld as iemand in jou daaglikse lewe intree en sy/haar gewig begin rondgooi vir geen rede nie, sit jou hand op sy/haar voorkop (net saggies), die ander hand op sy/haar skouer en se in 'n rustige kalmerende stemtoon - "VRIES DIE FOK UIT". "VRIES DIE FOK UIT" kan ook in selfverdediging gebruik word sou jy jouself die lyn van harmonie oorskry.

So ja daar het julle dit...VRIES DIE FOK UIT en gee jou buurman 'n drukkie. (Behalwe as hy 'n totale doos is.Want daar is nie hoop vir dose nie...)

p.s. nog en van my nuwe jaar resolusies is om te onthou hoe mens nou weer kappies, deeltekens ens. op 'n Mac aanbring.