Tuesday, January 23, 2007

Comment op die "Reverse Racism"

Nico Botha; Suid Afrika

Die ou (wie is hy?) het 'n paar punte. Maar al daai goed geld snaaks genoeg oral in die wêreld. Ek dink dis omdat swart mense nog altyd oral onderdruk was. So hulle is nou half sensitief vir enige iets wat in daai rigting mag neig. Dis 'n tipe bomskok of paranoia. Al wat hulle dink is: "Ag fok. Hier gaat die whiteys al weer. Maaa!"

Daar is nie 1 lank in die hele wêreld waar witmense ooit onderdruk was deur 'n ander ras nie. Behalwe miskien nou hier. Maar daarvan is ek ook nie seker nie. Ons het dit beter as wa hulle dit ooit gehad het.

Die skuld moet natuurlik vierkantig op nuuskierigheid se skouers geplaas word. Die Europeërs was gans te nuuskierig. "Hmm. Wonder wat gaan daar in Indië aan? Bring 'n skip da ga kyk ons." Toe bly hulle sommer oral waar hulle langs die pad gestop het. "Hmm. Wat gaan hier in hierdie plek aan. Fok! Vrou! Kom kyk hier. Tjek hoe swart is hierdie mense se velle. Wadefok? Ek bly sommer!"

Maar ek gaan nou nie die oorsaak van alles soek nie. Net die oorsaak van hulle bomskok. Ek dink nie die "opression" was lekker nie. So hulle is maar lugtig vir enige iets wat amper miskien so-te-sê dalkies naby aan dit kan kom.

Amen

No comments: