Wednesday, January 24, 2007

Maar waar is die sneeuman dan?


Aiiiii dis darem mooi om uit jou huis in a pragwêreld van wit kotz in te stap...ek noem dit maar wit kotz want sneeu kan ons dit nog nie regtig noem nie. En aangesien mense sê dit pis, bedoelend dit reën het ek dit goed gedink om te sê dit kotz (sneeu). Sneeu word eers gedoop as sneeu as dit 30cm diep lê - of so sê ek! Maar die wit kotz-kombers het my hartjie baie bly gemaak vanoggend. Ek en Dries dog ons hol nog vir die trein to bliksem ek amper van die trappie af...(oorsaak = wit kotz). Toe neem ons gou 1248 fotos tussen die huis en die stasie (5min se loop), ek ski ski so op die een groot toon en Dries se afro skrik hulself in nog hegter krulle in!

Onse plat boere is mossie gewoont aan die se snaakse goed nie - toe raak ons mos somme abstrak. Ek ruk toe amper my grafie en wortels uit...Jenni wil mos net sneeuman bou...As Dries my nie aan my hare in die lift by die stasie in getrek het nie, sou ek nou al 'n hele fokken familie gebou het! Mind you ek dink nie ek het genoeg wortels gehad vir neuse en totties nie.

Al is dit proestoesties koud buite, het ek nogsteeds 'n lekker warm gevoel in my hart as ek by die venster uitkyk en die wit kotz-kombers gewaar...

*foto 2: Vullis drom en bankies oppad stasie toe*
*foto 1: View van stasie af op flats en park*

No comments: