Thursday, March 22, 2007

Stilte in the HOFF

Noem hom maar NightRider of Mr. Baywatch...watookal jou fancy tickle maar glo my die oom tickle ook seker nogsteeds 'n paar "fancys".

Hy is nou al jarre in die rondtomtalie, hy het begin as Nagrudder toe slaap hy saam Patricia Lewis...ja dis die waarheid en toe Baywatch en nou sing hy 'n hond uit 'n bos uit...wel seker 'n fokken dowe hond want ek weet nie wie gaan anders na sy kak luister nie!

Anyway maakiesaakie want ek glo ieder en elk van julle gaan na die link toe gaan wat ek verskaf het en een van sy hotste musiek video's gaan gewaar...die girls in die video is jonger en mooier as ek en hulle het seker sy "spiere" met olie ook gesmeer voor die regiseur kon sĂȘ ACTION.

Ek hou biesonders van sy oorgedramatiseerde dans roetiene, die 'honey ek het 'n mol in my hol' look en die vleiende lyftaal wat van begin tot einde gebruik word. O ja en offcourse die goue kettingkie en die leawer jakket...en ek is amper ook oortuig daarvan onder die leawer jakket kruip daar dalk 'n help-my-fris-lyk ou hempiekie ook weg.

Al het die man geen ritme, song-sense of reguit hare nie, dink ek wel hy maak nog paar tannies se bene lam, veral doof-blind tannies en tenminste skep hy vir my entertainment as ek verveeld by die werk sit en na my eie weerkaatsing in my rekenaar skerm staar.

I hoff to fank u.

Gaan hier vir Hoff kakkerige plesier.

No comments: