Tuesday, March 20, 2007

Klimaat Vraat




Carbon Footprints, CO2 emissions, pollution...al die dinge wat mens elke dag oor en oor en oor hoor. En nou gaan ek ook hammer...sorry vir die skewe spykers. Ok ek admit ek is een van daai mense wat als probeer recycle, altyd die ligte afsit, die gordyne toe hou in die winter, die glas en papier skei en blah blah blah. Maar moet ons regtig?

Kyk wetenskaplikes is nou nie juis mense wat saamstem oor klomp kak nie, maar ek dink omtrent 99.99999999999999999% van alle wetenskaplikes sal saamstem dat ons as mensdom die aarde geheel en al opfok op die oomblik! Ja dis bietjie rof. Maar dit help veel ons sit en wys vingerkie die heeldag nie...doen iets daaromtrent! So ek het so lysie van flikse wenke opgestel wat net almal van ons kan probeer doen op 'n daaglikse basis. Noem dit maar tips...ek hou nie juis van die woord tips nie want dit laat my dink aan Patricia Lewis se plastiek naels en fok alleen weet hoeveel pollution sy alleen maak met daai plastieks nie! Maar kom ons noem dit maar Klimaat Vraat Raad...want sover ek weet is meeste van ons klimaat vrate...

Kimaat Vraat Raad:
- Ruil klere met vriende of gee jou ou klere vir charity. Hoe minder klere ons weggooi hoe beter. Recycle jou klere.
- Support klimaat-vriendelike huise. Solar panels, mini-wind turbines, al die goeterkies help.
- Plant elke seisoen 'n nuwe blommekie of boompie en gee hom/haar 'n naampie. Jenni kan jou eerste een se naam wees!
- Stuur liewers 'n E-Card as 'n papier een.
- Sit elke dag jou rekenaar af voor jy by die werk loop.
- Plug jou selfoon charger uit as jy hom klaar gebruik het. Meeste van julle weet seker nie dat jou selfoon twee-derdes van die krag gebruik as hy nie af is nie.
- Maak seker nou kar wiele is altyd gepomp. Jy kan ander goed ook pomp maar as jou kar wiele styf genoeg is spaar dit jou geld op brandstof en die aarde so bietjie suurstof.
- Begin 'n car pool. Dis nogal lekker as daar 2 is in die kar wat saamsing, of jy het nog 'n paar oë om uit te kyk vir die fokken rowwe taxi's of die voëltjie in die pad, of jy spaar petrol geld...o ja en CO2 emissions.
- Moenie staples mors nie. Daai staple my in die hol drol game is nie meer cool nie - meeste van ons is werkende mense. As elke persoon in die UK net 1 staple minder 'n jaar mors save ons 120 miljoen ton staal!!! Ek wil nie eers weet hoe baie dit in SA gaan wees nie...want daar dink ons mos dit fokken StarWars!

Onthou Liewe Jesus het net vir ons 1 blyplek gegee vir nou. As ons hom opfok is ons innie kak!

No comments: