Tuesday, March 13, 2007

'n Bok vir sports



En toe voor ek myself kon kry toe raak ek ook 'n groupie...nee ek praat nou jarre se kak. Ok dis hoe dit eintlik gebeur het. My tjomma Adel het my toe so vlugtig gebel toe sy gewaar dat Bok 'n draai sou kom maak by die EarthPig hier in Londen. Sy is BOKBEFOK - sommer heeltemal verlief op hom! Sy is die boeremeisie wat feature hierbo saam die ou van Eden, sy het hom die hele aand Shane genoem...hy het haar nommer gevra en toe vra sy vir hom wie de fok is hy? "Speel jy in Egoli?" vra sy toe...obviously het dit hom nie afgesit nie want die knaap vra toe heeltyd vir my om donnerse fotos van hulle met sy video kamera te neem...(ek was baie dronk en ek dink ek het videos geneem). So ek dink die seun gaan lang pouses van poses op sy cam hê...

Anyway fok vir Shane of watookal sy naam is, terug by Bok. Kyk ek was nog nooit 'n moerse fan nie en is nogsteeds nie, maar ek moet admit... Hy is 'n vriendelike knaap, ek laaik nogals sy bangles om sy linkerarm. Die liedjies is nou nie highly intelligent met underlying meanings nie, eintlik is dit glad nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar mens kan na so paar Hunters Dry (en glo my ek het omtrent die Aardvark se yskaste leeg gemaak) lekker gatswaai. Amper soos wat mens doen as jy heeltemal te veel rooiwyn gedrink het en jou Skouspel DVD inpop...en terselfde tyd nie die Kurt Darren deel skip nie.

Toe staan almal nog so, en hier begin Bok en sy band toe De Larey tokkel...Ewe skielik hou al wat 'n mens is aanmekaar vas, lighters gaan die lig in, so traan of twee begin rol (paint ek 'n mooi picture?) en eintlik begin die party-goers maar net besef hoe baie hulle die huis eintlik mis...

Daai sonskyn oggende met 'n ou voëltjie wat jou wakker tjirp, die reuk van gerookte mielies op Jozi se strate, die gejuig van die skare as jy nou net Inkosi klaar gesing het op die rugby stadion, die liters Oros wat jy kan drink na 'n groot aand, die stilte om die bosveld vuur, die morning after se aartappel slaai, die vriendelike gesig van jou bediende as jy haar kersgeskenk aan haar oorhandig, die honde se geblaf, die eerste kosmos langs die pad oppad plaas toe, die wind deur jou hare as jy agter op die bakkie staan terwyl jou pa hom teen 'n spoed van 188km/h ry, die donkiekar op die lang stowwerige grondpad, die wens wat jy kan maak as jy eerste die see raak gesien het, Derek en Ruda wat al vir 22jaar presies dieselfde lyk, die 110m lange boom wat daar in die Knysna woud sy wortels diep gegrond het, die Nandos wrap of die pienk sous van die Spur, Cream Soda, Fanta Grape en Rooi Sparletta, die honderde glimlaggende kinderkies by die kinderhuis, Highveld Stereo se Christmas Wish List, Biltong, Droëwors en lekker paptert, die 3am hartstogtelike gesingery van Kaapse Draai, Ouma se beskuit, nuwe jaar op die strand en net die lekker tye saam met familie en vriende.

En dis presies hoekom musikante bestaan.

O en toe voor Adel haar kon vind toe soen Bok haar bo van haar tone af...met tong en als. So ek dink sy is officially die groupie! Nie ek nie. Ek sal 'n baie beter en groter en sexier band moet kies om 'n groupie te wees. (Sy het ook toe vir Shane gedis want van wat ek hoor sing hy nie so goed of so diep soos Bok nie.)

No comments: