Thursday, March 08, 2007

Korporaal Kondoom

In alle fasette van die lewe kry mens pleps ('n ander woord vir mense wat nie Franse sjampanje saam hul ontbyt drink nie), en dan natuurlik die cream of the crop...wat presies die teenoorgestelde doen van pleps.

Bv. as ek enigsins iewers in die wêreld vlieg, vlieg ek cattle class...my vriend Abraham vlieg bietjie vorentoe in die vliegtuig - dus is ek 'n plep en hy die cream of the crop. In kondoom wêreld werk dit ook so.

Jy kry goewerment kondome wat fokken vasgestaple is aan 'n anti-AIDS stukkie papier, hou ook asb in gedagte dat dit van dieselfde mense afkom wat beweer 'n stort na seks jou teen HIV/VIGS kan beskerm...o en net incase jy nie 'n donnerse stort het nie, moet jy maar vinnig begin knoffel en beet eet want die vat glo die VIGS virus weg. Dan kry jou nou wêreld klas, top-designed kondome wat sommer awards en als wen. Get outa my way DUREX, I have invented a better way to have sex!

Sulke twee Afrikaanse laaities, Willem van Rensburg en Roelf Mulder het so 'n aparaatjie design wat sommer top ontwerpers oor die hele wêreld impress het. Die van julle wat by Design Indaba was sal weet waarvan ek praat, die res van julle pleps hou vas ek verduidelik.

Die aparaatjie werk so: Take, click, put on your dick...en alles vat slegs 2,4sekondes. Dis 2 en 'n halwe krokkedille! Nederlandse ontwerper Jurgen Bey het hierdie produk bekroon as "Most Beautiful Object in South Africa" - en ek stem saam, dis glad nie te kak nie.

Die punt van die storie is nou kan jy jouself beskerm teen AIDS en gillende babakies in STYL! Dankie Willem, Dankie Roelf, julle manne weet obviously hoe belangrik tyd in intieme oomblike is...o ja en hoe om iets wat actually bietjie eerie is in iets prags te verander. Wat sou ons doen sonder ons ontwerpers?

Gaan hier vir video, cream of the crop, kondoom plesier of hier vir bietjie meer oor die kondoom self info plesier.

No comments: