Wednesday, March 28, 2007

Merke, gereed, steek...

Ek het so rukkie terug op 'n baie oulike plekkie afgekom daar aan die anderkant van die oseane. Korea om presies te wees. Die pragmense van Korea het so belsuit om 'n lekker LoveLand te bou - met beelde en strukture wat vir 'n nimpho sal wees wat MacDonald se jungle-gym vir kinders is, en net baie funny en interesting vir ons normale mense. Kyk die kunstenaars en argitekte wat deel was van die projek kan weet dat hulle werke heeltemal GEFOK is. Maar dit maak nie regtig saak nie want dis lekker om terug te staan diep asem te haal en die befokkingswerke te aanskou.

Ek moet sê die groen hand is bietjie fokken freaky - al wat ek dink is The Incredible Hulk...en die ding is nou nie te waffers nie. Maar ek dink die res is 'n goeie weerspieëling van hoe erotika werke selfs geniet kan word op 'n stil Sondag middag van 'n picnic-spot af. So kry asb jou kaas, wyn en kombersie reg en geniet die picnic...

(kliek op die prentjie om die grote te gewaar)

No comments: