Tuesday, February 27, 2007

Stripclub chatter - Comment

Ann Boshoff; JHB

Anyway, ek voel so daaroor..dis sekerlik oraait as 'n ou na so club toe gaan met voorwaardes:
1. Wees net eerlik daaroor - se as jy gaan of dat jy daar was..die laaste ding wat jy wil he is dat die girl moet dink jy probeer dit wegsteek!!

2. NET AS dit 'n spesiale geleentheid is, soos 'n bachelors of 'n ding - nie op eie of saam 2 pelle nie..freakboys! En net eenkeer 'n leeftyd.

3. Moet nie vat, froetel of betaal vir iets nie, sit by die bar, praat kak met jou maatjies en kyk net...kyk goed, want dis dalk die laaste keer wat jy daar is.

Jy sien, ek sal eerder wil weet as my boyfriend daar was of soontoe gaan...as wat hy dit van my wegsteek en dit 'n groter ding raak as wat dit kon gewees het. Byt eerder op my tande of gooi hom met 'n ding en dis uit in die ope, ons altwee weet waar ons staan en volgende keer kan jy dalk moontlik tot 'n middelpunt kom of mekaar verstaan - as wat 'n lelike ding sy kop uitsteek op die verkeerde tyd. Is ook beter vir die verhouding om eerlik te wees, nie waar nie?

Maaaar as ek MOET kies, sal ek dit nie like nie, maak nie saak hoe cool mens daaroor probeer wees nie.

No comments: