Monday, February 26, 2007

Stripclub chatter

Girls ek weet nie of julle soos ek is nie...maar ek is nie te keen op die idee dat my boyfriend/man strippers gaan besoek nie. Ek het nou al probeer dink hoekom 'n man wat 'n pragtige girl het na so plek toe sal gaan? Voel hy dalk hy sien nie genoeg van 'n groot variety "toefies" nie...of is dit maar net 'n entertaining drink?

Kyk die mening wat ek lewer gaan heeltemal anders wees as die mening wees wat 'n man lewer wat graag sulke plekke besoek...My mening is as volg: Ek dink mans gaan soontoe om wanted te voel, om te voel ander girls is mal oor hom, hy voel soos 'n koning want sexy girls met kaal toefies maak of hulle van hom hou! (Ek sal weet hoe dit werk want ek is 'n girl! Ek het al baie gemaak of ek van iemand hou om sy geld te kry! Gelukkig nog nie my klere uitgetrek nie - dan lag ek my gat af na die tyd en dink...jou dom drol). Maar dan weer wie gaan anyway nou nee sê vir so experience?

'n Man wat soontoe gaan se mening sal seker wees: Ek gaan want dis 'n fun night saam die ouens. Dis anyway nie so erg nie. Ek soek anyway nie iets wat ek op 'n skinbord kry nie. Maar ek hou daarvan om vir borste te kyk.

Dis hoekom ek dit goed gedink het om my goeiste seunkie maaiki die volgende vraag te vra:
"Hoekom dink jy word vrouens jaloers as hulle boyfriend/man na 'n stripclub toe gaan?"
Ek het hom juis gevra want hy is 'n man, 'n baie eerlike mens wat baie objektief dink.

Hier volg sy antwoord:
Oor die strip clubs. Dis heeltemal te verstane as ander dames jaloers raak. Dit gaan maar oor jaloesie/insecurity ens. Jy wil mos nie hê jou man moet gaan kyk hoe 'n vrou (wat 10 teen 1 mooier is as jy) haar boobs en kaalgeskeerde toefie in sy gesig rondswaai nie. Ek was nou die eenkeer daar en behalwe vir hare op hulle koppe en hoëhakskoene het hulle fokol aan nie. En hulle is hier in jou gesig. Dan is dit nog nie eers 'n lapdance nie. Met daai is sy all over jou. Het nog nie self een gehad nie maar ek hoor sy vat aan jou, sit jou hande waar sy weet jy wil dit sit (net partykeer, as sy rerig 'n slet is) en dis baie fisies. En daar kry enige warmbloedige man hout. En wil jy hê jou man moet daar sit en 'n horing kry en iemand begeer wat nie jy is nie? Nie almal is game daarvoor nie. Jy wil mos hê hy moet al daai gevoelens net met jou kry. Al kyk hy net en doen niks nie. Dis baie gevra want die vroulike spesie is die moooiste ding wat ooit geskep is. Wat ook dalk bydrae is dat meeste chicks nie 'n clue het wat daar aangaan nie en daai onsekerheid is dalk net te erg. So hulle freak maar eerder uit. En nounou wil hulle hê jy moet doen wat daai chick om daai paal gedoen het. Ek weet nie jong. Die seksuele is 'n anngename dog complicated affêre. Maar wat weet ek nou.

Obviously weet hy baie meer as wat hy dink...want persoonlik dink ek dis presies hoekom girls jaloers raak. Jy wil nie 2de beste voel nie. Is jou boobs en jou toefie dan nie goed genoeg nie?
Of like jou boyfriend/man die rush net baie meer as wat hy die rush like wat hy by jou kry? Of miskien wil hy net variety sien. Ons kannie seker nie van mans verwag om net 3 toefies te sien by die tyd wat hulle doodgaan nie...En wat as jy begin strip...sal jou boyfriend/man ook dan nie omgee nie?

Maar wat weet ek nou?

HOERY vir Teaze-hers!!!!!!!!!!

No comments: