Wednesday, February 07, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se Meet 'n Maaiki is so oulike, mal, kreatiwe doggertjie wat ek ontmoet het toe ek by Ogilvy gewerk het (toe ek gestrand was daar in SA), so sy is 'n nuweling in my kring van Kokkelolle. Welkom nuweling.

In die paar maande wat ek vir sussa ken, kon ek die volgende opsommings maak: Sy het 'n baie goeie hartjie, 'n liefde vir kuns en is goed daarin, 'n funky ma met tattoos, 'n suksesvolle boyfriend (sorry ouens...), het nogals 'n stewige brein, dink graag aan ander mense, goeie sin vir humor (seker al die POT van Potch wat nou inkick), goeie selfbeeld, verjaar in Desember, bestuur in dieselfde manier as ek, laaik YOGA (O, fok lees die artikel oor YOGA), hou van Starbucks al het sy dit nog nooit gedrink nie, weet waarheen sy oppad is, iemand wat jy 3uur in die oggend kan wakker bel en sy sal vir jou reguit sê FOKOF jy is gesuip, jy weet dit, gaan drink water en is 'n kak goeie tjomma!

Ek stel aan julle voor...

Volle naam: Annamé Boshoff. Noemnaampies: Annamie, Ann. of Annamerie. Die souties neig om my Annemé (Animei) te noem.

Lokasie: Ek word aangetref in Fourways-Bryanston-Johannesburg area, maar kom oorspronklik van die plek met baie pot...Potchefstroom.

Stickhorsies:Mmmmm, as mens in Joburg bly het mens nie rerig baie perdjies nie, die spasie is bietjie klein...tensy mens werk as 'n horsie sien?? Andersins...(krap kop), ek illustreer so elke nou en dan, spandeer graag tyd buite met my honde, hang in die Gym rond (sad, sad Joburg stokperdjie....)en eks lief om te Yoga.

Gunsteling toiletspray en geur: Glade het 'n nuwe een uit, ek dink die ding se naam is "Fresh Linnen", dit ruik, en beskryf homself as, Wasgoed - vars gewas en gedroog deur 'n sagte briessie. Dis 'n "Room Freshner", tel dit? Tensy jy Strawberries & Cream verkies na 'n lekker spicy maaltyd by een of ander dodgy plek? Don't think so...

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Mmm...Eks redelik oopkop oor baie dinge, maar gewoonlik mense wat treurig is, en my hare wat uitval.

As jy absoluut fokkol gehad het. Jy het net R5 in jou hol, want jy het nie 'n broek nie, wat sou jy daarmee gedoen het: Ek sou dit gehou het om toerkies daarmee te doen vir geld, soos Now you see it, now you don't. Maar as iemand 'n geweer teen my kop druk om iets daarmee te doen, sou ek dit...defnitief vir hom gee, is jy mal, hierdie is SA!!

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Weet nie rerig nie, miskien Stitch van Lilo en Stitch...Hy is 'n genetiese eksperiment en word beskryf as sterk, maar slim, soms verwoestend en eintlik soek hy net liefde. Komaan, wie wil hom nie wees nie? Ek het bietjie rondgevra wat ander mense dink...of Didi. Sy is nuuskierig, opsoek na iets om uit te snuffel, stout en sy weet gewoontlik meer as wat sy krediet voor kry!!!(Ek weet nie...tricky een.)

Size of the boat or motion of the ocean: Motion of the ocean.

Hoe fight jy crime in SA: Ek stop 2 karre weg van die kar voor my, sluit my deure, bere my handsak onder my bene, bly in sekuriteitskompleks, o , wag, dis nie Bevegting nie...Mmm, ek kom al die reels na wat ek dink ek moet...behalwe dan natuurlik my TV Lis-ênce, wie gee in elkgeval om.

As jy saam 'n politikus moes skinny dip, wie sou dit wees en hoekom: Saddam Hussein. Hoekom? Want dan het ek alleen geskinny dip...of ernstig, Helen Zille. Hoekom? Dink sy sal 'n paar interessante stories he om te vertel...sy lyk nogal snaaks. of J.F. Kennedy. Hoekom? Ek sou dalk te jong gewees het vir hom, maar dalk nie vir sy seun nie. Hu? Hu? (Of dalk, wag...)

Wie in jou opinie is die uglyste bekende persoon ooit: Anna Nicole Smith

Wat dink jy van die Blood Diamond saga: Hu? Kry mens dit by Builders Warehouse? Moes ek die movie gekyk het? Hu?

Hou jy van Starbucks koffie: Ha Ha. Ekt nog nooit gehad nie.

Beskryf Jenni in 1 woord: Verveeld

1 comment:

Anonymous said...

And now Anna Nicole Smith gets sued for being in the commercials?

This is another example of why our courts are so clogged with crap. Someone didn't "magically" lose 500lbs after taking the pills so they see this as a potential big payday. They get some lawyers to throw lawsuits at everyone and everything and see what "sticks".

Anyway, those diet pills sure worked for Anna! You forget how lovely she looks when she not so heavy. Do a Google search for her or visit one of those video dump sites to see how she looks now and before she got fat. Gorgeous. Another site to see Anna Nicole Smith nude after she lost all that weight is at http://www.freepornvideos69.com (NSFW).

The site overall s NSFW, but the Anna stuff is all glamour type (softcore). Probably something she released to show how good she looks now.

She is stunning.