Wednesday, February 07, 2007

Die benefits van Yoga

Kyk ek is 'n persoon wat nou nie graag moerse exercise nie. Alhoewel ek moet admit dat ek die laaste ruk bietjie my gat in rat begin kry het, fiets begin ry het en so elke 3 de aand op my rooi matjie daar in my sit/eet/openplan design/leefspasie/area/kamer so paar strek oefeninge doen en myself verbeeld ek doen Yoga.

Dis baie ontspannend, my groot toon kry gereeld 'n kramp, my binnegoed word fikser en ek voel soos Rocky (die scene toe hy bo by die trappe uitkom)! Maar ongelukkig na vandag gaan dit alles verander...Nou gaan ek my Yoga-like oefen programmetjie moet afskaf want na die 2de strek gaan ek miskien moet kotz! En dis alles Anoniem se skuld...

Kyk ek sien myself as 'n redelike open minded persoon (miskien is ek nie eers nie, wie weet)...anyway maar na ek die seks rubriek gelees het was ek bietjie geruk...en ek blame dit alles op Yoga. Want hoe anders dan?

Of miskien is ek heeltemal verkeerd en uninformed en weet net nie dat this is what actually goes down in the real world nie (sorry vir die pun).

Hier volg die stukkie rubriek (ek het gecopy en paste...so belowe dis wat regtig daar staan):
SEKS Selfbevrediging Marthie van Zyl
Mon, 05 Jun 2006

Anoniem skryf:
"Eersten baie dankie vir 'n puik rubriek.
My vraag gaan dalk vir jou na 'n wolhaar storie klink (ek self kry skaam daaroor). Ek is 'n baie bevoorregte (of gestrafde) man, in die sin dat my penis baie lank is, 'n hele 24cm met ereksie. Ek het 'n tegniek ontwikkel waar ek (met bietjie moeite) myself oraal kan stimuleer. Ek is absoluut gek daaroor, en bring myself gereeld daardeur tot klimaks. Ek is gaande oor die smaak, en sluk die kom (jammer, ek kan nie aan 'n ander manier dink om dit uit te druk nie).
Is daar fout met my? Kan dit dalk beteken dat ek gay is? Is daar gesondheidsrisiko's aan verbonde?"

Marthie van Zyl

LUCY YOU dit is al wat ek so vinnig aan kan dink om te sĂȘ............

Nee, geen risiko, kom is skadeloos en heel veilig om te sluk. As jy geen begeerte het om ander mans oraal te bevredig nie dan is jy nie gay nie, maar as jy fantaseer oor ander mans en orale seks, dan sal ek wonder of jy nie moontlik gay mag wees nie, net jy sal dit kan beantwoord.

Geniet jouself (letterlik...)

Sien Tannie Marthie se rubriek kan jou ook dalk 'n paar dinge wys maak.

Gaan hier vir Marthie se rubriek plesier

No comments: