Monday, February 12, 2007

Aiiiitsa jou Yster!

Is jy een van daai fuct-up mense wat nogal baie moeg word...jy sit nog so voor jou kakkerige rekenaarkie en toe ewe skielik tjorts drule jy op die keyboard. Of jy sit/lê nog so voor die tv en bekyk die latest Eish Wêna sake wat aangaan en toe tjorts drule jy op die kussing...ok dit mag ook dalk wees omdat meeste van die sake kak boring is...anyway terug by die moegheid.

Miskien vind jy ook nou die laaste ruk dat jy nie meer alles so lekker kan onthou nie. O gids dink jy by jouself...hoe het ek gister aand by die huis gekom? Ooops nee sorry dis die drank een....ok wag laat ek 'n ander voorbeeld gebruik..uuhhmmm, O ja, vergeet wat daai donnerse movie se naam is wat jy so graag wil kyk, of lees 'n boek en sodra jy hom neersit het jy klaar vergeet wat nou weer in hom gebeur het of erger vergeet jy jou ander helfte se ouma, sussie, hond of boetie se naam...

Dan laastens, het jy al gewonder of jy dalk bietjie vertraag is? Bietjie stupid? Jy konnie lekker regkom met daai kak optel en aftrek sommetjies van Gr. 2 nie, jy het ook nie die periodieke tabel fokken lekker gesnap nie...jy dog dis mahjong en miskien het jy ook die pot heeltemal raak gesit toe dit by learning difficulties kom.

Maar ek sê nou vir jou mannekie en juffroukie...vergeet van al daai trauma wat jy moet deurmaak as suigeling, kleuter, Gr. 1'kie, tiener, jong volwassene of nou volwassene...jy is nie fokken stupid nie, jy het nie 'n drule probleem nie en Alzheimer's is nog 'n long bus ride away! Jy het dalk net 'n tekort aan een van die vital nutriënte wat mens kort om lekker te function - genaamd YSTER!

Ja maaikies! As jou liggaampie wat Liewe Jesus en sy kabouters gemaak het nie genoeg YSTER inkry sodat jou hemoglobien lekker werk nie, gaan jy bietjie afkak. Kyk hemoglobien is mos nou daai rooi pigment in jou se bloed, en die transport O2 rond in jou se lyf, en ons almal weet wat gebeur as jy nie genoeg van daai kry nie.

So, moral of the story is - as jy wil slim kinders hê wat nooit moeg word of vergeet om jou lief te hê nie moet jy:
- Soveel moontlik steaks en tjops braai want rooivleis is die grootste YSTER provider van die
kossies at jy eet
- As jy sukkel met bogenoemde kan 'n aanvullertjie in 'n pil vorm ook van toepassing wees!

As jy 'n vegetarier is, is jy in die kak ou maatie...plus jy gaan kak stupid kinders hê.

No comments: