Wednesday, February 21, 2007

Carbon wat...

Ok right, ek weet ek is nie altyd reg met alles nie en partykeer kan my opinie bietjie oë laat rol maar ek dink meeste van ons sal saamstem dat 90% van pommies dink hulle is baie fokken slim. Ja ek moet hulle krediet gee daar is nogal baie van hulle wat actually die inns and outs ken...maar dis die ander 10%. Hier is my punt...

Vanoggend oppad werk toe loop ek lekker jolig in die beknopte bekotsde straatjie af in Putney en maak toe gou sommer 'n draai by my local Tesco. Daar gewaar ek toe pragtige, ronde, gras groen druiwe korrels wat daar op die rakkie lê en vir my skreeu...Eet ons Jenni...eet ons. Ek dink hulle het so hard geskreeu want hulle was bang 'n vuil Europeur wat nie sy tande geborsel het nie koop hulle en niemand wil so doodgaan nie. Toe gewaar ek ook op die verpakking dat hierdie sappige, pragtige, gras groen druiwe korreltjies al die pad van my moederland SUID AFRIKA af kom. Toe voel ek sommer mos patriotic ook en begin Inkosi in die ry by die til sing.

Ek het skaar my gat op my kantoor stoel neergesit en my druiwe so mooi op my tafel uitgestal toe 'n donnerse pommie alweer soos 'n brommer om 'n drol by die druiwe is...En toe die dreaded vraag..."Where are they from?"....Ag fok toe is ek in die kak...

Meeste van julle het seker al gehoor van "Carbon Footprints". Nou vir die dom drolle, dis hoe hulle die carbon dioxide (bad gasse) meet wat elke land in die wêreld produseer deur fossil fuels. Lately is dit nou die hotste topic in London want die Queen het nog nie weer in haar neus gegrou of perongeluk aan tafel gepoep nie.

So dit meen elke stukkie kos, klere, aparaatjie, prostutiet of Suid Afrikanertjie wat ingevoer word Engeland toe, 'n kakhuis vol carbon footprints agter laat...Anyway om 'n lang storie kort te maak, na ek toe die pom 'n PK gegee het en verduidelik het dat Engefokkenland nie druiwe produseer nie, en ek nie op aartappels en wortels kan lewe nie (dis al wat hier groei)...kon ek maar my druiwe gaan afspoel en lekker rustig eet.

Ek stem wel saam dat elkeen van ons net 'n bietjie moet probeer minder carbon footprints te los in ons daaglikse lewens. Moenie jou kar gebruik as jy liewers kan fietsry nie, moenie vlieg as jy kan kar ry nie, recycle, moenie water mors nie, moenie papiere en plastiek rondgooi nie, sit die ligte en toerusting af as jy dit nie gebruik nie - volg net jou common sense en die wêreld sal oraait wees.

Dis anyway nou te laat om my uit te kak oor 'n paar druiwe...die osoon is klaar in sy moer!

No comments: