Friday, February 16, 2007

De larey

Soos ek aan die begin gepromise het - ek sal enige artikel, gedagte, gediggie, skryfstuk of kunswerkie op my blog post want ek glo in freedom of speech. So hier gaan ons...

Riaan Hepburn; SA

Die reaksie op die liedjie van MNR BOK VAN BLERK laat my bloed sommer kook. Ek lees elke artikel wat ek kan oor die sanger oor die afgelope maand en meeste van dit is net negatief. Die mense wat negatief reageer oor die liedjie De larey verstaan fokkel in die eerste plek nie. Die liedjie in my oë vertel 'n storie van 'n genaraal wat die Boere gelei het met trots en was 'n voorstander vir vrede. Ons het weer so leier nodig vir die Boere wat nie te bang gat is om op te staan vir ons taal en REGTE nie.

Die ou vlag wat al hoe meer begin rond waai beteken nie ons wil oorlog maak of weer in die ou Suid Afrika bly nie maar wel dat ons nie meer skaam is om Afrikaans te wees nie. Ek gaan vir my 'n ou vlag koop want dood eenvoudig voel ek dat daar nie 'n toekoms vir Afrikaans onder die nuwe vlag is nie.

Ek is trots AFRIKAANS en is glad nie 'n rassis nie en realiteit is dat dit nie net altyd Afrikaans wit mense is wat rassisties optree teenoor ander nie.

No comments: