Friday, February 23, 2007

Meet 'n Maaiki

Ag jitte julle...die week se kokkelol is darem maar 'n maaiki so na aan my hartjie. Ek het die maaiki ontmoet lank lank gelede in kabouterland...so vyf jaar terug. Die maaiki is een van die mense al wat ek regtig met my lewe sal vertrou en ek dink ons almal weet daar is nie so moerse baie van hulle nie, en dit help ook nie dat die rooi en wit sirkel tubes op die bootjies ook nie meer werk nie. Ons kokkelol hier is 'n regte entrepreneur en run al so paar besighede, charities, braai's (ja hy is baie entertaining by social gatherings) ens.

Ek het al baie by die maaiki geleer...van sterk koffie maak tot hoekom Liewe Jesus ook my maaiki is. My maaiki het 'n baie goeie hart, wil graag mense help wat drugs te veel like, ek dink hy het 'n photographic memory maar kan dit nie confirm nie en ek weet hy sal ook nie admit nie, slaap graag, kan lekker lag maak nie saak watse dag van die week dit is nie, is altyd vriendlik met my, is nog nie getroud nie (so girls...laat my weet), hy het 'n vet varkhond en hou van motorfiets ry (ek dink hy het 'n roadster...maar ek is nie seker nie), o ja en so af en toe bergklim...as Andries hom bribe!

All in all dink ek die maaiki sal altyd deel van my kring van kokkelolle wees...tensy hy oorskuif na die driehoek van drolle toe.

Ek stel aan julle voor:

Volle naam: Lodewyk Johannes Johnson

Noemnaampies: Mannetjie (lank terug), Lou, Johnny, Beesblaas, Bokbek, Mr J.

Lokasie: Biltongetjie. O of Midrand.

Stickhorsies: Drug rehabs en slaap. Mal vir slaap.

Gunsteling Toiletpapier: Enigiets wat my aan Labradorpuppies laat dink en nie bleach bevat nie.

Wat irriteer die K@K uit jou uit: bleach

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Niels Holgerson!! Onthou iemand hom nog? Hy's 'nn leprechaun gekielie wat hom toe verkleineer het en toe ry hy voëls tot hy by die huis kom en sy ma en pa is almal weg met sy games en goed. Dit het my siel geruk to ek 7 was.

Maak 'n statement wat mense sal laat dink: Jy kannie appreciate wat jy judge nie.

As jy 1 dag in iemand anders se vel kon wees, wie en hoekom: Geen voorkeure nie; kom ons sê maar Donald Trump. Net om vir 'n haircut te gaan.

Het jy al iemand gemoer...wie...hoekom: Ja. Vir Christie van der Westhuizen in Standerd 4. Ons het afskryfsokker gespeel op die A-veld en ek het hom getrip (volgens die reëls mag jy as hy binne sigafstand van die bal is). Hy was nie happy nie en het kapsie gemaak deur sy vinger in my neus te druk. Ek rol hom toe maar, maar nie te hard dat ek 'n reputasie moet kry nie (ek is versigtig daarvoor). En dit was dit.

Wie in jou opinie is die domste drol: Oooo dis so maklik om een te kies, maar ek kan ook maar maklik die grootste putty van die paartie wees. Kom ons sê maar almal wat nie iemand 'n kans gee nie en self nie die kans gebruik nie.

Dink jy dis lelik om iemand 'n koelie te noem as hulle van Indiese afkoms is: Ja, maar dis steeds beter as Mr. Dockrat.

Het jy al langs die pad gepiepie...lig ons bietjie meer in: Ja. Ek was Dinsdag by die werk en oppad toilet toe, wat hier verby die coffeestation loop wat oppad toilet toe is. So diep ingedagte was ek, dat ek stop by die urn en begin zip aftrek. Gelukkig gestop voor dinge lelik kon raak. Niemand het my gesien nie maar Maggie die teetannie maak nou heeltyd grappies van "Hey ta, kyk daai deng!"

Wat is jou grootste vrees: Dat ek uitgevind gaan word.

Wat dink jy van die Blood Diamond saga: Is daar 'n saga? Lohan kyk mos byvoorbeeld nie genoeg fliek nie.

Beskryf Jenni in 1 woord: Kannie. Daar's nie 'n woord nie. Kan ek een opmaak? Pragstunning!

1 comment:

Anonymous said...

Ek het gewonder.....ek ken iemand wat belangstel om jou meet 'n maaiki van die week te ontmoet. maar sy hou nie van bergklim nie en wil weet hoe oud hy is