Wednesday, February 14, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se begaafte persoonlikheid heedt nog 'n freak wat ek ontmoet het in my werkswandelings. Eintlik om eerlik te wees het ek 10ure van my dag in sy oulike ernstige gesiggie vasgestaar vir 'n volle 3 maande, so ek kan hom al uit my kop uit teken.

Hy is 'n moerse intellegentlikeste oukie so ek vang nie altyd sy grappies nie, maar ek lag maar dan lyk ek ook slim. Hy is 'n goeie maaiki wat elke oggend saam my werk toe gery het of vice versa, hierdeur het ek ook opgesom dat hy nie van traffic hou nie...glad nie...hy hou soveel van traffic soos ek van donkie-kak om my brood hou.

Hy speel graag air chello as hy en oom Elkehol lekker kuier, hy laaik dit as koekkerige meisies sommer uit die bloute uit om 'n braaivleis vuur, in die middel van 'n geselskap begin melodië sing en hy hou van ham en kaas broodjies. Ek dink ek en my maaiki kom so goed oor die weg want hy versamel baie spelfoute en ek maak baie - dis wat maak dat die wiel aanhou draai.

Hy het my gelaatweet hy gaan trou, my nooi na die troue toe, op honeymoon gaan, terugkom, petrol in sy kar gooi, gaan uiteet, dan Engeland toe kom saam sy vrou sodat hy wat 'n copywriter is (o nogal 'n goeie een ook hoor) saam my wat 'n art director is, 'n creative team vorm en dan gaan ons by Ogilvy London werk...ek wag nog...o en soos julle sal sien by die laaste vragie - sit hy my obviously op 'n pedestal as dit by vriendskap kom...dus sien ek nog lang vriendskaps jare voorlê!

Anyway ek stel aan julle voor 'n kreatiewe kokkelol van my kring-van-kokkelolle:

Volle naam: Johannes Jacobus Nicolaas Albertus Stephanus Lodewikus Jacobus Hendrik Cornelius Botha. (My ma het nie geweet wie my regte pa is nie, toe gee sy my maar al haar boyfriends se name. Obviously was daar 2 Jacobusse.)

Noemnaampies: Nico, Nic, Tjommie, Clutchleg, Wenner, Hero en Yogurtvoël vir my vriende

Lokasie: Sharpville het die mooiste chicks. Ek kan maar net wens. Vir nou moet ek maar tevrede wees met Ferndale, Randburg.

Stickhorsies: Ernstig wees, mooi sit, fotografie en enige iets met balle. Ook kranige versamellaar van spelfoute.

Gunsteling Toiletpapier maak: Alhoewel dit baie sag is, gril ek vir die
klein hondjies op die klein hondjie toiletpapier se part. Kan jy jouself
voorstel wat hulle daagliks deurmaak? Die whale se moer.

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Oumense wat stadig voor my loop in die
mall en mense wat my vals beskuldig. Ek verloor dit.

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Lucky Luke.
Hy dra die broek. En sy hond is die coolste een op aarde.

As jy lunch saam met Thabo kon hê watse 3 vrae/statements sal jy vra/maak:
1. Wie de fok is jy? 2. Wie noem sy kind Thabo? 3. Kon jy nie 'n
ordentlike job kry nie?

Wat is die stoutste ding wat jy al ooit gedoen het en was jy gevang: Dis net stout as jy gevang word en ek is nog nooit gevang nie.

Wat doen jy met jou toonnaels wat jy afknip: Ek gooi dit in die soutpot. Dit hou die sout baie droër as ryskorrels.

As jy een ding van die vroulike geslag kon verander wat sou dit wees en
hoekom:
Ek weet nie. Julle is almal pragtig. Wat van 'n derde boob?

Sal jy met Yvonne Chaka Chaka slaap vir geld:
Net as sy drie boobs gehad het. En ek het ook nie genoeg geld nie.

As jy 'n liggaamsdeel moet skenk vir muti wat sal dit wees and why:
Ek sou my hele liggaam skenk. Die geheel is meer as die som van sy dele. Alles of niks.

Wat is jou grootste vrees:
Hoogtes. En ek is nogal lank so jy kan imagine deur watter tipe trauma ek elke dag gaan. Dis verskriklik verskriklik.

Wat dink jy van die Blood Diamond saga:
Ek dink diamante is overrated en bloed is underrated. Maar Di Caprio het die aksent baie goed gedoen, broe.

Beskryf Jenni in 1 woord:
Jenni wie?

1 comment:

katharine said...

what about if she just had a third nipple?