Sunday, July 01, 2007

Maaiki van die week

Die week se kalant van die strand is doggerkie wat ek een baie dronk aand op 'n balcony in my woonstel kompleks ontmoet het. Sommer van aand een af het ons begin kak maak en die lewenspad saam het net afdraande gegaan van toe af. Jul weet in wetenskap gooi wetenskaplikes baie keer nie sekere goed saam nie, want dit maak 'n moerse ontploffing...wel ons is daai bestandele. Kyk as ons saam is gaan slaap ons boyfriends sommer direk want hulle weet wat op hulle wag.

Ons sal nie bed toe gaan voor ons elke Fokofpolisiekar laserskyf gespeel het nie, elke Huisgenoot Skouspel DVD gekyk het en elke bottel met 'n persentasie uitgedrink het nie...o en nie eers om te praat van sing en dans daarby nie. Ek weet vir 'n feit ons sal die BESTE fokken singstar team OOIT maak!

Anyway die doggerkie is so diep uit die Otto'sdal distrik uit, vars vannie plaas af! Ja die tannie melk nog graag koeie...o en ander dinge, sy is nie bang vir 'n boomslang nie, tensy dit in 'n broek voorkom en sy sing graag ons land se volkslied vollebors op 'n bar stoeltjie.

Sy wax ape vir 'n lewe (skoonheids terapeut), sy lag so diep en lekker uit haar maag, maak altyd die beste van 'n kak saak, lewe elke dag volheid, is op vir 'n moerse experience enige tyd,sy moet so bietjie aan haar Engelse tenses werk - ha ha, sy judge niks voor sy dit nie self getry het nie, sy is baie STOUT!, sy het al 'n soogenaamde Bok gevry...eeeuuuuuwwww (mag ek dit gese het?), sy het vir Noel Gallagher van Oasis oorreed om 'n foto saam haar te neem!, sy is baie lief vir haar familie en vriende en sy gaan haar eie charity begin wat skoene aan minder bevoorregte kinders besorg.

All in all is sy regtig net 'n great mens, nie judgemental nie, dis hoekom sy in my Kring van Kokkelolle is!

Ek stel aan julle voor:

Volle naam en van: adel groenewald

Lokasie: towerbridge

Stickhorsies: lewendige perde,lewendige ouens,lewendige partytjies,die versameling van pos-seels en servette.

As jy moes kies of hulle jou groot toon of jou pinkie vinger moet afsny om iemand se lewe te red...watse een sou dit wees? dit hang af waar die ander persoon dit gan vaswerk.

As jy jouself in die spieel sien, wat dink jy? wats JOU naampie

Wat is die malste ding wat jy al gedoen het? met n bok gestoei

Wat irriteer die KAK uit jou uit? alles as ek in n kak bui is,mar soms irreteer ek myself ok maar. maar as mense op die trein kots dan verloor ek dit heeltemal.

Wat doen jy vir 'n beroep en wat haat jy die meeste daarvan? beauty therapist, om aape te wax.

As jy enige dier kon wees wat sou jy wou wees en hoekom? n tier,hulle is mooi en ook baie sterk.

Sal jy liewers met Tony Blair of Gordon Brown slaap vir 'n 5 jaar visa vir die UK? definitief tony,sy seun is noggals lekker,sal dan later daar inbeweeg.

As jy 1 ding sou kon verander wat sou dit wees en hoekom? aparteid.sou ons boere baie kak gespaar het.

Wie in jou opinie is die domste drol? ek se nooit mense is dom nie.

Wat mag mens glad nie sĂȘ terwyl jy seks het nie... jy kan ma enige iets vir my se,moet net nie poep nie.dans ek nie meer lus nie.

Wat is sover die hoogste hoogtepunt in jou lewe? my hele london ervaring en die great mense wat ek hier ontmoet het.

Is jou een tiet groter as jou ander een? nee,altwee my tieties is ewe groot,en redelik groot.

Het jy al soos 'n man gestaan en piepie. As jou antwoord ja is, waar en hoekom? natuurlik het ek,ek kom van die plaas af.dit was in die stort want ek koni meer knyp nie,mar dit was by iemand anders se huis by wie ons gekuier het.

Wat dink jy van Hitler? en dink jy Hitler en Charlize Theron sou 'n goeie paartjie gemaak het? ek dink hy was n mal doner,mar ek wens hulle was n paartjie,benoni sou n beter en veiliger plek vir sy inwoners gewees het.

Beskryf Jenni in 1 woord: jamsie

No comments: