Sunday, July 01, 2007

Is jy dalk 'n KK?

Dis Sondag oggend, bewolk, ek sit met 'n lekker warm romerige koppie koffie in die hand en luister na Glaskas op my Xbox. Vir die van julle wat nou nog nie 'n deurtjie aan die grot gesit het nie, Glaskas is een van SA se jong, nuwe talentvolle bands. O en hulle is nogal goed ook hoor so gaan koop gerus hulle laserskyf. Anyway terug na my storie toe...

In een van hulle lirieke admit die lead singer - "konserwatiewe mense maak my GATVOL." Net daar sonder twyfel identifiseer ek toe 100% met hom. Ek het nog altyd gewonder hoekom my boude partykeer so opblaas, ek dog dis al die kak wat ek eet, maar toe sit ek een en een bymekaar en kom eintlik agter dis omdat konserwatiewe mense my GATVOL maak! Kyk ons almal is tot 'n mate konserwatief op sekere vlakke van die lewe, maar dan kry jou nou Jan fokken Kakiebroek wat die woord konserwatief nou na 'n heel ander level vat!


Ek sit noudie dag in 'n gesprek saam 'n groepie mense (sal nou nie name noem nie, want die konserwatiewe siele in daai groepie gaan nou weer fokken flip as hulle hoor ek stem nie saammet wat hulle se nie) en wonder so saggies bymyself...hoekom doen ek dit aan myself? Een van die siele in die groepe het beweer dat Koos Kombuis se musiek kak is want hy is dan' n boemelaar...'n ander kannie glo dat ek die woord POES met mening gebruik nie. Ek het dan een, so hoekom de fok nie?


Het ons dan nog nie ons ossewa's in die kas gestoor nie? Dra ons nogsteeds hoede kerk toe? Glo ons nogsteeds ons gaan hel toe as ons nou 'n tattoe het? When are we gonna wake up and smell the Martini?


Kyk ek gee glad nie om as mense hulle eie opinies het nie. Almal mag sy eie dientjie sing met trots. Maar wat die KAK uit my irriteer is as ek deur mense omsingel is wat net hulle EIE fokken dientjie wil hoor en nie eers die decency het om iemand ander se dientjie op die Xbox te sit nie. Die tunnel vision het so oorgevat dat as hulle in die oggend opstaan weet hulle klaar dit gaan 'n kak dag wees.
Ek het ook al agter gekom dat sulke mense nie regtig baie vrinne het nie en uitmis op great dinge van die lewe want hulle het klaar hulle mind opgemaak voor hulle nog enigiets experience het. Ek het hierdie wesens nou gelabel as KONSERWATIEWE KALANTE, aka KK. Dis nou nie baie mooi van my nie ek weet, maar hulle kan my ook maar label ek gee nie om nie...ek dink hulle het al klaar anyway.

Ek gun almal die kans om te wees wie hulle is en wie hulle kies om te wees, en ek weet dat die KK's tyd saam ons gaan deel, en dis fine. Almal het sy plekkie in die son...solank jy net nie my son overshadow nie sal ek nog om een vuur met jou kan sit.
Sit nou lekker terug in jou kantoor of studeer kamer stoeltjie, draai soe drie keer in die ronte, analiseer jouself en besluit...Is jy dalk 'n Konserwatiewe Kalant?

No comments: