Monday, July 23, 2007

Hoe rate jy die crime?

Suid Afrika is moerse diverse plek. Ons het 11 offisiële tale, moerse baie verskillende kulture en rasse en baie fokken weirdos...Daar is ook nie baie dinge waaroor al hierdie diverse mense van ons land sal saamstem nie. Maar ek dink as ons nou die aap uit die mou laat sal meeste Suid Afrikaners saamstem dat crime rate heeltemal doners out of control is! Behalwe natuurlik Thabo en sy gang...maar in my ogies is hulle nie Suid Afrikaners nie...nee hulle is meer die angels from hell tipe.

Anyway so daar het ons nou punt 1. Die crime rate het sy gat gesien. Ek is eintlik vreeslik verbaas dat mense in SA self nie meer doen nie. Ek bedoel nou nie elke jan trap en sy fokken maar moet paar criminals aan hulle balls ophang en dink hy/sy is die FBI van die Vrystaat nie. Maar mens kan by die basiese begin soos protests.

Ek sien nie regtig moerse baie optogte teen crime nie? En ek wonder gereeld maar hoekom nie? En as jy nou een van daai mense is wat dink - ag fok wat gaan 'n optog anyway help...dan kan jy gerus maar bietjie research gaan doen op te kyk hoe suksesvol protests in die geskiedenis van die wêreld actually was. Slegs 4 African-American studente het in die sestiger jare dit reg gekry om "segregated public places" weg te vat in Amerika. (Ja die donners het ook apartheid gehad - nou maak hulle of alles die Afrikaners se donnerse idee was!)

Toe ek hoor van die "March against crime for South Africa" het ek almal gemail wat ek ken in die UK en seker gemaak ek lok hulle met goeie wil en Savannah Dry! Ek is bly ons Suid Afrikaners in Londen probeer om so flou liggie op die "crime rate in SA" te skyn. Want so fokken min as wat ek van die pommies hou - weet hulle baie goed van human rights en uniting against everything - en osn kan dalk paar dinge by hulle leer. Ongelukkig soos ek die hele spul gewaar is dit die westerse wêreld en sy mense wat ons gaan moet help as ons van al die KAK in ons land wil ontslae raak.

Wanneer laas het enige van julle met 'n ongeslote deur gaan slaap? Of by 'n rooi verkeerslig in die aand alleen gestop? Of van niemand geweet wat deur crime getokkel is nie? Ek sê nou nie ons moet na die perfekte Utopia strewe nie, maar fok net so bietjie FREEDOM sal lekker wees. Ek weet ek is nou maklik om te praat want ek bly in Londen...maar ek het 21.5jaar van my lewe in SA deurgebring. Ek lees ook koerante. Ek ken ook mense.

Miskien is die ou klein optog hier in Londen die begin punt vir baie groter dinge. Miskien is ons as Suid Afrikaners almal besig om heeltemal fokken gatvol te raak vir die kak crime rate. O en moet ook asb nie een van daai mense wees wat alles op die goewerment en polisie blameer nie. Ja ek weet baie van hulle is redelik kak en 'n gr 2 leerling sou die job beter kon doen. Maar as jy nie self begin terug fight nie...gaan niemand dit vir jou doen nie! As elke persoon self terugfight gaan daar 40 miljoen mense in SA wees wat tergelyketyd crime fight...Dit mag dalk net 'n moerse impak hê.

Gaan hier vir optog informasie en plesier.

No comments: