Sunday, July 01, 2007

Broodjie aan altwee kante gebotter

Ok fine ek weet steel is nie reg nie...maar so is kak praat van ander mense ook nie, nie eers om te praat oor judgement pass nie.

Meeste van ons het seker al 'n paar keer agter gekom dat daar dalk 'n blikkie boontjies, of 'n bietjie mieliemeel of miskien 'n hoender boudjie of twee weg is uit ons kos kaste. Ons almal is ook groot genoeg om te weet dis nie die tandmuis of kersvader nie.
Na diep en tegniese analisering kom meeste van ons dalk agter dat dit Sophie of Bettie of watookal julle haar noem is. Mens word boos in die binnekant en ons curse en ons slaan deure toe en as ons guts genoeg het kak ons dalk vir Sophie of Bettie of watookal julle haar noem sleg uit. Maar watookal ons doen dit gebeur net weer en weer. En omdat meeste van ons van 'n redelike bevoorregte agtergrond af kom, kak ons driedubbel in ons broeke en fire dalk vir Sophie of Bettie of watookal julle haar noem.
Kom ek teken vir julle 'n ander tipe prentjie. Daar is navorsing gedoen en gevind dat meeste vroue wat as huishulp aangestel word 'n maandelikse salaris van tussen R800.00 tot om en by as hulle fokken gelukkig is R2000.00 kry. Ok kom ons doen gou paar sommetjies.

1 Brood per dag = R5.50. Maal dit met 30, want dis hoeveel daggies in 'n maand is en jy kom op 'n som van R165.00.

1l Melk per dag = R8.00. Maal dit met 30, R240.00

So nou vir 1 brood 'n dag en 1L melk 'n dag per maand kos dit R405.00. So die bedrag wissel tussen 'n kwart en helfte van 'n salaris wat 'n huishulp verdien. Soos julle ook nou weet kan mens nie op brood en melk lewe nie en dan praat ons nou nie eers van taxi gelde of klere en medisyne nie! En dan is dit ook nie net jouself na wie jy moet kyk nie.

Ek weet daar gaan nou weer 'n handjie vol mense wees wat die volgende reaksie sal betoon: Ja maar dis nie my skuld hulle werk as huishulp nie, fok BEE is dan vir hulle en teen ons, ek gee vir haar genoeg pap en melk, hulle kan mos fokken vra as hulle honger is of steel is fokken steel en kla...In my ogies as jy so houding het moet jy liewers self jou huis skoonmaak en daai patetiese salaris spaar wat ons almal anyway ons huis hulpe betaal, gebruik en sielkundige hulp gat loop soek .

Al wat ek vra is dat ons nie volgende keer so hard in ons broeke sal kak nie, moenie flip omdat jy 'n blikkie baked beans of 'n hoender verloor nie. Mense wat kos steel is honger. Ek verstaan parfuum en garage spanners steel is 'n sonde want wie wil nou 'n fokken kar regmaak wat jy in die eerste plek nie het nie terwyl jy nog lekker ruik!

Maar cut die mense net bietjie slack julle...dis nie dat hulle hulle broodjie aan altwee kante gebotter wil he nie, hulle probeer net ook maar om nie so sleg te suffer nie. Mens weet nie hoe gelukkig jy actually is om so great mens te he wat jou elke oggend met 'n smile groet al het hulle nie genoeg kos in die huis nie! Jy besef partykeer eers hoe great hulle actually was as hulle die dag nie meer daar is nie.

Niemand van ons is perfek nie, party van ons is maar net fokken honger.

No comments: