Tuesday, July 03, 2007

Label jy jouself?

Van die dag wat ons uit die baar van die moeder klim word ons getooi in daardie jaar se "latest labels". Dis nou bietjie lank terug om te onthou watse "labels" vir my voorgesit is, maar ek het so faaspesmaas dit het dalk iets van Heidi, Care Bears, Pinnocio, Strawberry Shortcake, Peter Rabbit, Mickey Mouse en dalk die Gummy Bears include.
Ek dink onbewustelik dink party ouers dalk hulle kleine bondeltjies gaan ook ouliker en meer aanvaarbaar vir die aardbol en sy wesens wees as die ou engeltjie dalk 'n Winnie die Poefie pakkie of twee aanhet.

Van dag een af word ons klaar gelabel. Hierdie is nou nie 'n indirekte sosiale label wat ek van praat nie, maar 'n klere of leefstyl label. Vandat die slim mens begin leer het hoe om items te market het die phycologically needy hierdie items begin koop. Vandag spreek van die grootste labels 'n sekere leefstyl wat meeste mense na smag. 'n Sexy paar Prada skoene, 'n paar pik swart Maserati wiele, 'n oorgroot Dior sonbril, overpriced Lious Vuitton handsak, undersized Versace panties en miskien 'n overrated en under-designed Rolex of twee - en dan lyk jy anyway soos 'n fokken krismis boom in 'n run-down shopping centre in Kommetjie.

Kyk daar is absoluut niks daarmee fout om te indulge in "brands" wat uit goeie design bestaan, omdat jy creativity embrace nie. Waar die probleem inkom is daar is vele mense ter globe wat slegs sulke "brands/labels" aanskaf omdat hulle, 1. Creatively self gefok is (dis nie hulle skuld nie), 2. Sosiaal aanvaarbaar wil wees of 3. Iets aan hulle mede deelnemers op die aardbol wil bewys.

'n Mens kan na die armste, oorlog-befokte lande toe gaan waar kinder soldate daagliks 25 000 rontes uitskiet (en hulle skiet ook nie mis nie) en die arme 12 jarige siel agter die bloed bevlekte AK47 sal 'n paar sexy Nike tekkies of Hugo Boss t-hemp dra. Want as mens so min het word status en respek, deur 'n ander man se logo/label verkry.

Gaan maak maar 'n draai in jou naaste informal settlement...ek het al baie...daar is mense sonder kos, sonder warm komberse, sonder beddens, want hulle het hulle laaste geld op daai label spandeer. Daai label wat vir hulle die respek gaan kry wat hulle actually verdien. Dis wat society hulle leer. Jy kan fokken nie bad nie, en jou tande kan geel wees maar solank jy 'n Chanel beursie het is jy die fokken shit.

Was jy dalk een van daai fokkers op skool wat vir brandlose siele gespot het? Moes jou maatjies almal cool tekkies dra, want no name brands het dit nie gecut nie? Ek wet julle meeste van julle koop nie eers vandag Pick & Pay se no name brands nie! Want daar is 'n sekere konnotasie aangeheg.

Al wat ek julle vra is skrik fokken wakker Suid Afrika. Hou op om so fokken pretensuees te wees! Die labels wat jy dra maak jou meer naak as wat jy dink, die duur kos wat jy koop het meer chemichals in as 'n suicide bommer se oorbaadjie en die "respek" wat jy ontvang as kersboom is leeg en onseker.

Op die ou einde van die dag is party materialistiese dinge net mooi, label of nie. Maar vra jouself die volgende vrae: Label jy jouself? Of is jy stupid genoeg sodat ander mense dit vir jou doen?

No comments: