Thursday, July 05, 2007

Alle 3 grapjassies op 'n stokkie...

Een leeukoud wintersoggend hurk ek en Dries so oor 'n boks by 'n stalletjie in 'n tweede handse mark in Amsterdam. Ons is in diep discussion oor die WW2 oorlogs fluitjie wat hy nou net gekoop het, toe 'n oulike ou tannetjie na ons toe draai en vrae: "Watse taal praat julle daar?" Breebors antwoord ons toe Afrikaans! Die tannie konnie uitgepraat raak oor hoe mooi die taal is nie en al wat ek vir haar wil se is - Tannie moet sien watse poes snaakse grappies en se goed ons het in die pragtige taal, nie eers om ons sin vir humor te mention nie!

Kyk, ons almal weet dat Afrikaans 'n moerse ekspresiewe taal is. Ons weet ook dat, uitsluitend nou die KK's en die DD's (droog drolletjies), ons humoristiese vlakke redelik fokken hoog is. Ons kan allerdaagse vervelige tasks so snaaks maak dat ons voor ontbyt nog in ons broeke pis.


Ek het in 'n gesin groot geword waar humor nogal belangrik was. My pa het elke dag 'n ou grappie of twee of sewentig en die res van die gesin val nie ver van die boom af nie. Ek is met humor groot gemaak en van kindspeen af het ek en my boetie soos Greytjie Appelmoes aangetrek en opgetree terwyl ons lekker disse in die kombuis bestook het soos Pro-vita's met chocolate versiersuiker...Maar ek is bekommerd.


Bekommerd oor die aantal grapjassies wat ons in Afrikaans het, wat actually die taal bevorder. As ek nou mooi terugsit en dink is daar ou Casper, Liewe Leon en Nataniel...Ek weet nie of ek vir HF Verwoerd kan include nie? Want blykbaar was sy hele lewe 'n fokken grap. Ok so ons het ons lysie...Casper, Leon en Nats. So ons het 1ste, 2de en 3de. Waar is die fokken res? Waar is ons emerging grapjasse? Hierdie drie oukies het al amal hulle 40ste B-day parties gehad julle...voor ons ons ogies uitvee is Oom Kallie Marie nie meer 'n act nie maar 'n fokken realiteit.


Waar is ons jong sarkastiese, begrapte, befokte talente? Waar is die
Matt Lucas, David Walliams, Ali G, Jonny Vegas, Ricky Gervais en Peter Kay's van Afrikaans? Miskien is dit omdat ek in Londen sit en nie kunstefeeste kan bywoon soos bv die KKNKNKNKNK en Oppiknoppie nie, dis mos waar hulle die nuwe talente 7km buite die dorp op 'n ou vervalle warm kak stagie plak met 'n audience wat bestaan uit 3 dowe tannies en 'n baba met 'n drol in sy doek.


Terwyl ons nou wag vir die emerging grappies om die res van die jassies op die stokkie van Afrikaanse humor te gaan join, moet ons maar altyd onthou om die "humor hoog te hou."


Moenie suurknol siekte kry nie, dit stain die hart en lyk uiters KAK op die gevreet!

No comments: