Friday, September 07, 2007

Sulke komentaar is vir my heeltemal aanvaarbaar

Ag dis great as mens perongeluk hoor iemand sê iets nice van jou, maar dis nog greater as jy op 'n lazy Friday afternoon 'n lekker email van 'n maaiki af kry. Jy kry sommer so warm gevoel in jou magie - amper soos die een wat jy kry as jy 'n shot mampoer drink. So warm. (Thx Lucy!)

Lucinda Jooste, JHB skryf:

Net gou so vinnig deur jou blog gegaan en ek wil darem maar net vir jou op hierdie Vrydag sê dat jy 'n flippen cool mens is!

Jy het moerse talent met woorde en ek waardeer dit baie in jou! Jy is flippen snaaks en wie kan nie daarvan hou nie!

Jy is 'n unique individual en speel 'n groot rol in mense se lewens daar buite!

No comments: