Friday, September 07, 2007

Ons is almal bietjie kommin en rasisties

En toe voor ek myself weer kon kry dans ek soos 'n slap hoer op 24/7 se "No Limit", en dit was minder as 'n maand gelede.
Maar ek worry nie regtig nie want ek weet julle almal doen dit ook. Die liedjie keuses verskil nou, ek meen party mense prefer Kurt Darren se "Loslappie" en ander dalk 'n Patricia Lewis of Nicholas Louw nommertjie (ek fokken hoop julle word doof omdat julle na sulke kak luister), nevertheless as ons lekker party dan verloor ons alle inhibitions en ons let go heeltemal. Partykeer bietjie te ver, veral as die tiermelk vloei, maar wie de fok worry anyway.

Die punt wat ek wil maak is maak nie saak hoe hard ons probeer om posh en politically korrek te wees nie - ALMAL van ons is iewers diep binne bietjie kommin en bietjie rasisties. En dis maar natuurlik want ons is net mense. Ons kom uit grotte uit. Partykeer word ek semi-naar as ek probeer dink hoe kommin word regtig kommin mense nou as hulle hulle inhibitions verloor - maar dis iets waaraan ek nie regtig probeer dink nie.

Ek is ook amper oortuig daarvan dat 90% van ons nie terughou as 'n taxi voor ons injaag en ons amper van die pad af ry nie. Ek weet julle sit nie daar en sê - "Ag jou vrot pampoen wat doen jy nou nie". En wat jy daar in jou koppie dink maak jou 'n klein rasissie. Party van ons wat minder polities korrek is skreeu dit sommer hard uit die bors uit - en die wat dink hulle is superman/woman skreeu dit dalk vir die taxi drywer self. Dan weet ek ook dat 90% van ons nie by die Oriental Plaza rondloop en ons mede ras daar Indiërs noem nie. Weereens betoon ons so klein bietjie rasisme volgens die wêreld se "Rasis Base Camp".

Weereens dink ek nie ons moet soveel worry nie. Ons is weereens maar net mense en ons het verskille en wat de fok maak dit nou saak wat ons die ou langs ons noem. Solank jy hom nie moer of skiet nie of sy selfbeeld afkraak nie is dit mos nie 'n sonde nie.

Ek dink partykeer die daar is te veel sosiale reëls in die lewe. As mens nie reg sit by die tafel nie kyk die stywe familie wat oorkant jou sit met koue uitdrukkings op hulle goedgepoeierde gesigte na jou asof jy nou net in jou bord gekak het - en dit speel als af in die donnerse Spur. Ons wil partykeer te posh vir ons eie beswil wees. En terselfdetyd bietjie te polities korrek te wees (ek is miskien een van daai).

Maar ek begin al meer en meer besef dat die goed nie regtig jou gaan gelukkiger maak, of slimmer, of mooier, of beter, of ouliker of sexier nie. Want sodra die wyn begin vloei of die bloed borrel verloor ons alle inhibitions en verander soos verkleur mannetjies op Smartie boksies.

Ons moet net aanvaar ons is almal bietjie meer kommin en rasisties as wat ons voorgee.

No comments: