Thursday, September 06, 2007

As die lewe byt, byt terug

Ons almal ken een. Meeste van ons haat hulle soort. Miskien is jy een?

Die lewe is nie altyd 'n joyride nie. Kyk meeste van die tyd is mens maar kop onder die water, baaikostuum agterstevoor onderste bo deur die hol getrek en dit gaan net rof. Ons almal hier op aarde is 'n sinkende Titanic en dan is daar alewig siele wat heeltyd op die kaptein se kop wil kak.

Daar is altyd daai 1 persoon wat verseker op jou battery pis want as jy hulle vra hoe gaan dit staan jy 47minute later nogsteeds daar en luister hoe kak die lewe hulle hanteer. Dit nog terwyl jy weet hulle het kos om te eet, klere want ander sou jy dalk nie vir hulle gesig gestaar het nie, 'n dak oor hulle kop want die hare is gedoen en is redelik gesond want so kla vat baie krag en energie en net die top fikse mense kan dit goed doen. Wat sulke situasies nog erger maak is dat meeste van ons nog te fokken chicken ook is om vir die "klakous" te sĂȘ...Shut the Fuck, shut the fuck en dan wil jy self jou eie polse sny in die middel van sessie 1.

Ek dink dis tyd dat ons begin opstaan teen hierdie mense wat altyd die kakste in die lewe sien en fokken Country & Western dagboek insetsels skryf oor die "hakskoen swik" of "gesigpoeier" traumas van die lewe. Ongelukkig moet ek ook nou by noem dat meeste van my ondervinding met die klakous tipe wel van die vroulike geslag afkomstig was. Men just get on with it - alhoewel ek ook maar so hier en daar al gehoor het van 'n ou verswikte donnerse balhaar.

Anyway my punt is dat ons vir hierdie mense moet goed laat verstaan dat as die lewe byt, byt dan fokken terug. Niemand behalwe jy gaan jou battles vir jou kan fight nie. Maak self jou toonnael reg - superglue is invent vir 'n rede. Hou op moan en byt net asseblief tog terug!

No comments: