Saturday, May 12, 2007

Sign here please

Gister oppad huis toe van die werk af sit ek op die skuttende trein en dink ok fok wat gaan ek nou doen. Sien vir die van julle wat nou al tyd hier in soutpielland spandeer het sal weet trein ritte kan nogal boring raak as jy nie iets het om te lees, aan te dink of oor te drule nie...my brein was op die tyd van die dag al oormoeg, ek dink nogal baie deur die dag, so ek het nie kans gesien of my boek oor filosofie verder aan te durf nie.

Gewoontlik as ek op 'n trien klim, veral in die middae na werk, en daar sit so verlore ou koerantjie op 'n stoeltjie of op 'n ou rug leuntjie dan maak ek of ek 'n aflos stokkie afvat van iemand af en gryp en hardloop...dis nogal rewarding veral as 77 ander wesens wat van boredom vrek vir jou agter of voorblad staar...Gister het ek gestaar.


Toe ek my weer kon kry toe dwaal my ogies so na die celeb section van die tannie langs my se koerant. Ek raak toe sommer skon excited toe ek sien Paris gat tronk toe, Kate Moss se nuwe klere reeks by Topshop is gemaak vir tannies wat soos 12jarige dogtertjies gebou is en arme Lindsay Lohan is alweer in die kak omdat sy paar pille gesluk het by een of ander music festival. Nou vra ek jou, hoekom lees ek die kak? Hoekom geniet ek om die kak te lees?


My conclusion is as volg;

Kyk ek dink elkeen van ons sou nie mind as ons 'n celeb of some sort was nie. Al is dit nou nie 'n world-wide celeb nie (dit wil ek tog asb glad nie wees nie!). Celebs het baie perks, baie meer pro asn cons sou ek reken! Hulle kry stuff verniet, mense treat hulle special, mense like hulle baie, plak posters van hulle teen hulle kamermuur, hulle kry free parking en spesiale seksies in resturante, hulle begin trends en party koekies mense gaan vir plastic surgery om soos hulle te lyk!


As mens nou na ons hierarchy of needs kyk is acceptance, love en attention sommer heel bo aan die lys! Hoekom vra ons? Sommer dommie, cause everybody wants and needs to be wanted! Dis hoe ons gebou is. Niemand van ons like dit om rejected en unloved te voel nie - dis sommer kak. En ek dink as ons nou so van celebs lees en hulle lewens aanskou lyk dit seker vir ons of hulle baie wanted moet voel, hulle baie love en attention kry en nie eers om te praat van acceptance nie. En ja die dinge is waar, maar terselfde tyd dink ek celebs weet ons hou net so baie van hulle om ons eie needs te vul (dis hoekom Lindsay so baie pille sluk). Ons is en sal altyd selfsugtige organisms wees - survival of the fittest.

So volgende keer as jy in die skinner hoekie inloer, dink bietjie as jy nou jou lewe moet analiseer, wat sou daai joernalis nou van jou geskryf het? En meer belangrik sou jy gelaaik het wat jy lees?

Ons is almal maar wannabe celebs in ons binnekant...al is jy ma of pa of boetie, boyfriend of bankbestuurder se celeb, tenminste vra iemand jou handtekening!

No comments: