Wednesday, May 02, 2007

Comment Alert

Hi Jenni.

Eerstens wil ek net dankie sê vir 'n bakgat blog! Ek en my gesin lees ditvan hoek tot kant deur elke week. Puik leesgenot!Ek wil net 'n kommentaartjie lewer op jou laaste twee artikels, die een oorMacs en oor selluliet. Ek weet alle vroue het seker maar 'n bietjieselluliet.

Die probleem daarmee het ingekom toe mense te veel op hulle Macsdie selluliet van mooi vroue af afge"photoshop" het. En dis die prentjieswat dit tot in die tydskrfte maak wat al die mense so graag lees. Want 'ngladde ou velletjie is mos mooier as 'n een met dimpels en gate.So dit laat jou nou in 'n penarie. Jy hou baie van die Macs maar hulle dravan die skuld dat selluliet as aaklig gesien word.

Sien jy nou hoe jou tweeartikels op mekaar inwerk? Jy kan nie vir ons uitkak oor ons nie vangolfbalvel hou nie maar jy en jou Mac vee lekker dimpels (en anderonperfeksies) uit nie. Hoe dan nou gemaak?

In elk geval, soos ek reeds gesê het is ons kranige lesers van jou blogblad. Hou asseblief so voort.

Groete Nico

No comments: