Friday, April 27, 2007

Kwotasie vir die Nasie

Julle mense wat dink julle weet fokken alles - maak ons mense wat alles weet debliksemin!

But-But anyone?

Vanoggend stroll ek so by die straat af oppad werk toe...heel rustig luister ek na my musiek, minding my own business...gewaar die besige strate... toe 'n golf van skade my oorrompel! Dit was nie enige skade nie, maar haelskade. Daar trippel toe so tannie voor my wat die witste broek ooit aanhet, en nie 'n vol panty nie...en toe begin die cellulite vir my sing. Die kunstenaar in my oor verloor sy note en die Starbucks poster begin saamtrek van naarheid. Maar hoekom reageer ek so?

Wat ek altyd wonder is wanneer het wie besluit dat cellulite so lelik en kak is? Was dit dalk iemand wat hoog gerook wat op mandrax en toe seesiek gevoel het, sy longe uit gekots het en toe doodgegaan het? Of was dit die spieël van die perfeksionis wat die oorhand geneem het?
Hoe het society so ver gekom om vet cellulite bebliksemde mense te haat? Oraait daar is die odd freak wat sy vrou/man so dik voer dat hulle nie hulle eie privaat deel verby al die vet kan gewaar nie - maar ek praat nou van die freaks wat siektes soos annex en billy veroorsaak.

Ok kyk ek stem dat 'n vieslike vet moerse gat vol haelskade in jou gesig nou nie die prettiest site ooit is nie, maar tot mense soos Kate Moss en Sienna Miller het haelskade...Sienna Miller het gesê dat die enigste rede hoekom sy flawless lyk in haar nuwe movie (Factory Girl) as Warhol se muse - is omdat daar lae make-up en slim beligting oor haar cellulite en stretch mark gekotsde lyf gesmeer is.

So girls volgende keer as jy dalk so effense put-put baan op jou hol identifiseer - chill the fuck out. Dis wat jou vrou maak...O ja en oukies, ek hoop nie julle comment oor 'n dimpel of twee op girls se lywe nie - want ek kan aan baie goed dink aan julle lywe wat baie leliker is as 'n donerse dimpel...

Monday, April 23, 2007

Vuil Vensters?

Ek moet admit. Ek is nie 'n groot miekrosagte freak nie. Ek hou meer van vrugte en groente en verkies die appels. Daar is iets oor die design van pc's wat my bietjie naar maak.

Ek verkies dit om in 'n spierwit kamer in te loop, met spier wit tafels en dan 'n spierwit masjien op die tafel te sien, nie die OFF-White groot stukkie shit wat so geklasifiseer kan word: Onthou julle daai kinders op skool wat so borderline cool was...hulle was nie heeltemal nurdy nie, maar hulle ouers was miskien bietjie te konserwatief vir hulle om die boundry te breek. Hulle het Billabong en Quicksilver t-shirts gedra maar hulle het eintlik maar net nice from far gelyk. Anyway...my punt is, pc's laat my so voel. Hulle try so hard om cool te wees maar kom nie heeltemal reg nie.

Hulle het nie dashboard, of IMovie, Quicktime, Safari, IPhoto, System Preferences of Finder nie. Alles is so selfsugtig op 'n pc...MY computer, MY docs, MY this en MY that. Ja oraait pc is goedkoper (juis omdat hy so tacky is), hy is makliker om te werk (omdat helfte van die mense wat hom gebruik bietjie vlak is) en word nie so vinnig vuil nie (omdat baie pc gebruikers eintlik nie hulle pc's skoonmaak nie).

Maar na al die gemoan in die pc - mac oorlog het ek net een vraag aan almal van julle....

Het jy vandag al jou screen skoon gemaak?

Friday, April 13, 2007

Ougatta pattata

En toe net so is daar nog 'n site vir die Afrikanerdom...verstaan nie altyd lekker hoekom ons onself dom nom nie maar daar is seker 'n logiese rede. Anyway die nuwe lekker site wat vanoggend vir my gemail is deur 'n maaiki in SA is nogals propvol allerhande kak! Maar van die kak is wel nuttig.

Opsitkers is 'n lekker afdeling vir die van julle wat dalk in die aande moet draadtrek of so en die arm raak nou al lam. Dan is DebatGat vir die van julle wat altyd dink julle is reg, of as julle agter kom julle is nie sal julle net 'n groter palawa veroorsaak oor heeltemal iets anders sodat jy jou muddy tracks kan toemaak. So daar is basies iets vir almal. Kyk wieookal die site design het moet sommer more by Bloukrans gaan bungee sonder 'n fokken tou want die design is superkak en die user-friendly interface is glad nie op standaard nie. Maar maakiesaakie want daar is wel nog lekker info. Kyk ook gerus die kuns deel uit en gaan besoek die vertonings. Fok We Will Rock You! Be Proudly South African vir 'n slag!

Gaan hier vir Ougat kak design en tog plesier