Monday, April 23, 2007

Vuil Vensters?

Ek moet admit. Ek is nie 'n groot miekrosagte freak nie. Ek hou meer van vrugte en groente en verkies die appels. Daar is iets oor die design van pc's wat my bietjie naar maak.

Ek verkies dit om in 'n spierwit kamer in te loop, met spier wit tafels en dan 'n spierwit masjien op die tafel te sien, nie die OFF-White groot stukkie shit wat so geklasifiseer kan word: Onthou julle daai kinders op skool wat so borderline cool was...hulle was nie heeltemal nurdy nie, maar hulle ouers was miskien bietjie te konserwatief vir hulle om die boundry te breek. Hulle het Billabong en Quicksilver t-shirts gedra maar hulle het eintlik maar net nice from far gelyk. Anyway...my punt is, pc's laat my so voel. Hulle try so hard om cool te wees maar kom nie heeltemal reg nie.

Hulle het nie dashboard, of IMovie, Quicktime, Safari, IPhoto, System Preferences of Finder nie. Alles is so selfsugtig op 'n pc...MY computer, MY docs, MY this en MY that. Ja oraait pc is goedkoper (juis omdat hy so tacky is), hy is makliker om te werk (omdat helfte van die mense wat hom gebruik bietjie vlak is) en word nie so vinnig vuil nie (omdat baie pc gebruikers eintlik nie hulle pc's skoonmaak nie).

Maar na al die gemoan in die pc - mac oorlog het ek net een vraag aan almal van julle....

Het jy vandag al jou screen skoon gemaak?

No comments: