Friday, April 27, 2007

But-But anyone?

Vanoggend stroll ek so by die straat af oppad werk toe...heel rustig luister ek na my musiek, minding my own business...gewaar die besige strate... toe 'n golf van skade my oorrompel! Dit was nie enige skade nie, maar haelskade. Daar trippel toe so tannie voor my wat die witste broek ooit aanhet, en nie 'n vol panty nie...en toe begin die cellulite vir my sing. Die kunstenaar in my oor verloor sy note en die Starbucks poster begin saamtrek van naarheid. Maar hoekom reageer ek so?

Wat ek altyd wonder is wanneer het wie besluit dat cellulite so lelik en kak is? Was dit dalk iemand wat hoog gerook wat op mandrax en toe seesiek gevoel het, sy longe uit gekots het en toe doodgegaan het? Of was dit die spieël van die perfeksionis wat die oorhand geneem het?
Hoe het society so ver gekom om vet cellulite bebliksemde mense te haat? Oraait daar is die odd freak wat sy vrou/man so dik voer dat hulle nie hulle eie privaat deel verby al die vet kan gewaar nie - maar ek praat nou van die freaks wat siektes soos annex en billy veroorsaak.

Ok kyk ek stem dat 'n vieslike vet moerse gat vol haelskade in jou gesig nou nie die prettiest site ooit is nie, maar tot mense soos Kate Moss en Sienna Miller het haelskade...Sienna Miller het gesê dat die enigste rede hoekom sy flawless lyk in haar nuwe movie (Factory Girl) as Warhol se muse - is omdat daar lae make-up en slim beligting oor haar cellulite en stretch mark gekotsde lyf gesmeer is.

So girls volgende keer as jy dalk so effense put-put baan op jou hol identifiseer - chill the fuck out. Dis wat jou vrou maak...O ja en oukies, ek hoop nie julle comment oor 'n dimpel of twee op girls se lywe nie - want ek kan aan baie goed dink aan julle lywe wat baie leliker is as 'n donerse dimpel...

No comments: