Friday, March 14, 2008

Klip-fokken-hard


Ek weet nou nie hoe baie van julle sal saam met my stem op die een nie, maar ek glo 100% vas dat enige musiek stuk soveel beter klink as dit in 'n klip-fokken-harde "rock" version in verander word. Daar is iets amazing om 'n paar donderde elektriese kitare en holle dromme in jou bloedstoom te voel borrel. Miskien is ek 'n blomme kind maar vir my klink als beter in "rock and roll" baby.

Om my punt eg so helder moontlik te illustreer vir die skeptiese wesens daar buite het ek so kort en kragtige "joubuis" videokie aangeheg
(kliek > hier om video te besigtig). Hierdie is 'n samespeling van daardie irrifokkenterende ela ela ela ela ela umbrela ela ela ela ela gesanik van Rihanna en 'n wenresep. Die song was cool toe dit nog gereënt het maar dis alweer die sewe drøë jarre! Gelukkig dink een of ander dude wat heeltemal te veel LSD gebruik aan 'n WENRESEP.
Hier is die wenresep:
1. Voeg 1 maal Rihanna in meng bak
2. Klits 'n paar heldergroen, blou en geel laserligte in
3. Bliksem 'n piramiede so hard moontlik tot onder in die bak en meng als saam.
4. Laastens voeg 'n KLAXONS mengsel by.
5. Laat staan vir 'n uur en begin dan die "ruk" en "rol" proses.
6. Bedien met harde donderende musiek.

So het die bestaan gekom van 'n afgesaagde R&B trefferkie tot 'n befokte smaakvolle rock tune. Daar is nogsteeds so paar "ela's" in maar die hele ding is ge-rejuvinate en mens wil sommer opstaan en saam rock as jy die trefferkie van nader ervaar. Als is saamgevoeg om die perfekte resep te maak, 'n girl met 'n befokte stem, dudes wat baie creatively cool rock en rollers is en beligting en set design wat die institutions sal naar maak. So almal betrokke het hulle goed gekwyt van hul taak.

Ek dink miskien dis wat foutgaan in baie mense se alledaagse bestaan...hulle rock net nie genoeg nie. Party NG kerke sing nogsteeds op Psalms en Gesange en dis sad. Mense wat rock geniet die lewe soveel meer! Stywe tannies wat tee drink en elke dag heavy hoë hakskoene dra geniet nie die lewe so baie soos tannies wat bietjie let go en bietjie rock nie. Moenie 'n tannie met 'n Queenspark outfit wees wat altyd sykouse by haar hakskoene dra nie...wees daai tannie wat lekker hard vir haar kind gil langs die rugby of netbal baan. Daai tannie wat skelm die halftyd lemoene met 'n "regmakertjie" inspuit. Daai tannie wat laat kreatiewe bands op haar tieties teken. Wees net klip-fokken-hard.

Ek het vandag my eerste stappie gevat om die jaar bietjie harder te begin rock, in elke aspek van my lewe, van my geloof tot my tuwwe Londen braai partiekiekiekies. Glastonbury here I come!

1 comment:

Anonymous said...

People should read this.