Friday, February 23, 2007

Kom ons trek laer

Ek is eintlik vreeslik onsteld dat ek nie kan deel wees van die oproer rondom Bok se liedjie De Larey nie...Ek het al die liedjie baie gehoor, Andries speel dit vir elke soutpiel wat hul voete by ons huis insit. Dis ook nou nie my gunsteling liedjie ooit nie, bietjie depressing, maar die mannetjie het reggekry wat ek dink niemand in die Afrikaanse kultuur in die nuwe Suid Afrika nog reg gekry het nie.

Hy het iets gehad om te sê, hy het dit gesê, 'n liriek of 2 bymekaar geslaan, 'n musiek video gemaak wat fokken honderd keer beter is as baie van die "commen" kunstenaars en hy het MOERSE oproer in ons land veroorsaak! En dit sonder om 'n bom te plant, 'n rassistiese crime te pleeg of die K woord te gebruik. Was dit pure geluk of het Oom Blerk regtig iets passievol gehad om te sê?

Toe ek die stukkie rubriek van Koos lees het dit my iets laat besef... Kyk ek kan glad nie judge oor hoe die ou Suid Afrika was nie, want ek het nog geluister hoe my rice krispies pop in daai tyd, so nou moet ek na iemand anders se opinie luister. Gelukkig is Koos opinionated in 'n baie regvedige manier.

Lees hier oor Koos se vuur.

No comments: