Wednesday, March 07, 2007

WC Wieeeeeeeee?












Die van julle wat al ooit in Londen was of miskien nog is sal weet die plek is so skoon soos Trevor Manual se butt crack nadat hy 'n bord van Abdul Rashbanza se hotste kerrie dis in die wêreld geëet het! Not a pretty site...

Mens loop nog so rustig die beknopte straatjies van Londen met 17 0000 sakke in jou hand, besig om lekker rustig te shop en dan ewe skielik voel jy 'n hasie in jou blasie...en die hasie het nog kleintjies ook, of erger dalk 'n mol in jou hol! Nou waantoe nou? Jy is te bang om enige plek broekie af te trek want netnou tel jy een of ander badkamer bakterïe op, en dan eet hy jou fannie of tottie op en dan kan jy nie kinders kry nie en dan gaan jou ma nie baie happy wees nie want sy kannie ouma word nie...so wat doen jy? Jy probeer maar knyp sonder dat mense notice...dit beteken moenie agter 'n boom inhol en die bene kruis en op die plek op en af spring nie.

Kyk om eerlik te wees het ek al so hard geknyp dat ek Hansie Slim deur my ore kon fluit...met water. Maar ek besoek nie graag 'n publieke pisplek nie, maar as ek nou moet, dan staan ek...ja amper soos 'n seunkie net anderkant om. Seunkies julle weet nie hoe lucky julle is met julle slurpies nie! Hoekom het julle dit altyd so maklik...julle kry niks van die goeters wat vroue kry nie en dan kan julle nog staan en piepie...ek sal 'n daai vragie moet vra as ek eendag die hemel visit.

Gelukkig het die mense van WC1...(ja ek weet kak naam) tot my redding gekom. Wel dis nou as ek na werk wil gaan partytjie hou, 'n nr.1 of 2 in central London kry of plainweg net 'n ou breukie wil vat tussen al die shopping deur. Hulle noem dit 'n luxurious ladies toilet and powder room...en vir die prys fokken hoop ek dis luxurious!

Dis 'n pragwaardige gesofistikeerde nuutontwerpte lavatory oraait! Nou kan jy kak in styl! Ek is seker die toiletpapier is ook geparfumeerd so jou holle kan ook na laventel ruik...dan kry jy nog 'n mini makeover en 'n hand massage! Dis omtrent tyd dat een of ander doos aan die idee gedink het (sorry vir die pun).

Nou kan ek gerus wees om op my tyd na winkel tot winkel te wals, deur die besige strate van Londen. Want ek weet as die hasie of die mol klop en ek moet oopmaak kan ek hulle nooi in 'n pragtige leefarea van laventel, rose, glam-ontwerp en styl in. Dit alles gesê weet nogsteeds nie of ek op die troon sal gaan sit nie...

O ja nog 'n ding...mans word nie toegelaat nie. Julle wil mos staan en piepie.

Gan hier vir tonne kak plesier.

No comments: