Monday, January 15, 2007

Die Pad Poes


Ek weet ek het die stuk bietjie ongeskik en waaghalsig begin, maar elke een van julle wat hierdie stukkie lees weet presies waarvan ek praat!

Jy ry nog so rustig op die N1 noord oppad werk toe, of is oppad uit vir 'n lekker aand saam vriende en Willie Wodka en sommer uit die bloute uit druk Mnr. BMW jou arme karretjie uit sy baan uit...of Oom Tshabalala ry jou in jou moer met sy lang wurmagtige kar, met 'n bobbejaan spanner as stuurwiel, besemstok as briek kontrole en 'n prentjie van 'n tekkie agter op. En ek weet vir 'n feit jy sê nie – "Ag jitte, die mense van vandag bestuur maar darem onverskillig, aai toggie, toemaar hy het my seker nie gesien nie....;)" NEE, NEE, NEE – ek verbeel my dis meer iets van – " Jou donnerse doos, wat dé fok dink jy doen jy? Ek klim sommer uit en gee jou 'n 'lelike woordie wat met P begin' klap! Ek bliksem jou dat jou ma jou nie herken nie! FOK!"

Dis hoekom ek dit goed gedink het om die snit van Casper op my blog te sit, net so geheue verfrissertjie – ek weet ons almal kan relate! Gaan hier vir so titseltjie padwoede en plesier.

Maar die eintlike vraag is: "Wat as jy Liewe Jesus 'n lift gegee het?"

No comments: