Hierdie stukkie handel oor die toekoms van Afrikaans, waar ons onself nou bevind met Afrikaans en redelike subjektiewe menings.
Bietjie geskiedenis oor Afrikaans:
Het Afrikaans is een dochtertaal van het Nederlands, gesproken in Zuid-Afrika en Namibië. Ook zijn er immigranten te vinden in Canada, de Verenigde Staten, Australië, Nieuw-Zeeland en het Verenigd Koninkrijk met name in Londen. Het Afrikaans is één van de elf officiële talen van Zuid-Afrika. Hoewel het de grootste taal is van Namibië is het Engels daar de officiële taal.
Het Afrikaans heeft zich ontwikkeld uit het 17de-eeuwse Nederlands, met invloeden van enkele andere talen. Er zijn vooral veel Hollandse kenmerken en klanken te vinden, hoewel er ook (West-)Vlaamse invloeden inzitten.
Het Afrikaans werd door de Unie van Zuid-Afrika in 1925 erkend. In 1961 werd het Nederlands uit de grondwet geschrapt (Nederlands en Afrikaans werden beschouwd als synoniemen). Het Nederlands kwam aan in het Afrikaanse continent toen Jan van Riebeeck in 1652 een kolonie stichtte. Het Afrikaans is de jongste Germaanse taal ter wereld.En daar het julle dit - 'n opgesomde geskiedenis van Afrikaans in Nederlands. Julle almal ken sekerlik inelkgeval die geskiedenis maar dis holderstebolder om dit in Nederlands te lees. Soos julle kan sien is Afrikaans die jongste taal van sy soort ter wêreld! En verdien baie krediet!
Ek het 'n artikel gelees wat beweer dat meeste mense in Suid Afrika graag Engels as hooftaal in alle skole wil implimenteer en sodoende Afrikaans wegneem, ook uit Afrikaanse skole uit. In party opsigte sal dit goed wees want daar is baie goewerment skole waar die kinders geen Engels leer nie, hulle ontvang onderrig slegs in een van die ander nege tale, so hulle sal nie lekker kan komminukeer in die grootmens wêreld nie. So moet volgende keer nie so kwaad raak vir die kliënte diens ontvangspersoon as hy/sy jou nie te lekker kan verstaan nie. Die arme siel het vreeslik limieted (limited) Engels op skool geleer en is toe sommer in 'n werk ingedruk om persentasies op te maak. Dit is nie hulle skuld nie! Weet dit asb. (Kies en Betaal is nogals goed met hierdie taktiek)
Maar hoekom nou die pragtige uitdrukkende taal van Afrikaans die pad wys maak? Probeer die mense van Suid Afrika dalk papier spaar? Of miskien sukkel mense te veel om handboeke in Afrikaans in te vertaal want Vensters se spellingbekyker kan nie die Arikaanse taal spelbekyk nie?
Ek sê vat maar Afrikaans uit die skole uit, want dit maak nie saak wie wat gaan doen of wat gaan gebeur nie, Afrikaans het nou eers begin groei. Afrikaans was meer onderdruk in die apartheids era toe net sekere tipe taal mag gebruik word en net sekere liedjies mag geskryf word en net sekere gedigte mag voorgedra geword het. Ek dink Afrikaans het toe sy donkerste tyd beleef. Vandag is ons almal vry om die woord POES te gebruik, of lekker uitdrukkings soos 'Is jy deur die ore genaai' te gebruik. In die Afrikaans onderdrukte era was daar nie baie Karen Zoids, Fokofpolisiekarre of Chris Chameleons nie soos daar in vandag se dae is nie, Koos en Johannes moes maar die fort hou met die Voelvry toer.
Al sit ons nou vandag met 'n paar obskure karaktiere in Afrikaans soos Kurt, Nicholas, Jurie en Patricia...kan ons net dankbaar wees vir die Kose, Zoids, Chameleons, Fokofs, Caspers en Antjie Krogs wat ons taal bevorder en heeltemal uniek maak.
Sê die volgende sinne agter my aan:
- Jannie you are such a dumb puss.
- I fell myself a bushman picture.
- You are pumping my bolt. (nut & bolt)
Ok sê nou dieselfde sinne oor in Afrikaans...
Wees jy maar die judge!