Saturday, May 12, 2007

CelebAlike - Anname Boshoff


Ann se celebalike is Paula Abdul.

CelebAlike - Marius Coetzer


Marius se celebalike is Scrubs se Zach Braff.

Jy lyk vir my so baie na Tant Koek se hoenderhaan...


In keeping met die celeb seksie het ek dit goed gedink om bietjie my eie tjommies op te match met look-a-like celebs. Vele navorsing is gedoen en gesigte konstruktief geanaliseer met die hulp van 'n wereld bekende webwerf wat mense en celebs opmatch. (myheritage.com)

Ek het myself ook include en die site was nogals in die kol want vele mense het al vir my gese ek lyk soos die celeb in die foto langs my gevreet. Ok sy is miskien bietjie mooier maar eks slimmer oraait.

As ek nog nie 'n foto van jou het nie en jy wil graag weet soos watse celeb jy lyk, stuur dit graag - ek het jarre se fun met die kak speletjie.

Sign here please

Gister oppad huis toe van die werk af sit ek op die skuttende trein en dink ok fok wat gaan ek nou doen. Sien vir die van julle wat nou al tyd hier in soutpielland spandeer het sal weet trein ritte kan nogal boring raak as jy nie iets het om te lees, aan te dink of oor te drule nie...my brein was op die tyd van die dag al oormoeg, ek dink nogal baie deur die dag, so ek het nie kans gesien of my boek oor filosofie verder aan te durf nie.

Gewoontlik as ek op 'n trien klim, veral in die middae na werk, en daar sit so verlore ou koerantjie op 'n stoeltjie of op 'n ou rug leuntjie dan maak ek of ek 'n aflos stokkie afvat van iemand af en gryp en hardloop...dis nogal rewarding veral as 77 ander wesens wat van boredom vrek vir jou agter of voorblad staar...Gister het ek gestaar.


Toe ek my weer kon kry toe dwaal my ogies so na die celeb section van die tannie langs my se koerant. Ek raak toe sommer skon excited toe ek sien Paris gat tronk toe, Kate Moss se nuwe klere reeks by Topshop is gemaak vir tannies wat soos 12jarige dogtertjies gebou is en arme Lindsay Lohan is alweer in die kak omdat sy paar pille gesluk het by een of ander music festival. Nou vra ek jou, hoekom lees ek die kak? Hoekom geniet ek om die kak te lees?


My conclusion is as volg;

Kyk ek dink elkeen van ons sou nie mind as ons 'n celeb of some sort was nie. Al is dit nou nie 'n world-wide celeb nie (dit wil ek tog asb glad nie wees nie!). Celebs het baie perks, baie meer pro asn cons sou ek reken! Hulle kry stuff verniet, mense treat hulle special, mense like hulle baie, plak posters van hulle teen hulle kamermuur, hulle kry free parking en spesiale seksies in resturante, hulle begin trends en party koekies mense gaan vir plastic surgery om soos hulle te lyk!


As mens nou na ons hierarchy of needs kyk is acceptance, love en attention sommer heel bo aan die lys! Hoekom vra ons? Sommer dommie, cause everybody wants and needs to be wanted! Dis hoe ons gebou is. Niemand van ons like dit om rejected en unloved te voel nie - dis sommer kak. En ek dink as ons nou so van celebs lees en hulle lewens aanskou lyk dit seker vir ons of hulle baie wanted moet voel, hulle baie love en attention kry en nie eers om te praat van acceptance nie. En ja die dinge is waar, maar terselfde tyd dink ek celebs weet ons hou net so baie van hulle om ons eie needs te vul (dis hoekom Lindsay so baie pille sluk). Ons is en sal altyd selfsugtige organisms wees - survival of the fittest.

So volgende keer as jy in die skinner hoekie inloer, dink bietjie as jy nou jou lewe moet analiseer, wat sou daai joernalis nou van jou geskryf het? En meer belangrik sou jy gelaaik het wat jy lees?

Ons is almal maar wannabe celebs in ons binnekant...al is jy ma of pa of boetie, boyfriend of bankbestuurder se celeb, tenminste vra iemand jou handtekening!

Wednesday, May 02, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se maaiki is nou iemand wat my personal space saam my deel vannat hy gebore is...ja julle het reg geraai, dis nie 'n donnerse stalker nie maar eie broer!

Klaas het ek hom gedoop want Klaas vakie het altyd meer sand in sy oe gegooi as in myne en hy het altyd meer geslaap. Vir die van julle wat nou al lank maaikis met my is sal weet ek en Klaas kon moerse lekker saamspeel (van army army tot cross-dressing dress up), maar het net so lekker gefight, vuiste en messe en al...en nou bly ons saam! Ja moeilik om te glo maar ek het my messe terug in die laai gesit en my boks hand skoene in die kas gehang. Klaas is een van die rustigste mense wat ek ken, ek dink nie hy het al ooit 'n geboksery met enige iemand aangeknoop nie, sy woordeskat is groter as meeste mense wat ek ken en hy het vandat hy saam my bly geleer om broccoli en blomkool te eet...hy kan ook lekker kos maak, lekker kuier en lekker skud...op die bank. Hy haat dit as fuckt up Afrikaanse mense hom NICOLAAS noem en hy kon nog nooit tappet mense verstaan nie maar All in all is hy eintlik 'n regtig 'n cool boetie (behalwe die keer toe hy my kar stamp...grappie) - mens kry min cool boeties! Ek stel aan julle voor BOEMSIE...

Volle naam: Nicholas Johannes Swanepoel

Noemnaampies: Klaas

Lokasie: Londen

Stickhorsies: Engiets met petrol te doen, braai en rugby

Gunsteling politikus en hoekom: Volg nie rerig politiek nie

Sal jy 'n chillie in jou hol indruk as dit jou verhoed om wurms te kry: NEE

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Taxis en mense wat dink hulle weet als, meantime weet hulle fokkol

Behalwe toe ons daai eenkeer baie baie klein was en jy perongeluk in die bad in my mond gepiepie het, het jy al in iemand anders se mond ook gepiepie en wie sin. (Dit mag indirek ook wees): Nee nie my tipe ding nie

Maak 'n statement wat mense sal laat dink: Die criminal mentality wat so baie mense lyk my deesdae het.

As jy plekke kon ruil met 1 persoon vir 'n week lank wie sou dit wees en hoekom: FOK weet! (let nou nie juis op, of kyk so daarna en bespreek dit met my friends nie)

Wat is die malste ding wat jy al ooit gedoen het: 'n Brandweer man...ha ha ha

As jy 1 ding in die wêreld kon verander wat sou dit wees en hoekom: Enigiets solank ek net suksesvol daarin is

Wie dink jy maak of hy 'n groot tottie het maar actually is als net 'n cover-up: Daar is so baie?!! Mugabe...

Wat wil jy wees as jy eendag groot is: 'n Brandweer man

Wie in jou opinie is die domste drol: Weereens Mugabe...?

As jy 'n gun en 1 koeël gehad het, wie sou dit wees: Mugabe...? (obviously dink Klaas Mugabe is 'n doos!)

Wat is jou grootste vrees: Om 'n mislukking te wees.

Want dink jy van die dolfyn slagting in Japan en eintlik meer belangriker wat dink jy van die slagters self: Ek dink dis fucked up van hulle, hoe sal hulle dan nou voel as iemand hulle sou slag en dolfyn is dan nie eers lekker vis nie!!

Beskryf Jenni in 1 woord: sussie

Comment Alert

Hi Jenni.

Eerstens wil ek net dankie sê vir 'n bakgat blog! Ek en my gesin lees ditvan hoek tot kant deur elke week. Puik leesgenot!Ek wil net 'n kommentaartjie lewer op jou laaste twee artikels, die een oorMacs en oor selluliet. Ek weet alle vroue het seker maar 'n bietjieselluliet.

Die probleem daarmee het ingekom toe mense te veel op hulle Macsdie selluliet van mooi vroue af afge"photoshop" het. En dis die prentjieswat dit tot in die tydskrfte maak wat al die mense so graag lees. Want 'ngladde ou velletjie is mos mooier as 'n een met dimpels en gate.So dit laat jou nou in 'n penarie. Jy hou baie van die Macs maar hulle dravan die skuld dat selluliet as aaklig gesien word.

Sien jy nou hoe jou tweeartikels op mekaar inwerk? Jy kan nie vir ons uitkak oor ons nie vangolfbalvel hou nie maar jy en jou Mac vee lekker dimpels (en anderonperfeksies) uit nie. Hoe dan nou gemaak?

In elk geval, soos ek reeds gesê het is ons kranige lesers van jou blogblad. Hou asseblief so voort.

Groete Nico

Friday, April 27, 2007

Kwotasie vir die Nasie

Julle mense wat dink julle weet fokken alles - maak ons mense wat alles weet debliksemin!

But-But anyone?

Vanoggend stroll ek so by die straat af oppad werk toe...heel rustig luister ek na my musiek, minding my own business...gewaar die besige strate... toe 'n golf van skade my oorrompel! Dit was nie enige skade nie, maar haelskade. Daar trippel toe so tannie voor my wat die witste broek ooit aanhet, en nie 'n vol panty nie...en toe begin die cellulite vir my sing. Die kunstenaar in my oor verloor sy note en die Starbucks poster begin saamtrek van naarheid. Maar hoekom reageer ek so?

Wat ek altyd wonder is wanneer het wie besluit dat cellulite so lelik en kak is? Was dit dalk iemand wat hoog gerook wat op mandrax en toe seesiek gevoel het, sy longe uit gekots het en toe doodgegaan het? Of was dit die spieël van die perfeksionis wat die oorhand geneem het?
Hoe het society so ver gekom om vet cellulite bebliksemde mense te haat? Oraait daar is die odd freak wat sy vrou/man so dik voer dat hulle nie hulle eie privaat deel verby al die vet kan gewaar nie - maar ek praat nou van die freaks wat siektes soos annex en billy veroorsaak.

Ok kyk ek stem dat 'n vieslike vet moerse gat vol haelskade in jou gesig nou nie die prettiest site ooit is nie, maar tot mense soos Kate Moss en Sienna Miller het haelskade...Sienna Miller het gesê dat die enigste rede hoekom sy flawless lyk in haar nuwe movie (Factory Girl) as Warhol se muse - is omdat daar lae make-up en slim beligting oor haar cellulite en stretch mark gekotsde lyf gesmeer is.

So girls volgende keer as jy dalk so effense put-put baan op jou hol identifiseer - chill the fuck out. Dis wat jou vrou maak...O ja en oukies, ek hoop nie julle comment oor 'n dimpel of twee op girls se lywe nie - want ek kan aan baie goed dink aan julle lywe wat baie leliker is as 'n donerse dimpel...

Monday, April 23, 2007

Vuil Vensters?

Ek moet admit. Ek is nie 'n groot miekrosagte freak nie. Ek hou meer van vrugte en groente en verkies die appels. Daar is iets oor die design van pc's wat my bietjie naar maak.

Ek verkies dit om in 'n spierwit kamer in te loop, met spier wit tafels en dan 'n spierwit masjien op die tafel te sien, nie die OFF-White groot stukkie shit wat so geklasifiseer kan word: Onthou julle daai kinders op skool wat so borderline cool was...hulle was nie heeltemal nurdy nie, maar hulle ouers was miskien bietjie te konserwatief vir hulle om die boundry te breek. Hulle het Billabong en Quicksilver t-shirts gedra maar hulle het eintlik maar net nice from far gelyk. Anyway...my punt is, pc's laat my so voel. Hulle try so hard om cool te wees maar kom nie heeltemal reg nie.

Hulle het nie dashboard, of IMovie, Quicktime, Safari, IPhoto, System Preferences of Finder nie. Alles is so selfsugtig op 'n pc...MY computer, MY docs, MY this en MY that. Ja oraait pc is goedkoper (juis omdat hy so tacky is), hy is makliker om te werk (omdat helfte van die mense wat hom gebruik bietjie vlak is) en word nie so vinnig vuil nie (omdat baie pc gebruikers eintlik nie hulle pc's skoonmaak nie).

Maar na al die gemoan in die pc - mac oorlog het ek net een vraag aan almal van julle....

Het jy vandag al jou screen skoon gemaak?

Friday, April 13, 2007

Ougatta pattata

En toe net so is daar nog 'n site vir die Afrikanerdom...verstaan nie altyd lekker hoekom ons onself dom nom nie maar daar is seker 'n logiese rede. Anyway die nuwe lekker site wat vanoggend vir my gemail is deur 'n maaiki in SA is nogals propvol allerhande kak! Maar van die kak is wel nuttig.

Opsitkers is 'n lekker afdeling vir die van julle wat dalk in die aande moet draadtrek of so en die arm raak nou al lam. Dan is DebatGat vir die van julle wat altyd dink julle is reg, of as julle agter kom julle is nie sal julle net 'n groter palawa veroorsaak oor heeltemal iets anders sodat jy jou muddy tracks kan toemaak. So daar is basies iets vir almal. Kyk wieookal die site design het moet sommer more by Bloukrans gaan bungee sonder 'n fokken tou want die design is superkak en die user-friendly interface is glad nie op standaard nie. Maar maakiesaakie want daar is wel nog lekker info. Kyk ook gerus die kuns deel uit en gaan besoek die vertonings. Fok We Will Rock You! Be Proudly South African vir 'n slag!

Gaan hier vir Ougat kak design en tog plesier