
Wat ek altyd wonder is wanneer het wie besluit dat cellulite so lelik en kak is? Was dit dalk iemand wat hoog gerook wat op mandrax en toe seesiek gevoel het, sy longe uit gekots het en toe doodgegaan het? Of was dit die spieël van die perfeksionis wat die oorhand geneem het?
Hoe het society so ver gekom om vet cellulite bebliksemde mense te haat? Oraait daar is die odd freak wat sy vrou/man so dik voer dat hulle nie hulle eie privaat deel verby al die vet kan gewaar nie - maar ek praat nou van die freaks wat siektes soos annex en billy veroorsaak.
Ok kyk ek stem dat 'n vieslike vet moerse gat vol haelskade in jou gesig nou nie die prettiest site ooit is nie, maar tot mense soos Kate Moss en Sienna Miller het haelskade...Sienna Miller het gesê dat die enigste rede hoekom sy flawless lyk in haar nuwe movie (Factory Girl) as Warhol se muse - is omdat daar lae make-up en slim beligting oor haar cellulite en stretch mark gekotsde lyf gesmeer is.
So girls volgende keer as jy dalk so effense put-put baan op jou hol identifiseer - chill the fuck out. Dis wat jou vrou maak...O ja en oukies, ek hoop nie julle comment oor 'n dimpel of twee op girls se lywe nie - want ek kan aan baie goed dink aan julle lywe wat baie leliker is as 'n donerse dimpel...
No comments:
Post a Comment