Friday, September 07, 2007

Sulke komentaar is vir my heeltemal aanvaarbaar

Ag dis great as mens perongeluk hoor iemand sê iets nice van jou, maar dis nog greater as jy op 'n lazy Friday afternoon 'n lekker email van 'n maaiki af kry. Jy kry sommer so warm gevoel in jou magie - amper soos die een wat jy kry as jy 'n shot mampoer drink. So warm. (Thx Lucy!)

Lucinda Jooste, JHB skryf:

Net gou so vinnig deur jou blog gegaan en ek wil darem maar net vir jou op hierdie Vrydag sê dat jy 'n flippen cool mens is!

Jy het moerse talent met woorde en ek waardeer dit baie in jou! Jy is flippen snaaks en wie kan nie daarvan hou nie!

Jy is 'n unique individual en speel 'n groot rol in mense se lewens daar buite!

Ons is almal bietjie kommin en rasisties

En toe voor ek myself weer kon kry dans ek soos 'n slap hoer op 24/7 se "No Limit", en dit was minder as 'n maand gelede.
Maar ek worry nie regtig nie want ek weet julle almal doen dit ook. Die liedjie keuses verskil nou, ek meen party mense prefer Kurt Darren se "Loslappie" en ander dalk 'n Patricia Lewis of Nicholas Louw nommertjie (ek fokken hoop julle word doof omdat julle na sulke kak luister), nevertheless as ons lekker party dan verloor ons alle inhibitions en ons let go heeltemal. Partykeer bietjie te ver, veral as die tiermelk vloei, maar wie de fok worry anyway.

Die punt wat ek wil maak is maak nie saak hoe hard ons probeer om posh en politically korrek te wees nie - ALMAL van ons is iewers diep binne bietjie kommin en bietjie rasisties. En dis maar natuurlik want ons is net mense. Ons kom uit grotte uit. Partykeer word ek semi-naar as ek probeer dink hoe kommin word regtig kommin mense nou as hulle hulle inhibitions verloor - maar dis iets waaraan ek nie regtig probeer dink nie.

Ek is ook amper oortuig daarvan dat 90% van ons nie terughou as 'n taxi voor ons injaag en ons amper van die pad af ry nie. Ek weet julle sit nie daar en sê - "Ag jou vrot pampoen wat doen jy nou nie". En wat jy daar in jou koppie dink maak jou 'n klein rasissie. Party van ons wat minder polities korrek is skreeu dit sommer hard uit die bors uit - en die wat dink hulle is superman/woman skreeu dit dalk vir die taxi drywer self. Dan weet ek ook dat 90% van ons nie by die Oriental Plaza rondloop en ons mede ras daar Indiërs noem nie. Weereens betoon ons so klein bietjie rasisme volgens die wêreld se "Rasis Base Camp".

Weereens dink ek nie ons moet soveel worry nie. Ons is weereens maar net mense en ons het verskille en wat de fok maak dit nou saak wat ons die ou langs ons noem. Solank jy hom nie moer of skiet nie of sy selfbeeld afkraak nie is dit mos nie 'n sonde nie.

Ek dink partykeer die daar is te veel sosiale reëls in die lewe. As mens nie reg sit by die tafel nie kyk die stywe familie wat oorkant jou sit met koue uitdrukkings op hulle goedgepoeierde gesigte na jou asof jy nou net in jou bord gekak het - en dit speel als af in die donnerse Spur. Ons wil partykeer te posh vir ons eie beswil wees. En terselfdetyd bietjie te polities korrek te wees (ek is miskien een van daai).

Maar ek begin al meer en meer besef dat die goed nie regtig jou gaan gelukkiger maak, of slimmer, of mooier, of beter, of ouliker of sexier nie. Want sodra die wyn begin vloei of die bloed borrel verloor ons alle inhibitions en verander soos verkleur mannetjies op Smartie boksies.

Ons moet net aanvaar ons is almal bietjie meer kommin en rasisties as wat ons voorgee.

Thursday, September 06, 2007

Kwotasie vir die Nasie

Mense wat nie in God glo nie het obviously nog nie die duiwel raakgeloop nie.

As die lewe byt, byt terug

Ons almal ken een. Meeste van ons haat hulle soort. Miskien is jy een?

Die lewe is nie altyd 'n joyride nie. Kyk meeste van die tyd is mens maar kop onder die water, baaikostuum agterstevoor onderste bo deur die hol getrek en dit gaan net rof. Ons almal hier op aarde is 'n sinkende Titanic en dan is daar alewig siele wat heeltyd op die kaptein se kop wil kak.

Daar is altyd daai 1 persoon wat verseker op jou battery pis want as jy hulle vra hoe gaan dit staan jy 47minute later nogsteeds daar en luister hoe kak die lewe hulle hanteer. Dit nog terwyl jy weet hulle het kos om te eet, klere want ander sou jy dalk nie vir hulle gesig gestaar het nie, 'n dak oor hulle kop want die hare is gedoen en is redelik gesond want so kla vat baie krag en energie en net die top fikse mense kan dit goed doen. Wat sulke situasies nog erger maak is dat meeste van ons nog te fokken chicken ook is om vir die "klakous" te sê...Shut the Fuck, shut the fuck en dan wil jy self jou eie polse sny in die middel van sessie 1.

Ek dink dis tyd dat ons begin opstaan teen hierdie mense wat altyd die kakste in die lewe sien en fokken Country & Western dagboek insetsels skryf oor die "hakskoen swik" of "gesigpoeier" traumas van die lewe. Ongelukkig moet ek ook nou by noem dat meeste van my ondervinding met die klakous tipe wel van die vroulike geslag afkomstig was. Men just get on with it - alhoewel ek ook maar so hier en daar al gehoor het van 'n ou verswikte donnerse balhaar.

Anyway my punt is dat ons vir hierdie mense moet goed laat verstaan dat as die lewe byt, byt dan fokken terug. Niemand behalwe jy gaan jou battles vir jou kan fight nie. Maak self jou toonnael reg - superglue is invent vir 'n rede. Hou op moan en byt net asseblief tog terug!