Tuesday, February 27, 2007

Stripclub chatter - Comment

Ann Boshoff; JHB

Anyway, ek voel so daaroor..dis sekerlik oraait as 'n ou na so club toe gaan met voorwaardes:
1. Wees net eerlik daaroor - se as jy gaan of dat jy daar was..die laaste ding wat jy wil he is dat die girl moet dink jy probeer dit wegsteek!!

2. NET AS dit 'n spesiale geleentheid is, soos 'n bachelors of 'n ding - nie op eie of saam 2 pelle nie..freakboys! En net eenkeer 'n leeftyd.

3. Moet nie vat, froetel of betaal vir iets nie, sit by die bar, praat kak met jou maatjies en kyk net...kyk goed, want dis dalk die laaste keer wat jy daar is.

Jy sien, ek sal eerder wil weet as my boyfriend daar was of soontoe gaan...as wat hy dit van my wegsteek en dit 'n groter ding raak as wat dit kon gewees het. Byt eerder op my tande of gooi hom met 'n ding en dis uit in die ope, ons altwee weet waar ons staan en volgende keer kan jy dalk moontlik tot 'n middelpunt kom of mekaar verstaan - as wat 'n lelike ding sy kop uitsteek op die verkeerde tyd. Is ook beter vir die verhouding om eerlik te wees, nie waar nie?

Maaaar as ek MOET kies, sal ek dit nie like nie, maak nie saak hoe cool mens daaroor probeer wees nie.

Monday, February 26, 2007

Stripclub chatter

Girls ek weet nie of julle soos ek is nie...maar ek is nie te keen op die idee dat my boyfriend/man strippers gaan besoek nie. Ek het nou al probeer dink hoekom 'n man wat 'n pragtige girl het na so plek toe sal gaan? Voel hy dalk hy sien nie genoeg van 'n groot variety "toefies" nie...of is dit maar net 'n entertaining drink?

Kyk die mening wat ek lewer gaan heeltemal anders wees as die mening wees wat 'n man lewer wat graag sulke plekke besoek...My mening is as volg: Ek dink mans gaan soontoe om wanted te voel, om te voel ander girls is mal oor hom, hy voel soos 'n koning want sexy girls met kaal toefies maak of hulle van hom hou! (Ek sal weet hoe dit werk want ek is 'n girl! Ek het al baie gemaak of ek van iemand hou om sy geld te kry! Gelukkig nog nie my klere uitgetrek nie - dan lag ek my gat af na die tyd en dink...jou dom drol). Maar dan weer wie gaan anyway nou nee sê vir so experience?

'n Man wat soontoe gaan se mening sal seker wees: Ek gaan want dis 'n fun night saam die ouens. Dis anyway nie so erg nie. Ek soek anyway nie iets wat ek op 'n skinbord kry nie. Maar ek hou daarvan om vir borste te kyk.

Dis hoekom ek dit goed gedink het om my goeiste seunkie maaiki die volgende vraag te vra:
"Hoekom dink jy word vrouens jaloers as hulle boyfriend/man na 'n stripclub toe gaan?"
Ek het hom juis gevra want hy is 'n man, 'n baie eerlike mens wat baie objektief dink.

Hier volg sy antwoord:
Oor die strip clubs. Dis heeltemal te verstane as ander dames jaloers raak. Dit gaan maar oor jaloesie/insecurity ens. Jy wil mos nie hê jou man moet gaan kyk hoe 'n vrou (wat 10 teen 1 mooier is as jy) haar boobs en kaalgeskeerde toefie in sy gesig rondswaai nie. Ek was nou die eenkeer daar en behalwe vir hare op hulle koppe en hoëhakskoene het hulle fokol aan nie. En hulle is hier in jou gesig. Dan is dit nog nie eers 'n lapdance nie. Met daai is sy all over jou. Het nog nie self een gehad nie maar ek hoor sy vat aan jou, sit jou hande waar sy weet jy wil dit sit (net partykeer, as sy rerig 'n slet is) en dis baie fisies. En daar kry enige warmbloedige man hout. En wil jy hê jou man moet daar sit en 'n horing kry en iemand begeer wat nie jy is nie? Nie almal is game daarvoor nie. Jy wil mos hê hy moet al daai gevoelens net met jou kry. Al kyk hy net en doen niks nie. Dis baie gevra want die vroulike spesie is die moooiste ding wat ooit geskep is. Wat ook dalk bydrae is dat meeste chicks nie 'n clue het wat daar aangaan nie en daai onsekerheid is dalk net te erg. So hulle freak maar eerder uit. En nounou wil hulle hê jy moet doen wat daai chick om daai paal gedoen het. Ek weet nie jong. Die seksuele is 'n anngename dog complicated affêre. Maar wat weet ek nou.

Obviously weet hy baie meer as wat hy dink...want persoonlik dink ek dis presies hoekom girls jaloers raak. Jy wil nie 2de beste voel nie. Is jou boobs en jou toefie dan nie goed genoeg nie?
Of like jou boyfriend/man die rush net baie meer as wat hy die rush like wat hy by jou kry? Of miskien wil hy net variety sien. Ons kannie seker nie van mans verwag om net 3 toefies te sien by die tyd wat hulle doodgaan nie...En wat as jy begin strip...sal jou boyfriend/man ook dan nie omgee nie?

Maar wat weet ek nou?

HOERY vir Teaze-hers!!!!!!!!!!

Friday, February 23, 2007

Wat van 'n disprin?

Kom ons trek laer

Ek is eintlik vreeslik onsteld dat ek nie kan deel wees van die oproer rondom Bok se liedjie De Larey nie...Ek het al die liedjie baie gehoor, Andries speel dit vir elke soutpiel wat hul voete by ons huis insit. Dis ook nou nie my gunsteling liedjie ooit nie, bietjie depressing, maar die mannetjie het reggekry wat ek dink niemand in die Afrikaanse kultuur in die nuwe Suid Afrika nog reg gekry het nie.

Hy het iets gehad om te sê, hy het dit gesê, 'n liriek of 2 bymekaar geslaan, 'n musiek video gemaak wat fokken honderd keer beter is as baie van die "commen" kunstenaars en hy het MOERSE oproer in ons land veroorsaak! En dit sonder om 'n bom te plant, 'n rassistiese crime te pleeg of die K woord te gebruik. Was dit pure geluk of het Oom Blerk regtig iets passievol gehad om te sê?

Toe ek die stukkie rubriek van Koos lees het dit my iets laat besef... Kyk ek kan glad nie judge oor hoe die ou Suid Afrika was nie, want ek het nog geluister hoe my rice krispies pop in daai tyd, so nou moet ek na iemand anders se opinie luister. Gelukkig is Koos opinionated in 'n baie regvedige manier.

Lees hier oor Koos se vuur.

Meet 'n Maaiki

Ag jitte julle...die week se kokkelol is darem maar 'n maaiki so na aan my hartjie. Ek het die maaiki ontmoet lank lank gelede in kabouterland...so vyf jaar terug. Die maaiki is een van die mense al wat ek regtig met my lewe sal vertrou en ek dink ons almal weet daar is nie so moerse baie van hulle nie, en dit help ook nie dat die rooi en wit sirkel tubes op die bootjies ook nie meer werk nie. Ons kokkelol hier is 'n regte entrepreneur en run al so paar besighede, charities, braai's (ja hy is baie entertaining by social gatherings) ens.

Ek het al baie by die maaiki geleer...van sterk koffie maak tot hoekom Liewe Jesus ook my maaiki is. My maaiki het 'n baie goeie hart, wil graag mense help wat drugs te veel like, ek dink hy het 'n photographic memory maar kan dit nie confirm nie en ek weet hy sal ook nie admit nie, slaap graag, kan lekker lag maak nie saak watse dag van die week dit is nie, is altyd vriendlik met my, is nog nie getroud nie (so girls...laat my weet), hy het 'n vet varkhond en hou van motorfiets ry (ek dink hy het 'n roadster...maar ek is nie seker nie), o ja en so af en toe bergklim...as Andries hom bribe!

All in all dink ek die maaiki sal altyd deel van my kring van kokkelolle wees...tensy hy oorskuif na die driehoek van drolle toe.

Ek stel aan julle voor:

Volle naam: Lodewyk Johannes Johnson

Noemnaampies: Mannetjie (lank terug), Lou, Johnny, Beesblaas, Bokbek, Mr J.

Lokasie: Biltongetjie. O of Midrand.

Stickhorsies: Drug rehabs en slaap. Mal vir slaap.

Gunsteling Toiletpapier: Enigiets wat my aan Labradorpuppies laat dink en nie bleach bevat nie.

Wat irriteer die K@K uit jou uit: bleach

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Niels Holgerson!! Onthou iemand hom nog? Hy's 'nn leprechaun gekielie wat hom toe verkleineer het en toe ry hy voëls tot hy by die huis kom en sy ma en pa is almal weg met sy games en goed. Dit het my siel geruk to ek 7 was.

Maak 'n statement wat mense sal laat dink: Jy kannie appreciate wat jy judge nie.

As jy 1 dag in iemand anders se vel kon wees, wie en hoekom: Geen voorkeure nie; kom ons sê maar Donald Trump. Net om vir 'n haircut te gaan.

Het jy al iemand gemoer...wie...hoekom: Ja. Vir Christie van der Westhuizen in Standerd 4. Ons het afskryfsokker gespeel op die A-veld en ek het hom getrip (volgens die reëls mag jy as hy binne sigafstand van die bal is). Hy was nie happy nie en het kapsie gemaak deur sy vinger in my neus te druk. Ek rol hom toe maar, maar nie te hard dat ek 'n reputasie moet kry nie (ek is versigtig daarvoor). En dit was dit.

Wie in jou opinie is die domste drol: Oooo dis so maklik om een te kies, maar ek kan ook maar maklik die grootste putty van die paartie wees. Kom ons sê maar almal wat nie iemand 'n kans gee nie en self nie die kans gebruik nie.

Dink jy dis lelik om iemand 'n koelie te noem as hulle van Indiese afkoms is: Ja, maar dis steeds beter as Mr. Dockrat.

Het jy al langs die pad gepiepie...lig ons bietjie meer in: Ja. Ek was Dinsdag by die werk en oppad toilet toe, wat hier verby die coffeestation loop wat oppad toilet toe is. So diep ingedagte was ek, dat ek stop by die urn en begin zip aftrek. Gelukkig gestop voor dinge lelik kon raak. Niemand het my gesien nie maar Maggie die teetannie maak nou heeltyd grappies van "Hey ta, kyk daai deng!"

Wat is jou grootste vrees: Dat ek uitgevind gaan word.

Wat dink jy van die Blood Diamond saga: Is daar 'n saga? Lohan kyk mos byvoorbeeld nie genoeg fliek nie.

Beskryf Jenni in 1 woord: Kannie. Daar's nie 'n woord nie. Kan ek een opmaak? Pragstunning!

I fought so...

Wednesday, February 21, 2007

Carbon wat...

Ok right, ek weet ek is nie altyd reg met alles nie en partykeer kan my opinie bietjie oë laat rol maar ek dink meeste van ons sal saamstem dat 90% van pommies dink hulle is baie fokken slim. Ja ek moet hulle krediet gee daar is nogal baie van hulle wat actually die inns and outs ken...maar dis die ander 10%. Hier is my punt...

Vanoggend oppad werk toe loop ek lekker jolig in die beknopte bekotsde straatjie af in Putney en maak toe gou sommer 'n draai by my local Tesco. Daar gewaar ek toe pragtige, ronde, gras groen druiwe korrels wat daar op die rakkie lê en vir my skreeu...Eet ons Jenni...eet ons. Ek dink hulle het so hard geskreeu want hulle was bang 'n vuil Europeur wat nie sy tande geborsel het nie koop hulle en niemand wil so doodgaan nie. Toe gewaar ek ook op die verpakking dat hierdie sappige, pragtige, gras groen druiwe korreltjies al die pad van my moederland SUID AFRIKA af kom. Toe voel ek sommer mos patriotic ook en begin Inkosi in die ry by die til sing.

Ek het skaar my gat op my kantoor stoel neergesit en my druiwe so mooi op my tafel uitgestal toe 'n donnerse pommie alweer soos 'n brommer om 'n drol by die druiwe is...En toe die dreaded vraag..."Where are they from?"....Ag fok toe is ek in die kak...

Meeste van julle het seker al gehoor van "Carbon Footprints". Nou vir die dom drolle, dis hoe hulle die carbon dioxide (bad gasse) meet wat elke land in die wêreld produseer deur fossil fuels. Lately is dit nou die hotste topic in London want die Queen het nog nie weer in haar neus gegrou of perongeluk aan tafel gepoep nie.

So dit meen elke stukkie kos, klere, aparaatjie, prostutiet of Suid Afrikanertjie wat ingevoer word Engeland toe, 'n kakhuis vol carbon footprints agter laat...Anyway om 'n lang storie kort te maak, na ek toe die pom 'n PK gegee het en verduidelik het dat Engefokkenland nie druiwe produseer nie, en ek nie op aartappels en wortels kan lewe nie (dis al wat hier groei)...kon ek maar my druiwe gaan afspoel en lekker rustig eet.

Ek stem wel saam dat elkeen van ons net 'n bietjie moet probeer minder carbon footprints te los in ons daaglikse lewens. Moenie jou kar gebruik as jy liewers kan fietsry nie, moenie vlieg as jy kan kar ry nie, recycle, moenie water mors nie, moenie papiere en plastiek rondgooi nie, sit die ligte en toerusting af as jy dit nie gebruik nie - volg net jou common sense en die wêreld sal oraait wees.

Dis anyway nou te laat om my uit te kak oor 'n paar druiwe...die osoon is klaar in sy moer!

Friday, February 16, 2007

De larey

Soos ek aan die begin gepromise het - ek sal enige artikel, gedagte, gediggie, skryfstuk of kunswerkie op my blog post want ek glo in freedom of speech. So hier gaan ons...

Riaan Hepburn; SA

Die reaksie op die liedjie van MNR BOK VAN BLERK laat my bloed sommer kook. Ek lees elke artikel wat ek kan oor die sanger oor die afgelope maand en meeste van dit is net negatief. Die mense wat negatief reageer oor die liedjie De larey verstaan fokkel in die eerste plek nie. Die liedjie in my oë vertel 'n storie van 'n genaraal wat die Boere gelei het met trots en was 'n voorstander vir vrede. Ons het weer so leier nodig vir die Boere wat nie te bang gat is om op te staan vir ons taal en REGTE nie.

Die ou vlag wat al hoe meer begin rond waai beteken nie ons wil oorlog maak of weer in die ou Suid Afrika bly nie maar wel dat ons nie meer skaam is om Afrikaans te wees nie. Ek gaan vir my 'n ou vlag koop want dood eenvoudig voel ek dat daar nie 'n toekoms vir Afrikaans onder die nuwe vlag is nie.

Ek is trots AFRIKAANS en is glad nie 'n rassis nie en realiteit is dat dit nie net altyd Afrikaans wit mense is wat rassisties optree teenoor ander nie.

Comment Alert

Riaan Hepburn; SA

Ek laaik die fokken BLOG ding van jou dit is nogal lekker om te lees op 'n Vrydag.
Hou so aan met al die kak wat jy skryf want jy weet mos ek laaik van kak lees.

Thursday, February 15, 2007

I does...

























































Kyk eks nou nie 'n mens wat soppy raak oor allerhande kak soos troues, baby births, Valentyn's Day en al sulke tipe goeters nie...maar ek begin deesdae realise miskien is ek nie so harde klippie soos wat ek voorgee nie! Ek raak deesdae baie huilerig en kry daai warm gevoelietjie in my hart oor allerhande klom kak...insluitende die nuus partykeer!

Miskien raak ek nou maternal...fok weet. Anyway maak nie saak of ek nou maternal is of nie, maar toe een van my beste maaikies vir my die fotos stuur toe pik ek sommer 'n traan by my werkstafel....nou weet ek nie of dit van blydskap wat of jaloesie nie, want die girl het so STUNNING op haar troudag gelyk dat ek seker daarvan is sy sou vir Robert MofuckinGabe laat huil het!!!

Hierdie is 'n boodskappie gerig aan my baie goeie maaiki - Desiré Minter (was Eksteen)...

Dear Des

I am so sorry I couldn't be there to share this gorgeous day with you. You are truly one of the most beautiful brides I have ever seen and obviously as I assumed everything was done so tastefully and stylish. I hope that you and Miles have a fabulous life together and produce many children so they could teach the world how to be sophisticated, stylish and creative!

Lotza love
Jen;)

Wednesday, February 14, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se begaafte persoonlikheid heedt nog 'n freak wat ek ontmoet het in my werkswandelings. Eintlik om eerlik te wees het ek 10ure van my dag in sy oulike ernstige gesiggie vasgestaar vir 'n volle 3 maande, so ek kan hom al uit my kop uit teken.

Hy is 'n moerse intellegentlikeste oukie so ek vang nie altyd sy grappies nie, maar ek lag maar dan lyk ek ook slim. Hy is 'n goeie maaiki wat elke oggend saam my werk toe gery het of vice versa, hierdeur het ek ook opgesom dat hy nie van traffic hou nie...glad nie...hy hou soveel van traffic soos ek van donkie-kak om my brood hou.

Hy speel graag air chello as hy en oom Elkehol lekker kuier, hy laaik dit as koekkerige meisies sommer uit die bloute uit om 'n braaivleis vuur, in die middel van 'n geselskap begin melodië sing en hy hou van ham en kaas broodjies. Ek dink ek en my maaiki kom so goed oor die weg want hy versamel baie spelfoute en ek maak baie - dis wat maak dat die wiel aanhou draai.

Hy het my gelaatweet hy gaan trou, my nooi na die troue toe, op honeymoon gaan, terugkom, petrol in sy kar gooi, gaan uiteet, dan Engeland toe kom saam sy vrou sodat hy wat 'n copywriter is (o nogal 'n goeie een ook hoor) saam my wat 'n art director is, 'n creative team vorm en dan gaan ons by Ogilvy London werk...ek wag nog...o en soos julle sal sien by die laaste vragie - sit hy my obviously op 'n pedestal as dit by vriendskap kom...dus sien ek nog lang vriendskaps jare voorlê!

Anyway ek stel aan julle voor 'n kreatiewe kokkelol van my kring-van-kokkelolle:

Volle naam: Johannes Jacobus Nicolaas Albertus Stephanus Lodewikus Jacobus Hendrik Cornelius Botha. (My ma het nie geweet wie my regte pa is nie, toe gee sy my maar al haar boyfriends se name. Obviously was daar 2 Jacobusse.)

Noemnaampies: Nico, Nic, Tjommie, Clutchleg, Wenner, Hero en Yogurtvoël vir my vriende

Lokasie: Sharpville het die mooiste chicks. Ek kan maar net wens. Vir nou moet ek maar tevrede wees met Ferndale, Randburg.

Stickhorsies: Ernstig wees, mooi sit, fotografie en enige iets met balle. Ook kranige versamellaar van spelfoute.

Gunsteling Toiletpapier maak: Alhoewel dit baie sag is, gril ek vir die
klein hondjies op die klein hondjie toiletpapier se part. Kan jy jouself
voorstel wat hulle daagliks deurmaak? Die whale se moer.

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Oumense wat stadig voor my loop in die
mall en mense wat my vals beskuldig. Ek verloor dit.

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Lucky Luke.
Hy dra die broek. En sy hond is die coolste een op aarde.

As jy lunch saam met Thabo kon hê watse 3 vrae/statements sal jy vra/maak:
1. Wie de fok is jy? 2. Wie noem sy kind Thabo? 3. Kon jy nie 'n
ordentlike job kry nie?

Wat is die stoutste ding wat jy al ooit gedoen het en was jy gevang: Dis net stout as jy gevang word en ek is nog nooit gevang nie.

Wat doen jy met jou toonnaels wat jy afknip: Ek gooi dit in die soutpot. Dit hou die sout baie droër as ryskorrels.

As jy een ding van die vroulike geslag kon verander wat sou dit wees en
hoekom:
Ek weet nie. Julle is almal pragtig. Wat van 'n derde boob?

Sal jy met Yvonne Chaka Chaka slaap vir geld:
Net as sy drie boobs gehad het. En ek het ook nie genoeg geld nie.

As jy 'n liggaamsdeel moet skenk vir muti wat sal dit wees and why:
Ek sou my hele liggaam skenk. Die geheel is meer as die som van sy dele. Alles of niks.

Wat is jou grootste vrees:
Hoogtes. En ek is nogal lank so jy kan imagine deur watter tipe trauma ek elke dag gaan. Dis verskriklik verskriklik.

Wat dink jy van die Blood Diamond saga:
Ek dink diamante is overrated en bloed is underrated. Maar Di Caprio het die aksent baie goed gedoen, broe.

Beskryf Jenni in 1 woord:
Jenni wie?

Val in die tuin FOUGHT.

Ann Boshoff, Jozi, SA

"Om iewers in te kom in die lewe, moet jy jou sokkies optrek, of jou
panties aftrek...maar buk gaan jy buk."

Gelukkige Valentynsdag.
Anname.

Monday, February 12, 2007

Aiiiitsa jou Yster!

Is jy een van daai fuct-up mense wat nogal baie moeg word...jy sit nog so voor jou kakkerige rekenaarkie en toe ewe skielik tjorts drule jy op die keyboard. Of jy sit/lê nog so voor die tv en bekyk die latest Eish Wêna sake wat aangaan en toe tjorts drule jy op die kussing...ok dit mag ook dalk wees omdat meeste van die sake kak boring is...anyway terug by die moegheid.

Miskien vind jy ook nou die laaste ruk dat jy nie meer alles so lekker kan onthou nie. O gids dink jy by jouself...hoe het ek gister aand by die huis gekom? Ooops nee sorry dis die drank een....ok wag laat ek 'n ander voorbeeld gebruik..uuhhmmm, O ja, vergeet wat daai donnerse movie se naam is wat jy so graag wil kyk, of lees 'n boek en sodra jy hom neersit het jy klaar vergeet wat nou weer in hom gebeur het of erger vergeet jy jou ander helfte se ouma, sussie, hond of boetie se naam...

Dan laastens, het jy al gewonder of jy dalk bietjie vertraag is? Bietjie stupid? Jy konnie lekker regkom met daai kak optel en aftrek sommetjies van Gr. 2 nie, jy het ook nie die periodieke tabel fokken lekker gesnap nie...jy dog dis mahjong en miskien het jy ook die pot heeltemal raak gesit toe dit by learning difficulties kom.

Maar ek sê nou vir jou mannekie en juffroukie...vergeet van al daai trauma wat jy moet deurmaak as suigeling, kleuter, Gr. 1'kie, tiener, jong volwassene of nou volwassene...jy is nie fokken stupid nie, jy het nie 'n drule probleem nie en Alzheimer's is nog 'n long bus ride away! Jy het dalk net 'n tekort aan een van die vital nutriënte wat mens kort om lekker te function - genaamd YSTER!

Ja maaikies! As jou liggaampie wat Liewe Jesus en sy kabouters gemaak het nie genoeg YSTER inkry sodat jou hemoglobien lekker werk nie, gaan jy bietjie afkak. Kyk hemoglobien is mos nou daai rooi pigment in jou se bloed, en die transport O2 rond in jou se lyf, en ons almal weet wat gebeur as jy nie genoeg van daai kry nie.

So, moral of the story is - as jy wil slim kinders hê wat nooit moeg word of vergeet om jou lief te hê nie moet jy:
- Soveel moontlik steaks en tjops braai want rooivleis is die grootste YSTER provider van die
kossies at jy eet
- As jy sukkel met bogenoemde kan 'n aanvullertjie in 'n pil vorm ook van toepassing wees!

As jy 'n vegetarier is, is jy in die kak ou maatie...plus jy gaan kak stupid kinders hê.

Wednesday, February 07, 2007

Meet 'n Maaiki

Die week se Meet 'n Maaiki is so oulike, mal, kreatiwe doggertjie wat ek ontmoet het toe ek by Ogilvy gewerk het (toe ek gestrand was daar in SA), so sy is 'n nuweling in my kring van Kokkelolle. Welkom nuweling.

In die paar maande wat ek vir sussa ken, kon ek die volgende opsommings maak: Sy het 'n baie goeie hartjie, 'n liefde vir kuns en is goed daarin, 'n funky ma met tattoos, 'n suksesvolle boyfriend (sorry ouens...), het nogals 'n stewige brein, dink graag aan ander mense, goeie sin vir humor (seker al die POT van Potch wat nou inkick), goeie selfbeeld, verjaar in Desember, bestuur in dieselfde manier as ek, laaik YOGA (O, fok lees die artikel oor YOGA), hou van Starbucks al het sy dit nog nooit gedrink nie, weet waarheen sy oppad is, iemand wat jy 3uur in die oggend kan wakker bel en sy sal vir jou reguit sê FOKOF jy is gesuip, jy weet dit, gaan drink water en is 'n kak goeie tjomma!

Ek stel aan julle voor...

Volle naam: Annamé Boshoff. Noemnaampies: Annamie, Ann. of Annamerie. Die souties neig om my Annemé (Animei) te noem.

Lokasie: Ek word aangetref in Fourways-Bryanston-Johannesburg area, maar kom oorspronklik van die plek met baie pot...Potchefstroom.

Stickhorsies:Mmmmm, as mens in Joburg bly het mens nie rerig baie perdjies nie, die spasie is bietjie klein...tensy mens werk as 'n horsie sien?? Andersins...(krap kop), ek illustreer so elke nou en dan, spandeer graag tyd buite met my honde, hang in die Gym rond (sad, sad Joburg stokperdjie....)en eks lief om te Yoga.

Gunsteling toiletspray en geur: Glade het 'n nuwe een uit, ek dink die ding se naam is "Fresh Linnen", dit ruik, en beskryf homself as, Wasgoed - vars gewas en gedroog deur 'n sagte briessie. Dis 'n "Room Freshner", tel dit? Tensy jy Strawberries & Cream verkies na 'n lekker spicy maaltyd by een of ander dodgy plek? Don't think so...

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Mmm...Eks redelik oopkop oor baie dinge, maar gewoonlik mense wat treurig is, en my hare wat uitval.

As jy absoluut fokkol gehad het. Jy het net R5 in jou hol, want jy het nie 'n broek nie, wat sou jy daarmee gedoen het: Ek sou dit gehou het om toerkies daarmee te doen vir geld, soos Now you see it, now you don't. Maar as iemand 'n geweer teen my kop druk om iets daarmee te doen, sou ek dit...defnitief vir hom gee, is jy mal, hierdie is SA!!

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Weet nie rerig nie, miskien Stitch van Lilo en Stitch...Hy is 'n genetiese eksperiment en word beskryf as sterk, maar slim, soms verwoestend en eintlik soek hy net liefde. Komaan, wie wil hom nie wees nie? Ek het bietjie rondgevra wat ander mense dink...of Didi. Sy is nuuskierig, opsoek na iets om uit te snuffel, stout en sy weet gewoontlik meer as wat sy krediet voor kry!!!(Ek weet nie...tricky een.)

Size of the boat or motion of the ocean: Motion of the ocean.

Hoe fight jy crime in SA: Ek stop 2 karre weg van die kar voor my, sluit my deure, bere my handsak onder my bene, bly in sekuriteitskompleks, o , wag, dis nie Bevegting nie...Mmm, ek kom al die reels na wat ek dink ek moet...behalwe dan natuurlik my TV Lis-ênce, wie gee in elkgeval om.

As jy saam 'n politikus moes skinny dip, wie sou dit wees en hoekom: Saddam Hussein. Hoekom? Want dan het ek alleen geskinny dip...of ernstig, Helen Zille. Hoekom? Dink sy sal 'n paar interessante stories he om te vertel...sy lyk nogal snaaks. of J.F. Kennedy. Hoekom? Ek sou dalk te jong gewees het vir hom, maar dalk nie vir sy seun nie. Hu? Hu? (Of dalk, wag...)

Wie in jou opinie is die uglyste bekende persoon ooit: Anna Nicole Smith

Wat dink jy van die Blood Diamond saga: Hu? Kry mens dit by Builders Warehouse? Moes ek die movie gekyk het? Hu?

Hou jy van Starbucks koffie: Ha Ha. Ekt nog nooit gehad nie.

Beskryf Jenni in 1 woord: Verveeld

Die benefits van Yoga

Kyk ek is 'n persoon wat nou nie graag moerse exercise nie. Alhoewel ek moet admit dat ek die laaste ruk bietjie my gat in rat begin kry het, fiets begin ry het en so elke 3 de aand op my rooi matjie daar in my sit/eet/openplan design/leefspasie/area/kamer so paar strek oefeninge doen en myself verbeeld ek doen Yoga.

Dis baie ontspannend, my groot toon kry gereeld 'n kramp, my binnegoed word fikser en ek voel soos Rocky (die scene toe hy bo by die trappe uitkom)! Maar ongelukkig na vandag gaan dit alles verander...Nou gaan ek my Yoga-like oefen programmetjie moet afskaf want na die 2de strek gaan ek miskien moet kotz! En dis alles Anoniem se skuld...

Kyk ek sien myself as 'n redelike open minded persoon (miskien is ek nie eers nie, wie weet)...anyway maar na ek die seks rubriek gelees het was ek bietjie geruk...en ek blame dit alles op Yoga. Want hoe anders dan?

Of miskien is ek heeltemal verkeerd en uninformed en weet net nie dat this is what actually goes down in the real world nie (sorry vir die pun).

Hier volg die stukkie rubriek (ek het gecopy en paste...so belowe dis wat regtig daar staan):
SEKS Selfbevrediging Marthie van Zyl
Mon, 05 Jun 2006

Anoniem skryf:
"Eersten baie dankie vir 'n puik rubriek.
My vraag gaan dalk vir jou na 'n wolhaar storie klink (ek self kry skaam daaroor). Ek is 'n baie bevoorregte (of gestrafde) man, in die sin dat my penis baie lank is, 'n hele 24cm met ereksie. Ek het 'n tegniek ontwikkel waar ek (met bietjie moeite) myself oraal kan stimuleer. Ek is absoluut gek daaroor, en bring myself gereeld daardeur tot klimaks. Ek is gaande oor die smaak, en sluk die kom (jammer, ek kan nie aan 'n ander manier dink om dit uit te druk nie).
Is daar fout met my? Kan dit dalk beteken dat ek gay is? Is daar gesondheidsrisiko's aan verbonde?"

Marthie van Zyl

LUCY YOU dit is al wat ek so vinnig aan kan dink om te sê............

Nee, geen risiko, kom is skadeloos en heel veilig om te sluk. As jy geen begeerte het om ander mans oraal te bevredig nie dan is jy nie gay nie, maar as jy fantaseer oor ander mans en orale seks, dan sal ek wonder of jy nie moontlik gay mag wees nie, net jy sal dit kan beantwoord.

Geniet jouself (letterlik...)

Sien Tannie Marthie se rubriek kan jou ook dalk 'n paar dinge wys maak.

Gaan hier vir Marthie se rubriek plesier

Friday, February 02, 2007

Jan asb tog Squeeze my!

Net toe jy dink dit kan nie kakker met jou gaan nie, los jou ou/meisie/man/vrou/lover/ naaimaaiki jou en ewe skielik is jy lost. Jy kan nie in die aand meer aan die slaap raak nie want daai distinct cuddle wat jy elke aand so graag gekry het, het nou verdwyn.

O fok...nou is jy lekker kniediep in die kak want jou baas gaan die sakke onder jou oë spot en dink jy doen drugs. Die ontbied die polisie en ooooo fok jy het heeltemal vergeet van daai sakkie dagga, 2 pille en 4 papierkies wat jou druggie vriend regtig in jou lessenaar laai vergeet het. Jy word in die tjoekie gegooi saam rapists, murderers, serial killer, tuinbekakkers en ergste van als politikuste.

Anyway die tronk kos is hond kak, jou bed is nie 'n Seally nie, die tv het net 4 channels wat jy nie kan verstaan nie, almal kan sien as jy piepie of nog erger bollie...(hou in gedagte tronk kos maak mens hardlywig), jy is nie gewoont aan koekie seep nie en laat hom die heeltyd glip, jou beste maaiki se naam is nou BABBA, jou familie en die NG kerk het jou afgeskryf en al wat jy kort is 'n fokken drukkie!

Gelukkig het die brovas en sistas by CutieCircut tot jou redding gekom. 'n Rewolusionêre nuwe toppie wat jou 'n geprogrameerde drukkie kan gee! Gelukkig laat die tronke deesdae selfone toe want Vodacommen het die wardens gebribe, anders sou jy nogsteeds fokkol drukkies gekry het nie.

Dis hoe drukkie hempie werk:

"Remember when PDA stood for something other than personal digital assistant? It can again with the Hug Shirt, a high-tech garment that simulates the experience of being embraced by a loved one. When a friend sends you a virtual hug, your cell phone notifies the shirt wirelessly, via Bluetooth. The shirt then re-creates that person's distinctive cuddle, replicating his or her warmth, pressure, duration and even heartbeat. And, yes, the Hug Shirt is fully washable."

So al sit jou nou daar in jou nat, koue, bepiste selletjie, met kak slegte kos, fokkol op TV, BABBA as geselskap en 'n seer hol...kan iemand tenminste nou vir jou 'n fokken lekker sagte stywe drukkie gee!

Jou slaap patroon verkeer terug na normaal...dankie CutieCircut.

CutieCircut

VIVA IFP!

Beeld; Vrydag 2 Februarie 2007

Regstellende aksie jaag wittes uit - Buthelezi

Regstellende aksie is die hoofrede waarom so baie wittes die land verlaat wat op sy beurt 'n groot vaardigheidstekort veroorsaak, het mnr. Mangosuthu Buthelezi van die Inkatha-Vryheidsparty gesê.

Buthelezi het in sy weeklikse nuusbrief geskryf dat witmense aansporings moet kry wat dit vir hulle die moeite werd maak om in die land te bly.

Die rede waarom die meeste wittes die destydse Nasionale Party se referendum gesteun het om 'n einde aan apartheid te maak, was omdat hulle geglo het dat daar vir hulle plek in die nuwe Suid-Afrika sal wees, het Buthelezi gesê.

"Dis nodig dat ons wit Suid-Afrikaners 'n beduidende aandeel in die huidige bestel bied ... dit het nie net ekonomiese sin nie, dit is ook in pas met ons visie vir 'n nie-rassige Suid-Afrika.

"As die meerderheid witmense in die jare 90 sou voorsien het hoe 'n groot rol regstellende aksie en rasseklassifikasie in die arbeidsmark sou speel, sou enkeles 'ja' gestem het in mnr. F.W. de Klerk se waterskeidingsreferendum oor konstitusionele hervorming."

Buthelezi het gesê die IVP gaan 'n forum voorstel wat hom ten doel sal stel om na maniere te kyk waarop wittes in Suid-Afrika gehou kan word. - Sapa

Thursday, February 01, 2007

Honesty is the best policy

Ongelukkig kan ek dit nie beter in Afrikaans sê nie - maar honesty is oor die algemeen regtig the best policy. Ons bevind onself elke dag in obskure situasies en al wil ons partykeer hoe graag net vir iemand eerlik sê hoe ons regtig voel of wat ons regtig van hulle dink, is dit partykeer baie moeilik want ons is almal ewe judgemental en oorsensitief.

Ek glo vas dis hoe ons as Suid Afrikaners groot gemaak is. Hoeveel van daai kinders onthou jy wat as jy vir hulle in Gr 1 sê; shoe maar jy het lelike tone, na die donnerse juffrou toe hardloop en dan skuif sy jou tot reg voor teen die bord, waar jy nou alleen sit en die fokus punt van die klas is! Dis sulke tipe goed wat mens scar vir die res van jou lewe! Wie gee Juffrou Rotenmeyer anyway die reg om jou eerlike opinie te undermine? Is freedom of speech dan nie van toepassing op minder jariges nie? Of miskien het Juffrou Rotenmeyer self dalk kak lelike tone...

Ons moet van kindspeen af opstaan teen die establishments en skreeu: Jou moer jou lelike common konserwatiewe drol, ek sal sê net wat ek wil wanneer ek wil!

Ek het 'n paar old skool vriende en ek weet net waar om te gaan met hulle wat eerlikheid betref. Daar is absoluut niks verkeerd met old skool vriende nie, ek het net al agter gekom dat hulle ingeboude processerkies nie eerlikheid so lekker process soos my ander maaikis nie. Maar hulle het net 'n updrade nodig dan sal hulle ook oraait wees.

Ek dink anyway as almal net lekker eerlik is sal daar ook soveel minder korrupsie wees, dan kan Mev. Phumzile Mlambo-Ngcuka (ons adjunk-pres) ook net admit dat sy fokken derduisende rande by die tax-payers gesteel het om vakansie te gaan hou saammet haar entourage en sy worry nie regtig nie want sy het nuwe kameelleër handsakke, egte goud g-string panties en 'n fokken vet gat om daarmee saam te gaan.

As ons almal net van kleins af geleer word om meer eerlik te kan wees sal:
*Jy vir jou niggie kan sê jy dink haar babakie is die lelikste dingekie onder die son,
*Gay mense by die ouderdom van 3 en 'n half al uit die kassie kan kom,
*Jy kan vir jou baas sê dat die pers broek wat sy so gereeld dra haar 'n vieslike camel-toe gee,
*Jy aan jou blond bomshell girlfriend kan admit jy dink sy is so toe soos 'n klei-os se hol maar jy date haar net want sy is 'n nimf met groot tiete.
*Jy actually vir society sê ek wil nie 'n fokken accountant wees nie!

So ek daag almal uit wat hierdie artikel gelees het om bietjie meer eerlik te wees met jou medemens, nie outrageously aanvallend nie (soos ek partykeer kan wees nie), net eerlik.