Wednesday, January 31, 2007

Afrikaans my Darling (hierdie is 'n lang een)

Vir die van julle wat Koos fans is sou al die boek "Afrikaans my Darling" gelees het. Alhoewel ek glad nie oor sy boek iets gaan sê nie het ek wel sy titel geleen/gesteel/gegebruik vir hierdie trotste stukkie. Die mense wat al voorheen my "blog" gelees het sal weet dat ek nogals my tale kan mix...van die volgende paragraaf af gaan ek baie hard probeer om dit nie meer te doen nie, so as direkte vertalings soos hotdog - warmwoefie opspring, probeer verstaan, dis moeilik om 8ure van die dag heeltyd Ingils te praat en te probeer dink in Afrikaans. Maar ek sal nie opgee nie!

Hierdie stukkie handel oor die toekoms van Afrikaans, waar ons onself nou bevind met Afrikaans en redelike subjektiewe menings.

Bietjie geskiedenis oor Afrikaans:

Het Afrikaans is een dochtertaal van het Nederlands, gesproken in Zuid-Afrika en Namibië. Ook zijn er immigranten te vinden in Canada, de Verenigde Staten, Australië, Nieuw-Zeeland en het Verenigd Koninkrijk met name in Londen. Het Afrikaans is één van de elf officiële talen van Zuid-Afrika. Hoewel het de grootste taal is van Namibië is het Engels daar de officiële taal.

Het Afrikaans heeft zich ontwikkeld uit het 17de-eeuwse Nederlands, met invloeden van enkele andere talen. Er zijn vooral veel Hollandse kenmerken en klanken te vinden, hoewel er ook (West-)Vlaamse invloeden inzitten.

Het Afrikaans werd door de Unie van Zuid-Afrika in 1925 erkend. In 1961 werd het Nederlands uit de grondwet geschrapt (Nederlands en Afrikaans werden beschouwd als synoniemen). Het Nederlands kwam aan in het Afrikaanse continent toen Jan van Riebeeck in 1652 een kolonie stichtte. Het Afrikaans is de jongste Germaanse taal ter wereld.

En daar het julle dit - 'n opgesomde geskiedenis van Afrikaans in Nederlands. Julle almal ken sekerlik inelkgeval die geskiedenis maar dis holderstebolder om dit in Nederlands te lees. Soos julle kan sien is Afrikaans die jongste taal van sy soort ter wêreld! En verdien baie krediet!

Ek het 'n artikel gelees wat beweer dat meeste mense in Suid Afrika graag Engels as hooftaal in alle skole wil implimenteer en sodoende Afrikaans wegneem, ook uit Afrikaanse skole uit. In party opsigte sal dit goed wees want daar is baie goewerment skole waar die kinders geen Engels leer nie, hulle ontvang onderrig slegs in een van die ander nege tale, so hulle sal nie lekker kan komminukeer in die grootmens wêreld nie. So moet volgende keer nie so kwaad raak vir die kliënte diens ontvangspersoon as hy/sy jou nie te lekker kan verstaan nie. Die arme siel het vreeslik limieted (limited) Engels op skool geleer en is toe sommer in 'n werk ingedruk om persentasies op te maak. Dit is nie hulle skuld nie! Weet dit asb.
(Kies en Betaal is nogals goed met hierdie taktiek)

Maar hoekom nou die pragtige uitdrukkende taal van Afrikaans die pad wys maak? Probeer die mense van Suid Afrika dalk papier spaar? Of miskien sukkel mense te veel om handboeke in Afrikaans in te vertaal want Vensters se spellingbekyker kan nie die Arikaanse taal spelbekyk nie?

Ek sê vat maar Afrikaans uit die skole uit, want dit maak nie saak wie wat gaan doen of wat gaan gebeur nie, Afrikaans het nou eers begin groei. Afrikaans was meer onderdruk in die apartheids era toe net sekere tipe taal mag gebruik word en net sekere liedjies mag geskryf word en net sekere gedigte mag voorgedra geword het. Ek dink Afrikaans het toe sy donkerste tyd beleef. Vandag is ons almal vry om die woord POES te gebruik, of lekker uitdrukkings soos 'Is jy deur die ore genaai' te gebruik. In die Afrikaans onderdrukte era was daar nie baie Karen Zoids, Fokofpolisiekarre of Chris Chameleons nie soos daar in vandag se dae is nie, Koos en Johannes moes maar die fort hou met die Voelvry toer.

Al sit ons nou vandag met 'n paar obskure karaktiere in Afrikaans soos Kurt, Nicholas, Jurie en Patricia...kan ons net dankbaar wees vir die Kose, Zoids, Chameleons, Fokofs, Caspers en Antjie Krogs wat ons taal bevorder en heeltemal uniek maak.

Sê die volgende sinne agter my aan:

- Jannie you are such a dumb puss.

- I fell myself a bushman picture.

- You are pumping my bolt. (nut & bolt)

Ok sê nou dieselfde sinne oor in Afrikaans...

Wees jy maar die judge!

Oraait fokkit...ek confess

Anoniem, Londen

Pa: Dit was ek wat altyd jou drank uitgedrink het en dit met water opgevul het en nie Maggie nie...jammer Maggie. (Maggie het amper haar werk verloor...)

Meet 'n Maaiki

Die week se gelukkige wenner is 'n seuntjie maaiki wat ek in Std. 9 ontmoet het toe ek skole verskuif het. Maar ek het egter eers die ware Jakob leer ken toe ek saammet hom by Sentra supermarket gewerk het! Ja ek sê jou ek so hard til geslaan dat ek nogsteeds nommerkies op my fingertips het. My maaiki het agter die vars vrugte sap counter gewerk en ek bedank hom tot vandag toe vir my gesondheid...die liters vrugte sap wat hy vir my VERNIET gegee het moes 'n gesonde impak gemaak het!

Hy is ook 'n ou wat lekker kan dans en stories vertel (veral die legendariese Anaconda storiekie) oor 'n bier of bottel wyn. En al die girls daar buite...die mannekie het nog nie 'n pot vir sy deksel nie en ek weet Valindietuin dag is oppad...so miskien kan iemand aan hom 'n Penis Pokey besorg. Hy is die tipe ou wat graag in die aand vir jou 'n storie lees voor jy bed toe gaan. Sy nommer is: 083 381 4675.

Volle naam en noemnaampies: Marius Coetzer>Maas

Lokasie: Stand 5, Zone 6, Extension 2, Roodekrans (en nee my huis is nie uit sink gebou nie)

Stickhorsies: Rugby + Golf

Gunsteling kondoom maak: Ek eet 'n appel sonder 'n skil!!!

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Stormers supporters!!!! + Taxi bestuurders (geen spesifieke volgorde)

Wat is die grootste fout wat jy al ooit gemaak het: Glo nie in foute nie maar die lesse wat jy leer

As jy 'n cartoon karakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom: Superman.....Rambo

Groot fake boobs of klein natuurlike boobs: GROOT fake boobs, Ja vir Pamela Anderson!

Het jy al iemand skelm afgeloer en hoekom: Nee nog nie, maar dis nooit te laat nie

Sal jy strip/stripper wees om jou familie te voed: As dit die laaste uitweg is, Ja. maar ook as dit nie die laaste uitweg is nie.

Wat dink jy van die Blood Diamond saga: Is nog bietjie agter op daai een, maar is op hoogte van die "Super 14" saga!

Wat is jou groot confession: Ek is 'n groot BULLS ondersteuner en proud of it!!!

Beskryf Jenni in 1 woord: GR8


Comment oor misdaad artikel

Nico Botha, Suid Afrika

Jy hoef nie hierdie een te plaas nie.

Ek moet bieg dat ek nie gehou het van jou houding in die artikel hier ter sprake nie. Jy sit daar ver, weg van alles af. Ons sit hier en moet oor ons skouers kyk. Ek weet dis 'n faktap situasie en als, maar dit gaan net mooi niks help om só daaroor aan te gaan nie. Ek is juis besig om een van die columnists op News24 aan te vat oor sy kak houding teenoor witmense en sy negatiewe kolom op die website. Moenie dat ek vir jou ook oor my skoot trek nie.

En Zola Budd was 'n loser! Wen alles, maar toe dit saak maak, toe bliksem sy en 'n ander chick oor mekaar in die Olympics.

Tuesday, January 30, 2007

Oraait fokkit...ek confess

Dis altyd vir my so fuct-up om te sien hoe mense daar in die confession box gaan sit en vir die Priest jarre se kak vertel en die siek realiteit: betaal hom boonop en hy gebruik die geld om viagra te koop sodat die 12 jarige seuntjies met wie hy lol nie dink hy het 'n klein/pap tottie nie...maar op die ou einde van die dag voel die mense beter as hulle daar wegloop.

Ek weet almal van ons met 'n lekker donker siek secret waarmee ons rondloop wat ons wegsteek of nog nooit met iemand gedeël het nie en nie almal van ons is nie so gelukkig om by 'n confession box uit te kom nie. En ek weet boonop almal brand om dit vir iemand te vertel of dit actually net uit die system uit te kry maar die Brooklax werk nie! Dis hoekom ek dit goed gedink het om die "Oraait fokkit...ek confess" club te begin.

Hierdie is 'n hoekie waar jy enige iets kan confess en niemand gaan rerig worry nie! Om nou brutally honest te wees worry ek 'n fok oor jou issues nie (ek het my eie), maar ek weet ook hoe belangrik dit is om daai mini issue uit te kotz op papier, computer of klankgolfies. So hier is nou jou kans. Jy kan anoniem bly, jy kan onder 'n skuilnaam confess of jy kan jou geboorte naam gebruik as jy nie te skaam is met wat ma en pa jou gedoop het nie!

Jou confessions hoef nie fokken ernstige hart sake te wees nie! Enige iets wat jy nog altyd wou sê sal fine doen!

Ok ek is mos nou die groot prater so laat ek maar die confession hoekie afskop...

Jenni Smit; London
Oraait fokkit...ek confess:
"Ek het 'n Spice Girls cd gehad en actually hulle musiek gelove. Ek het nog altyd gewonder hoe dit sou wees om 'n meisie te soen en alhoewel ek al 3 opportunities gehad het, het ek elke keer uitgechicken. Alhoewel ek nie 'n rasis is nie, laaik ek dit om die 'K' woord te gebruik, want dis so lekker woord om te sê."

So daar het julle dit nou...confessions done en actually voel ek fine, gedog dit sou erger wees! Nou is dit julle beurt!

Monday, January 29, 2007

Kwotasie vir die Nasie

"All paid jobs absorb and degrade the mind."
Aristotle (384BC - 322BC)

Ons is amper nr. 1...yeeehhaaaaa

Suid Afrika is nou nie juis 'n land wat sommer 1ste kom in dinge nie. Wel dis nou as jy die 1995 wêreld beker rugby en Zola Bud uitsluit, maar ek dink ons kan maar die loser attitude laat staan! As daar nou 1 ding is waarin ons fokken goed is, is dit crime en corruption! Ek het na so bietjie research op Granny Google agter gekom dat ons slegs 1 plekkie weg is van nr. 1 af! Nr.1? Ja dames en here, appels en pere...Suid Afrika is no. 2 in die wêreld vir lande met die hoogste moord syfer! Kyk ons kick ass hier want ons wen sommer Colombia, Bolivia en Rwanda!

As ons nou mooi gaan sit en dink in ons behekte, befenste, be-elektriese omheinde, bespanish barred befoken ge ADT'de huise...dan moet ons onself net ook 'n vragie vra. Is Rwanda dan nie daai landjie da in die ooste in Akrika waar al die wars en kak aangaan nie? Skiet hulle dan nie baie mense op 'n dag nie? Nee moenie worry nie, ons wen hulle by verre! Suid Afrika vat amper die bloed-koek...maar noggie! Daar is 1 ou landjie wat nou in ons pad staan vir die No. 1 titel!
Donnerse Honduras! Ja so kak klein plekkie daar in central America.

Ek glo nie ou Honduras gaan vir te lank in ons pad staan nie. Kyk die murder rate in Suid Afrika spandeer gelukkig 'n moerse klomp ure op die treadmill! Hy raak al hoe fikser...Kan Eskom ook asb net seker maak die donnerse krag bly aan sodat MurderRate kan aanhou draf! Fanx!

Maar sien die probleem is MurderRate se coach glo nie so sterk in hom nie! Sien die coach het net nou die dag gesê dat MurderRate nie out of control is nie en ons almal weet wat dit betekin...arme MurderRate gaan dan nie top posisie kan haal nie. Wel miskien kan ons die treadmill 'n paar kilo's vinniger stel, dan kan MurderRate darem sy coach ietsie bewys! En sommer terselfdetyd die res van die wêreld! Ons kan die wêreld wys dat ons wel 1ste kan kom! Ons is goed in iets! Actually blerrie doners briljant as jy my vra!

Viva Suid Afrika! Kom geniet die 2010 World Cup hier in ons pragtige land - waar ons darem 1ste gaan kom in iets!

*Die Murder Rates op image 2 word per 100 000 mense gespesifiseer.
*Artikel is satiries, net incase jy gewonder het.

Friday, January 26, 2007

Put your middle leg in and shake it all about...

Krismis is skaars verby dan is dit weer die ever dreading Valentyns Dag!
Ja oraait Valentynsdag is nou al met ons since die High Middle Ages en ek is seker dit was baie flattering om so pragtige geskrifte rol met 'n mooi boodskappie te ontvang, maar verdien Valentyns dag nou regtig so baie krediet?

Van middel Januarie af kan sukkel mens jou gat af om 1 winkel te kry wat nie met kitch rooi kak beswadder is nie. Hartjies, kaartjies, ballonnetjies, beertjies, blommetjies,boodskappies en dan natuurlik pleisterkies vir die hartjies wat gaan seer wees omdat hulle niks kitch rooi kakkies gekry het nie. Ek het na aandagtige navorsing gevind dat meer as 1 biljoen valentyne gegee word op D-Day (2de mees populêreste card-sending holiday naas Krismis) en glo word 85% van alle valentyns deur die female species gestuur! Ja dames lyk my ons is almal lekker jags.

Dames, kom ons booikot bietjie die rooi kitch kak van Valenpynindiegat Dag! Moenie jou geld mors op unimaginative boring crap wat 500% in prys omgemerk is nie - bestel liewers vir jou geliefde 'n Penis Pokey! (Menere, dring aan op een van die...)

Die Penis Pokey is een van die oulikste, funste en well designed boekies wat ek nou al ooit tee gekom het. Ek is amper oortuig daarvan dit gaan ure meer plesier skep as vervelige kouse met hartjies op, of 'n common cartoon 'I Love You' boxer short of even 'n beertjie (Hang maar af hoe groot die beertjie is en of jy hom kan opblaas of nie). Ok ek moet admit, so Valentyns geskenk gaan nou nie werk vir 'n girl op laerskool nie (die gaatjie is te groot) - maar niemand van julle wat die blog lees het 'n verskoning nie, behalwe as jou loved one nie 'n piesang het nie of as jy lesbies is. Laat my weet dan soek ek vir julle ook 'n ingenious invention.

Wel ek dink ek het nou genoeg sales talk gedoen, ek is anyway nie die sales tipe nie, maar ek dog net ek stel julle voor aan ietsie anders as "I love you so much, You are the best, Better than all the rest, Better than anyone, Anyone i've ever met, I'm stuck on your heart.....kak"

Gaan hier vir Penis Pockey produk voorstelling plesier.

Wednesday, January 24, 2007

Maar waar is die sneeuman dan?


Aiiiii dis darem mooi om uit jou huis in a pragwêreld van wit kotz in te stap...ek noem dit maar wit kotz want sneeu kan ons dit nog nie regtig noem nie. En aangesien mense sê dit pis, bedoelend dit reën het ek dit goed gedink om te sê dit kotz (sneeu). Sneeu word eers gedoop as sneeu as dit 30cm diep lê - of so sê ek! Maar die wit kotz-kombers het my hartjie baie bly gemaak vanoggend. Ek en Dries dog ons hol nog vir die trein to bliksem ek amper van die trappie af...(oorsaak = wit kotz). Toe neem ons gou 1248 fotos tussen die huis en die stasie (5min se loop), ek ski ski so op die een groot toon en Dries se afro skrik hulself in nog hegter krulle in!

Onse plat boere is mossie gewoont aan die se snaakse goed nie - toe raak ons mos somme abstrak. Ek ruk toe amper my grafie en wortels uit...Jenni wil mos net sneeuman bou...As Dries my nie aan my hare in die lift by die stasie in getrek het nie, sou ek nou al 'n hele fokken familie gebou het! Mind you ek dink nie ek het genoeg wortels gehad vir neuse en totties nie.

Al is dit proestoesties koud buite, het ek nogsteeds 'n lekker warm gevoel in my hart as ek by die venster uitkyk en die wit kotz-kombers gewaar...

*foto 2: Vullis drom en bankies oppad stasie toe*
*foto 1: View van stasie af op flats en park*

Meet 'n Maaiki

Die week se hottie tottie maaiki is 'n vriendin wat ek van laerskool af ken maar het nie regtig met haar bevriendin geraak tot St. 9 nie - dis nou Gr 11 vir die nuwelinge! Sy is een van die slimste, eerlikste en mooiste girls wat ek ken! Sy vat nooit kak van enige kabouter nie en ek dink as ek vir haar en die tannie van Weakest Link in 'n showdown sit gaan sy die tannie solid opfok!

Sy weet presies wat sy uit die lewe wil hê en is een van daai persone wat alle situasies logies aangryp. Sy is 'n great vriendin met 'n lekker sin vir humor wat baie omgee! Maar ek dink ek sal haar moet challenge met die Sing Star ding want ek dink nogsteeds ek is die Koningin van Sing Star land! - hee hee

Ek stel aan julle voor:

Volle name en noemnaampies: Yoricke Veronica Esterhuyse / Frosty the SnowBitch

Lokasie: Wilropark, Roodepoort, North JHB, JHB, Gauteng, Suid Afrika

Stickhorsies: Kicking ass at SingStar!!!

Gunsteling bra design: Wonderbra

Wat irriteer die K@K uit jou uit: Freaking, Stadige, Onnosole, Breinlose, Dom, Retarted, Slow MENSE... en minibus taxi's

Grootste politieke fokop ooit in jou opinie: Om dit wat die kak uit my uit irriteer (sien boonste vraag) in die politiek te sit...

As jy gereincarnate sou wees, as wat wil jy terugkom en hoekom: As Jenni of course...ha ha, grappie...

Wat sal jy vir Jacob Zuma sê: Dumelang Dude...welcome to South Africa for a change...

Het jy al ooit iemand gemoer, give details: Nee, maar wou al vele vele male...Wel, Ja, as jy Jason se bloeiende lip by tel, maar dit was 'n ongeluk...Hy sal sê ek lieg, maar ek weet wat die waarheid is...And that is the story I'm sticking to...

As jy net 1 ding kan verander was sal dit wees: No more power cuts in JHB...o, ja, en Jen terug bring SA toe...

Wat is jou sterkste en swakste eienskap: Sterkste - My sterk persoonlikheid. Swakste - My sterk persoonlikheid.

Wat dink jy van die Miss World Kompetisie: Dat dit nooit regverdig sal wees totdat Jen en ek daarin deelneem nie...Jy kan dit net nie Miss World noem as ons nie deelneem nie...

Beskryf Jenni in 1 woord: Mmm... Word of the Week: Next Miss World


Tuesday, January 23, 2007

Comment op die "Reverse Racism"

Nico Botha; Suid Afrika

Die ou (wie is hy?) het 'n paar punte. Maar al daai goed geld snaaks genoeg oral in die wêreld. Ek dink dis omdat swart mense nog altyd oral onderdruk was. So hulle is nou half sensitief vir enige iets wat in daai rigting mag neig. Dis 'n tipe bomskok of paranoia. Al wat hulle dink is: "Ag fok. Hier gaat die whiteys al weer. Maaa!"

Daar is nie 1 lank in die hele wêreld waar witmense ooit onderdruk was deur 'n ander ras nie. Behalwe miskien nou hier. Maar daarvan is ek ook nie seker nie. Ons het dit beter as wa hulle dit ooit gehad het.

Die skuld moet natuurlik vierkantig op nuuskierigheid se skouers geplaas word. Die Europeërs was gans te nuuskierig. "Hmm. Wonder wat gaan daar in Indië aan? Bring 'n skip da ga kyk ons." Toe bly hulle sommer oral waar hulle langs die pad gestop het. "Hmm. Wat gaan hier in hierdie plek aan. Fok! Vrou! Kom kyk hier. Tjek hoe swart is hierdie mense se velle. Wadefok? Ek bly sommer!"

Maar ek gaan nou nie die oorsaak van alles soek nie. Net die oorsaak van hulle bomskok. Ek dink nie die "opression" was lekker nie. So hulle is maar lugtig vir enige iets wat amper miskien so-te-sê dalkies naby aan dit kan kom.

Amen

Oranje, blanje, Black

My vorige artikel was skaars op die lug toe ontvang ek hierdie brokkie inligting van my man af. Almal het seker al te doen gekry met die storie maar hier is 'n verfrisserkie van hoe bly ek is nie alle swart mense dink ons klomp whities is dose, wat in groepies bymekaar kom onder Eugene Terblanche fotos en 'Uit die blou van onse hemel' sing nie.

Inligting met die komplimente van Beeld - nie ABSA nie.

"Hy het dit vir eenheid gedoen, sê mnr. Tshepo Legodi, wat die wenkbroue laat lig het toe hy die Springbokke verlede November op Twickenham in die tweede rugbytoets teen Engeland met ’n ou landsvlag oor sy skouers ondersteun het.
Volgens Legodi, wat die afgelope sewe jaar in Londen werk, het hy besluit om die ou vlag by die toets te swaai om te wys dat hy dít wat in die verlede gebeur het, aanvaar het.
“Ek dink as mense werklik vrede gemaak het met die verlede, behoort dit nie meer ’n teer punt te wees nie. Die apartheidsjare was sleg, maar ek gaan nie voorgee dit het nooit gebeur nie.
“Die ou vlag is ook deel van mý geskiedenis. Wat gaan ons eendag vir ons kleinkinders vertel? Ek sal graag vir hulle wil wys dat ek aanbeweeg het.”
Die groot aantal ou Suid-Afrikaanse landsvlae wat gedurende die Bokke se twee toetse in Londen teen Engeland op 18 en 25 November rondgeswaai is, het plaaslik ’n groot herrie veroorsaak.
’n Leser se foto van ’n onbekende swart man met ’n ou vlag oor sy skouers wat die Bokke in die tweede toets ondersteun, het tot heelwat bespiegeling gelei.
Dit het nou aan die lig gekom dat Legodi dié man is. Legodi, ’n 26-jarige oud-Pretorianer en sakekonsultant, sê hy kuier elke jaar by sy ouers in Polokwane (Pietersburg) en sal altyd ’n “trotse Suid-Afrikaner” bly.
Volgens hom was die meeste Bok-ondersteuners verras om hom met die ou vlag te sien.
“Ek dink die meeste mense het die humor daarin gesien. Ek dink ons moet daarteen waak om nie oorsensitief te wees nie.
“Die ou vlag het destyds die hele Suid-Afrika verteenwoordig en almal was beslis nie rassiste nie. Hulle was trotse Suid-Afrikaners wat nou net so trots is op hul nuwe vlag.”
Sal hy weer sy ou vlag saamvat Twickenham toe?
“Ja, ek het eintlik albei landsvlae by die toets gehad. ’n Swart man met die ou én nuwe vlag is die beste voorbeeld van eenheid wat jy kán kry.”

Blameer dit op die van Riebeecks

Soos meeste van julle weet is ek en Dries baie liberale Suid Afrikaners. Ons stem glad nie saam met apartheid of enige rasisme wat daarmee saamgaan/saamgegaan het nie. Ons verstaan nie hoekom party swart mense nogsteeds baas en miesies sê nie? Maar dit gesê stem ons ook glad nie saam met die kak wat nou in Suid Afrika aangaan nie. Ek het 'n e-possie ontvang wat so paar punte uitgewys het wat my bietjie laat dink het. Kom ons wees maar eerlik die e-pos generalize nou ook heeltemal, maar sonder generalization gaan ons nooit sekere statements kan maak nie.

Hier volg statements wat die e-possie bevat het: (ek het hom bietjie gesensor...)

You call me 'Whiteboy, Famma, Maboeroe, Lekoa, Whitey, Settler, White Trash' and that's ok.
But when I call you 'Nigger, Caffir, Piksteel, Houtkop, Muntu or Gook you call me a racist. (Kan ek net uitwys dat die woord Gook eintlik ontstaan het tydens die Korean war, dis 'n derogatory woord wat die Amerikaanse soldate die Koreans gedoop het en word meestal gebruik wanneer verwys word na South-east Asian mense...so weet nie waar hy op die bandwagon gespring het nie?)

You say that White people committed a lot of violence against you, so why are the ghettos, townships and Africa the most dangerous places to live in the world?

You have:
- Bursaries for previously disadvantaged
- Freedom Day
- Youth Day
- Thabo Mbeki
- Affirmative action
- BEE
- Employment equity
- BCM, PAC and A za po
- People singing "Kill the boer, the famma"

If we had WET - (White Entertainment TV) we'd be racists. If we had a White Pride Day you would call us racists. If we had white history month, we'd be racists.

If we had an organisation for only whites to 'advance' our lives, we'd be racists or white supremacists.

If we had a college fund that only gave white students scholarships, you know we'd be racists. There are 100% black colleges and universities in SA, yet if there we 'Afrikaans universities' that would be a racist institution.

In the Soweto march, you believed that you were marching for you race and rights. If we marched for our race and rights, you would call us racists.

You are proud to be black and you're not afraid to announce it. But when we announce our white pride, you call us racists.

I am proud, but you call me a racist. Why is it that only whites can be racists?

*author unknown*

So nou wil ek weet wat julle views is maaikies? Stem julle saam, stem julle nie saam nie? Wat is waar, wat is nie? Beleef Suid Afrika dalk 'n reverse apartheid? Stuur vir my julle views dan post ek dit op die blog. Politieke discussions is altyd so lekker...hier gaan ons vuur en vlam!


Monday, January 22, 2007

Koue Jagter

Kyk dit werk nou maar net so. Daar is net party mense in die wêreld wat altyd alles kan regkry. Hulle is stylish, slim, weet van law, travel na die regte plekke toe, koop die funkyste skoene, eet by die regte restaurante, geniet polities korrekte musiek en help om die wêreld groener te maak terselftetyd. Omdat ek niemand ken wat al die bogenoemde kwaliteite besit nie het ek vir ons almal so hulpmiddelkie aangeskaf...

Ek ken wel mense wat dink hulle is stylish, voken mos alles weet, die law se moer, travel is vir voëls, dra die kakste skoene en dink dis fab, eet by die commenste restaurante en dink dis stylish omdat die menu in 'n boekie vorm kom i.p.v. 'n 1 bladsy lamination, geniet musiek soos Kurt Darren en verstaan nie wat dit beteken om die wêreld 'n groener plek te maak nie...gelukkig lees die mense ook nie my blog nie!

Maar vir julle daar buite wat bietjie meer kultuur in die ruggraad het...gaan hier vir design sensasies en cool-kitch plesier.

Vats Life!

Jammer ek weet ek het baie lanklaas geblog maar die past week was een van baie tragic en unfortunate events. Vrydag oggend 2:15am kry ek 'n yskoue oproep van 'n baie goeie vriendin van my wat in my woonstel blok bly...haar sussie is oorlede in 'n kar ongeluk en sy wil asb hê en moet haar kom help (haar ouers en sussie bly in kanada alhoewel hulle Afrikaans sprekende Suid Afrikaners is)...so spring ek sweetpak broekie en al uit die bed, trek 'n paar tekkies aan, versuim om die rieme vas te bind en hardloop vir die wind na woonstel 136 toe...ek gaan nie in detail ingaan nie, maar kom ons sê maar net dit was een van die rofste aande van my lewe...mainly omdat ek nie die situasie kon verander nie.

Ek het ook versuim om te slaap daardie nag, konnie my maaitjie alleen los nie...het gaan werk, toe te moeg om te blog. Gaan huis toe om uit te vind een of ander ongeletterde persoon wat duidelik nie kan lees nie het ons kar geclamp! (Ons het 'n valid permit in die venster) Die totale fine sover is £215, ons weier om te betaal hulle weier om die clamp af te haal. Is toe Saterdag oggend 6:00uur weer oppad om Dries se sussie te gaan haal. Sy het bietjie kom kuier. Die hele Saterdag en Sondag 'n gemiddelde 7ure per dag rond geloop...voetjies baie eina,ogies bietjie moeg.

So die nuwe jaar het biejtie skeef afgekick vir ons, maar darem haal ons nog asem, het kossies om te munch, is redelik gesond...(behalwe daai funny hoesie so nou en dan, seker van al die rook op skool!) en slapies elke aand lekker warm.

Op die ou end as die kak jou van alle kante af tref moet jy terugstaan, diep asem haal en met 'n common Ventersdorp aksent sê: 'Vats Life!"

Wednesday, January 17, 2007

R u like to know...

1488 - Dias succeeds in circumnavigating the Cape, naming it "Cabo do Boa Esperança or the Cape of Good Hope. This is a major breakthrough in the search for discovering a sea-route to India.





Borste Borreltjies

Sowaar het ek nog 'n vreugdevolle en genotsbetreklike Flash animasie rekenaar beheerde tegnologies speletjie ontdek. Gelukkig het Mr. Columbus Amerika ontdek anders het ek dit ook gedoen.

Wel as jy enigsins interest het in borste van alle kleure, skakel graag in op my "Borste Borrels" legendariese animasie speletjie.

Dit bring ure genot - kyk kom ons wees nou maar eerlik, die aangeplakte "playground" musiek is kak irriterend, die half naak dogterkies aan die regterkant pretty darn commen, maar gelukkig kan jy die klank afsit en jou oë toemaak as jy nie van die soft-pornografiese materiaal hou nie! Sien ons het altyd 'n keuse in die lewe...

Gaan hier vir kleurvolle borste en animasie plesier.

Tuesday, January 16, 2007

En die gelukkige wenner is...


Ja dames en here ons het 'n wenner - 'n donnerse brainiac as jy my vra! Ek sukkel my holle af by level 13 so die knaap het baie goed gedoen. O shit amper vergeet ek...drumroll...ttttrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr dish!

En die persoon om eerste by level 40 uit te kom is - Andries Smit! (ek het tot die screenshot - nie te kakkie) Sien ek sê mos ons doen niks in pommieland nie...

Ek tune jou somme straight

"I would rather live my life as if there is a God, and die to find out there isn't, than live my life as if there isn't, and die to find out there is."

Meet 'n Maaiki


Wel maats dis weer daai tyd van die week - ek stel elke week 'n kokkelol aan julle voor...Net sodat almal van julle aware is, ek trek 'n naam uit 'n hoed, so daar is geen voortrekkery of jy is my beste maaiki soort kak nie...

Kom ek stel die week aan julle voor ; 'n baie goeie vriendin van my - al vir 'n volle 18jaar om presies te wees. Die girl is 'n springbok atleet (met 'n lyf wat daarmee saamgaan), travel graag en sommer net 'n regte bok vir sports (excuse the pun)! Sy kan my dalk op Bob van Reenen wen maar nie op SingStar nie!

Enjoy!

Volle name en noemnaampies: Adele Smith (Noemnaam - Del of Della)
Lokasie: Die sonskyn land ons vir jou Suid Afrika, CrimeZone JHB
Stickhorsies: GYM, Party, Travel
Gunsteling pantie maak: Victoria Secret
Wat irriteer die K@K uit jou uit: Mense wat aansitterig is
As jy 'n geweer gehad het en net 1 koeël, wie sou dit wees: Mugabe
As jy gereincarnate sou wees, as wat wil jy terugkom en hoekom: Bambi of Kiara (My woefies word baie bederf!)
Wat is jou phobia: Slange
Wie sou jy vir 'n dag wou wees: Richard Branson (Baie ryk)
Beskryf Jenni in 1 woord: BeFOK!


Kwotasie vir die Nasie

Imagination is more important than knowledge...
Albert Einstein (1897 - 1955)

"Comment - Alert"

Nico Botha: Suid Afrika

Ag nee sies man. Ek skaam my vir jou. Wat as Liewe Jesus jou blog lees? Dan is dit nou die eerste opskrif. Weedaremnie. Hy kan mos 'n Pad Poepol wees. Of Pad Perdesteker. Of nog beter - Pad Parratjie!

Blokkie skuif is lekker


Soos meeste van julle reeds besef het is die "workload" hier is soutpielland nie regtig iets om oor huis toe te skryf nie. Hard werk = 4ure se werk per dag en besiglyk = 2ure se werk per dag. Meeste van ons val in kategorie 2, dus die rede hoekom ons vermaak soos "Gridlock" ontdek.

Daar is 40 levels...kyk by watse een jy kan kom. Die eerste persoon wat daar kom voor my, kan sy eie artikel publiseer op die blog...(ek soek 'n screen shot!).

Gaan hier vir blokkiebou plesier.
Merke, gereed, blokkie bou!

Monday, January 15, 2007

Die Pad Poes


Ek weet ek het die stuk bietjie ongeskik en waaghalsig begin, maar elke een van julle wat hierdie stukkie lees weet presies waarvan ek praat!

Jy ry nog so rustig op die N1 noord oppad werk toe, of is oppad uit vir 'n lekker aand saam vriende en Willie Wodka en sommer uit die bloute uit druk Mnr. BMW jou arme karretjie uit sy baan uit...of Oom Tshabalala ry jou in jou moer met sy lang wurmagtige kar, met 'n bobbejaan spanner as stuurwiel, besemstok as briek kontrole en 'n prentjie van 'n tekkie agter op. En ek weet vir 'n feit jy sê nie – "Ag jitte, die mense van vandag bestuur maar darem onverskillig, aai toggie, toemaar hy het my seker nie gesien nie....;)" NEE, NEE, NEE – ek verbeel my dis meer iets van – " Jou donnerse doos, wat dé fok dink jy doen jy? Ek klim sommer uit en gee jou 'n 'lelike woordie wat met P begin' klap! Ek bliksem jou dat jou ma jou nie herken nie! FOK!"

Dis hoekom ek dit goed gedink het om die snit van Casper op my blog te sit, net so geheue verfrissertjie – ek weet ons almal kan relate! Gaan hier vir so titseltjie padwoede en plesier.

Maar die eintlike vraag is: "Wat as jy Liewe Jesus 'n lift gegee het?"

"Comment - Alert"

Yorkie Esterhuyse; Suid Afrika (oooooo sy gaan my doodmaak! But its all for the love of comedy and personal jokes)


" Alhoewel ek nou nie een honderd persent objective as dit by jou kom nie, het jou blog jou nou nog een plekkie hoër op my 'Coolest People in the World' lys... en soos jy weet is daar net twee mense op die lys vanaf 1999... gedink ek moet maar 'get with the times' en dalk die lysie 'n bietjie update...

Anyway, jou partner in crime het gesê 'Jenni has issues'.... na hy nou die post van die koei speen gelees het... please keep in mind die man se Afrikaans is nou nie te wat waffers nie...'... maar het gou verduidelik dat dit nie weet wat 'n speen is nie... ja, my liewe vriendin, die ingilsman sal toe nou wragtig glo dat speen, "spleen" in engels is...


Na die verduideliking van 20 minute kon die engelsman en jou partner in crime toe ook lekker saam lag... en het gou die 'Jenni has issues' comment laat vaar...


Anyway... ek sal love om 'n comment die blog te sit (ons almal weet ek is meet Opinionated as Casper de Vries), maar weet nie wat nie... voel maar vry om enige gedeeltes van my mail te post..."




Friday, January 12, 2007

Voor Adam en Eva kak aangejaag het...


En ek dog kaal mense baljaar net in Frankryk op die strande. Hier is so "clip" uit 'n email wat ek ontvang het van 'n baie open-minded en liberale vriendin van my...van koek tot controversial kinda girl!

En so loop dit uit die mond van die suigeling:
*Mr. Parraman is 'n skuilnaam

"Die Kaap was baie lekker en ons het wynplase, kaasplase en kaalplase besoek - ja, jy het reg gehoor!!! Kaalplase!!! *Mr. Parraman het besluit om my een dag Sandy bay toe te vat (daar waar almal kaal tan en swem)!!
Ek moet sê dit was nogals 'n belewenis hoor!!! Nog nooit in my lewe so baie tollies gesien nie - grotes, kleines, swartes, bruines, wittes, met ringe, sonder ringe (ek is nou al alles gewoond). Al wat ek vir jou kan sê is dat die roomer omtrent swart mans waar is - ek het een gesien wat lyk soos 'n donkie -ek sweer!!!
En as jy gewonder het, ja ons het ook heeltemal kaalgat gelê en tan (geen topppie en geen broekie)!! Dit was 'n fokken weird maar liberating experience gewees - bly ek het dit darem een keer (sover) in my lewe gedoen!! Omdat almal kaal is voel jy skaam as jy klere aan het so dan trek jy maar liewer uit!! Die mense/nudiste is ook heel gemaklik om om te wees - niemand perve of kyk jou snaaks aan nie!! Dis die mense wat met klere strand toe gaan wat die perverts is!!! Dit was flippen snaaks, want ons het die kaal ou ballie gevra om 'n foto van ons te neem waar ons op ons magies lê (so jy sien basically net boude) en toe na die tyd het hy dit goed gedink om 'n geselsie met ons aan te knoop - klink my hy is 'n local om sandy bay. Moet erken, ek het nie te veel geluister nie, want soos ek op my maag gelê het het hy aan my kant gestaan, en elke keer as ek op gekyk het het ek in sy lol vas gekyk!! Dit was flippen snaaks!!! Daar is niks weirder as om kaal mense te sien wat optree asof hulle klere aan het nie!!! Jy kan gerus hierdie topic ook gebruik in jou skinderhoekie!! Het ongelukkig niks digitale foto's wat ek jou kan mail nie - sal jou maar moet wys as jy kom kuier (niks freaky foto's nie, net snaaks)!!

(Tekening bo links is verskaf deur 'n fantastiese kunstenaar en vriend van my. Hy het ook die kopiereg op die stuk!)

"Comment Alert"

Nico Botha; Suid Afrika

Dame Adele is heeltemal korrek. Jy is nogal snaaks vir 'n meisie.

Ek wil ook net byvoeg dat van die skaam name nogal Deurmekaarmakend is. In die natuur eet anacondas onder andere parratjies. "Skaam" anacondas word egter deur "skaam" parratjies verorbder. En om dit te kroon, spoeg "skaam" parratjies die "skaam" anacondas dan weer uit. Dit gebeur egter nie net eenkeer nie. Die geëetery en uitgespoegery is 'n herhalende proses. Raar, maar waar!

"Rosie" is precious. Wat nogal snaaks is want "rosies" as sulks, is inderdaad precious. Dit is dus 'n baie goeie naam.

En die "anaconda" mannetjie het heel duidelik 'n baie groeie en trotse gevoel by sy ouers geskep en het vandag seker 'n gelukkige meisie. Anders as "potloodjie"...


Kwotasie vir die Nasie

"A man can sleep around, no questions asked, but if a woman makes nineteen or twenty mistakes she's a tramp."
Joan Rivers (1935 - )


"Comment Alert"

Lucinda Jooste; Suid Afrika

Dankie vir jou baie oorspronklike blogspot!!! Baie goeie idee en sien uit na nog vele meer!!!

"Comment Alert"

Adelé Smith; Suid Afrika

Ek wil net baie dankie sê vir jou "Blog" Hoekie vir eensames. Dit verskaf my ure plesier, soos wat ek lag. Ek dink rerig dit was 'n uitstekende idee om dit veral op Vrydae te stuur as reminder. Dit maak jou sommer lus vir 'n lekker kuier sessie en reg vir die naweek as jy in so goeie mood is. Het jy nie dalk al gedink om vir 'n Magazine te gaan werk nie...publishing en journalism maybe. Soos Paula in 7de Laan "Mode, Skoonheid en Sosiale redaktriese".

Poena(nie)!

Ek moet admit - Ek is geen fan van Poena nie - sy musiek maak my kotserig voel, maar...toe het Poena nou na al die tyd my hart ook oorwin!

Hierdie skets op Youtube het my al 4 seisoene laat voel...koud, warm, lou en semi-koud; maar op die einde van die dag het ek nogsteeds gelag, geskrik en gerus gevoel dat iemand wat van 'n konserwatiewe plek in die Vrystaat afkom bietjie die balls het om te sê: "Fok jou Oom en Tannie Coservative, ek laaik tiete en vloek en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie!"

Loer maar die link uit dis nogal funny. Gaan hier vir tiete en plesier.

Los uit jou...


Dr. Research het weer aan die wiel gespring en navorsing bymekaar gemaak vir 'n sappige (excuse the pun) Vrydag brokkie van informasie. Ek het paar van my maaikis gevra wat Mamma/Pappa hulle "skaam" deeltjies genoem het toe hulle nog jonk en skoon van sondes was. Na al die replies oorweeg ek om my "kring van kokkelolle" bietjie te verminder...grappie.

Hier onder verskyn 'n paar van die statistieklike name. Eers meisies, want ons is mooier!

And the results are in:

Die Vagina - AKA
- parratjie
- koekie
- toefie
- rosie

Die Penis - AKA
- Percolator (want hy het so die heeltyd gedrip drip)
- Anaconda (vandag verstaan het hoekom)
- Potloodjie
- Totterman
- Geheimpie

Soos julle kan sien is daar vele semi-walglike naampies wat ons ouers ons seksorgane gedoop het. Party van ons was gelukkiger as ander. Ek sal bang wees ek fok my kind heeltemal op deur hom 'n skuilnaam vir sy seksorgaan te gee...wat as jy die eerste dag in Graad 1 kom en Juffrou se vir jou: "Seuntjie kan jy asb vir Juffrou jou potloodjie skerp maak?".

Anyway, die is fun - stuur nog naampies in...

"Comment Alert"

Thinus Martin; Suid Afrika
Comment: "Wat van 'n 'Quote of the day'?"

Thursday, January 11, 2007

"Comment - Cool of Common?"

COMMENT ALERT!!! COMMENT ALERT!!!

'n Baie intelligente vriend van my het vir my uitgewys dat as enige iemand dalk 'n comment of 7 wil los, hulle eers moet insign, om dit te kan doen moet jy eers registreer... yawn boring boring boring.
So ek gaan nou soos OUTSURANCE maak en die middelman uitsny!!! As enige iemand 'n comment het; Common of Cool email my met die "comment" en ek kan jou dalk 'n famous critic maak! (p.s. laat my weet as jy liewers anoniem wil bly)

Wednesday, January 10, 2007

Meet 'n Maaiki

Ek het dit goed gedink om my "Kring van Kokkelolle" almal aan mekaar voor te stel. My weeklikse insetsel "Meet 'n Maaiki" sal 'n mini interview wees met homosapiens wat na my braais toe kom as ek hulle nooi. As jy in die volgende jaar nie verskyn nie moet jy weet jy was dalk in die verlede 'n tjoppie kwyt. Anyway, laat ons begin...

Meet 'n Maaiki - Interview 1

Naam: Andries Smit - AKA Stonemonkey
Lokasie: Nee buurt...grap net London
Stickhorsies: Klim, fietsry, klim, Youtube, klim, klim en klim.
Most hated politician: H.F. Verwoerd
Gunsteling toiletpapier:
Andrex (die met die puppies)
As jy gereincarnate sou wees, as wat wil jy terugkom: 'n Aap
Wat irriteer die K@K uit jou uit: Rassiste
Drugs / Elkehol?: Bier
Wie in jou opinie is die domste drol: Die Pommies
Beskryf Jenni in 1 woord: Supermodel

Wonder wie gaan dit volgende week/s? Tara tot dan!

Tuesday, January 09, 2007

Het jy dalk 'n speen verloor?


Net so toe is daar nie meer melkskommel nie. En die keer kan jy dit NIE op die bunny blame nie! Boere wêreldwyd is in distress - Hulle kannie meer vir Mina hoor moo nie...en dis hoekom...
COW ABDUCTION.

Bel hierdie tolvrye nommer as jy enigsins iets soos die gewaar het - 0800 melkskommel.

Asb mense, sonder julle hulp gaan ons nie meer hot chocolate, ontbytpap sous, wit koffie, milo, horlicks, wit tee, roomys, kaas of melkskommel hê nie...

En die rocket het gelaunch...

More juffrou, more maaikies

Dis reg, staan op aandag, smile en luister nou mooi...Jenni het besluit om 2007 meer interresant te maak deur 'n semi-intressante blog te begin. Ja ek mag dalk tegnologies gefok wees, maar ek probeer ok.

So van nou af sal ek weekliks enige boring, funny, mal, los, corny, loopy en interesantte gebeurtenisse weerspieël. (p.s. ek het die woord interresant al 3 keer gebruik , maar om die eentonigheid uit te wis het ek hom 3 verskeie maniere gespel).

So hou waak - die kak gaan nog spat.

p.s. ek kannie altyd so lekka spel nie, so lees oor die spelfoute asb.